Die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag beslis die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (oftewel Nedlac) moet sy aanvanklike besluit om Solidariteit se aansoek vir ʼn nasionale staking van al die vakbond se lede te weier, heroorweeg.
Solidariteit het aansoek gedoen vir toestemming dat al 180 000 Solidariteit-lede die reg het om in solidariteit met Sasol-werkers te staak. Solidariteit het Donderdag die aansoek ingevolge artikel 77 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, wat werkers die reg gee om in sosio-ekonomiese belang wettig te betoog, ingedien.
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, verduidelik die hofbeslissing beteken Nedlac moet nou weer besin oor Solidariteit se aansoek. Hy verduidelik die frustrasie oor rasse-uitsluiting strek verder as Sasol en dié maatskappy se omstrede Khanyisa-aandeleskema.
“Die Sasol-werkers simboliseer iets wat baie van Solidariteit se lede beleef,” het Hermann verduidelik.
“Ons beplan ʼn reuseprotesaksie ter ondersteuning van Sasol-lede asook teen rasse-uitsluiting. Dit gaan ʼn geskiedkundige protes wees deur ʼn stem wat nooit tevore gehoor is nie.”
Hermann sê die datum van die staking sal bekendgemaak word sodra die Nedlac-proses finaal afgehandel is.
Solidariteit-lede by Sasol het reeds vandeesweek aan talle protesaksies deelgeneem in opstand teen fase 2 van die Khanyisa-skema. Ingevolge dié skema sal swart werknemers by Sasol R500 000 aandele by die maatskappy ontvang, terwyl wit werknemers, ongeag hul posisie of diensrekord by Sasol, geensins aan die fase mag deelneem nie.
Sasol meen dat die aandeleskema deel is van die maatskappy se transformasieplan en ten doel het om die ongeregtighede van die verlede reg te stel. Solidariteit voer egter aan dat Sasol se beleid in ’n suiwer rassebeleid van uitsluiting ontaard het.
Om my samewerking te wys vat ek ‘n dag af by die werk, onbetaalde verlof. Die hele land se mense wat deur regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging geraak word moet staak. Jaarliks, tot hierdie rassistiese regering dit afskaf.
Stem saam met jou woorde.
Dis hartseer dat ek so n plek vir my kinders gaan moet laat. Wat het die vorige generasie besiel in 92? Hoe maak jy duisende jare se ongeregtighede reg? Ons kan nie die wiel on-ondek nie.
Verduidelik asb jou stelling van “duisende jare” asb.
Hopelik sal mense begin besef dat saamstaan letterlik broodnodig geword het.
Is waar- n sterker boodskap word uitgestuur.
Was daar ooit in apartheid n aandeelskema wat slegs wittes gehad het soos in dié geval? Ek twyfel.
Is waar- n sterker boodskap word uitgestuur.
Was daar ooit in apartheid n aandeelskema wat slegs wittes gehad het soos in dié geval? Ek twyfel.
Watter uitsluiting is beter: uitsluiting wat sê jy mag by ons werk maar jou ras keer dat jy aandele kry, OF uitsluiting wat sê jy mag glad nie werk nie NET omdat jy wit is?
Sluk maar eerder die onregverdighede in en wees net bly julle kan nog werk. As jy ouer as 40 is en jy het nie meer werk nie, BLY jy meeste van die tyd daar. Ek het 7 harde jare gesukkel om weer ordentlike werk te kry. Dis ‘n werk VOL rasgebaseerde onregverdighede, maar ek hou my mond, want ek weet dis beter as om sonder werk te wees.
Eindelik , maar langsaam, tog kom ons saam, ‘n eie stem teen rassisme , dit moet op meer vlakke gebeur, ons hoop op sukses, en al kan ons nie saam loop nie is ons in gedagte saam.
Telkom Kan nie eers diens lewer nie vat vir Telkom aan aseblief
Telkom in vanderbijlpark kan nie eers ñ diens lewer nie baie swak Telkom julle lyne is swak