Hof sê oor skorsing van Gauteng se Valke-baas

hawks valkeDie hooggeregshof in Pretoria het Vrydag beslis dat genl.maj. Shadrack Sibiya, hoof van die Valke in Gauteng, se skorsing ongrondwetlik is.

Regter Elias Matojane het gelas dat die skorsing onwettig en ongeldig is. Matojane het verder gelas dat genl.maj. Elias Dlamini se aanstelling om in Sibiya se plek waar te neem, ook ongeldig is.

Sibiya het genl.maj. Berning Ntlemeza, waarnemende hoof van die Valke, in hofdokumente daarvan beskuldig dat hy wraak wil neem namens sy “bondgenoot” Richard Mdluli, voormalige hoof van misdaadintelligensie.

Ntlemeza het Sibiya geskors vir sy beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs in 2010.

Sibiya het aangevoer dat die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat hom vrygespreek het van enige betrokkenheid by die uitlewering en dat hy nie weet hoekom hy geskors is nie.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Valke op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.