Hof sê oor ‘spioenasiebande’-saak

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die appèlhof in Bloemfontein het Vrydag uitspraak gelewer in die sogenaamde spioenasiebande-saak teen pres. Jacob Zuma.

Regter Eric Leach het Zuma en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aansoeke om verlof tot appèl, met koste van die hand gewys.

Zuma en die NVG het die appèlhof genader nadat die hooggeregshof in Pretoria verlede jaar beslis het dat die besluit, om Zuma nie te vervolg nie, irrasioneel was en dat die 783 strafregtelike aanklagte teen die president weer ingestel moet word.

Die appèlhof se uitspraak kom nadat Zuma se regspan verlede maand in dié hof toegegee het dat die besluit om Zuma nie op 783 aanklagte van onder meer korrupsie te vervolg nie, irrasioneel was.

Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nie te vervolg op aanklagte van korrupsie, rampokkery, geldwassery en bedrog nie. Zuma was ten tyde hiervan in ʼn magstryd met die voormalige president, Thabo Mbeki, gewikkel.

Mpshe het die saak laat vaar nadat hy na die bandopnames, gesprekke tussen sy voorganger Bulelani Ngcuka en hoof van die Skerpioene Leonard McCarthy, geluister het. Mpshe was glo van mening dat McCarthy die proses vir verskuilde doeleindes gebruik het, naamlik ʼn politieke komplot om glo te verhoed dat Zuma president word.

Die DA het aangevoer Mpshe se besluit was irrasioneel, onredelik en geneem met ʼn verskuilde politieke agenda en hulle het hulle tot die hof gewend om die besluit te laat omkeer.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, het in September ná afloop van die hofverrigtinge gesê die party verwag indien die appèlhof bevind dat Zuma wél op die aanklagte teen hom moet teregstaan, hy op Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, sal staatmaak om die saak te laat sloer.

“Ons verwag spesifiek dat Zuma nuwe vertoë sal rig oor hoekom die aanklagte teen hom laat vaar moet word. Hy het in 2009 geskrewe en verbale vertoë gelewer oor hoekom die aanklagte laat vaar moet word en hierdie vertoë is verwerp,” het Selfe vroeër gesê.

“Maar nou gaan hy waarskynlik aanvoer [Mokotedi] Mpshe was hopeloos onbekwaam – soos verskeie howe al bevind het – en daarom is hy geregtig om weer vertoë op nuwe gronde te maak, insluitend die tyd wat verloop het sedert die aanklagte geformuleer is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Verwonderd ·

En so draf ons al in die rondte… Heeltyd speeltyd…

jaco ·

het enigiemand dan n ander uitspraak verwag? die ANC regeer SA en beheer dus “die staat”. “Die Staat” word volgepak met ANC-kaders, INSLUITEND die howe. so dis mos nou net logies dat hierdie saak nerens gaan kom nie.
En voor almal my kruisig: daar was maar net so baie broederbond en nasionale party “kaders” in top poste in die ou SA se staatsdiens. Die ANC het hierdie ding maar net by ons geleer.

Eish ·

Dit is ook waar, maar wie wil nou n klomp pikkende adders aan sy bors koester?

Verwonderd ·

So met ander woorde, Jacotjie…jy beweer dus dat ons hulle nie kan kwalik neem as hulle ons land rot en kaal steel nie want “ons” het hull so geleer? Ons kan hulle nie kwalik neem oor gesondheidsorg, infrastrukture, onderwys, polisiediens, weermag, SAL, Eskom, Denel, Poskantoor ens ens ens nie, want ONS HET HULLE SO GELEER? Dit moet jou bedoeling wees want dit is hoekom al hierdie goed in mekaar val – as gevolg van al die bedrog, skelmstreke en diefstal. O ja! Moenie vergeet nie!! Ons het hulle ook seker geleer hoe om te Gupta???

Adriaan ·

Die “ou” staatsdiens het ten minste iets gedoen waarmee die “nuwe” al swakker mee vaar, naamlik diens gelewer.

Eish ·

Minstens kan ons voortborduur op die byvoeglike naamwoorde vir die kaal keiser.

Williew ·

Nou waaroor is julle almal “unhappy”…ek dink dis ‘n positiewe stap in die regte rigting….

Eish ·

Hul is nie gelukkig nie aangesien die skrywer van die artikel redeneer oor moontlike vertragingstaktiek wat die (be)skuldige kan gebruik ten einde die saak so lank as moontlik uit te rek alvorens hy sy dag in die hof kry.

Loeis ·

Net gister het ‘n artikel elders verskyn waarin ‘n voormalige adjunkminister van finansies vertel dat daar waarskynlik reeds miljarde rand uit die land is agv staatskaping.

Vervolging is seker nodig vir geregtigheid, maar Zuma se skade is reeds gedoen. ‘n Ander vraag is wie die volgende president gaan wees, en wat weer daar kan uitbroei (selfs die lunkse Max du Preez skryf vandag dat staatskaping dalk onder Dlamini Zuma mag voortgaan). Nie dat mens die alternatiewe kandidate moet vertou nie.

Ek het al baie gese, en se dit weer: Zuma is nie die groot probleem nie – die ANC moet uit die kussings gelig word, en met ‘n verantwoordelike regering (as daar so iets is) vervang word alvorens dinge regtig beter kan gaan.

Die voordeel van al Zuma se droogmaak is dat sy party intussen baie verswak het. Hy sal hierdie saak uitrek: geen twyfel nie. Maar hoe langer hy aan die mag vashou, hoe meer interne konflik gaan die ANC beleef. Dit is ons troosprys vir hierdie ramp.

adam ·

die uitspraak ten gunste van Zuma is gelewer deur n wit regter. hy sal sy werk kwyt wees as hy uitspraak teen Zuma lewer

Cor ·

Adam ek weet nie waar het jy gelees die uitspraak is ten gunste van Zuma nie , ek lees wel dat die apel van Zuma en NVG misluk het en hulle moet die koste betaal. So moet tog asb. nie altyd met n rassitiese bril lees nie. Die regter het net gelees wat al die apel regters besluit het.

Willie ·

Ek stem volhartig saam, hulle moet uit die kussings gelig word.. mens kan dit nie net los nie, ons moet bly druk op hulle plaas.. Die soeklig daar hou.. die uitspraak was positief…

Boytjie ·

“Met koste van die hand gewys”
Wie gaan daai koste dra…..seker maar weer die belasting betaler….nie Zumpie nie.

Loeis ·

Zuma moet sy regskoste betaal, die vervolgingsgesag se koste is natuurlik met jou belasting geld.

Ek wonder wel of daar ‘n manier is om Mpshe in sy persoonlike hoedanigheid daarvoor aanspreeklik te hou? Dalk kan sy pensioenfonds (wat ook deur ons belasting geld befonds is) hiervoor gebruik word.

Daar is die vraag ook oor Mpshe aangestel het: “verskeie” howe het glo al bevind dat die man hopeloos onbekwaam is, maar volgens http://whoswho.co.za/mokotedi-mpshe-3239 is hy ‘n “acting judge” in die grondeise hof. Iemand het iets bitter ernstigs om te verduidelik. En hierdie strek terug na Mbeki se tyd (laat iemand nou weer se lg was ‘n goeie president – hy was nie).

Punt is: die ANC moet waai!

John ·

Zuma se onregmatige optrede tydens sy termyn as president onderskryf die vorige 700+ aanklagte ipv te bewys dat hy ‘n betroubare getuie en goeie landsburger is…. wat nog president….

Giada ·

Adam, regters word lewenslank aangestel – juis sodat hulle sonder vrees van ontslag regsbeslissings kan neem.
Cor het jou reeds op jou ander dwaling gewys.

Swannie ·

As die NVG nie eens daarin kan slaag om `n dronk regter, wat al amper 10 jaar geskors is, ( met volle salaris ) te vervolg , asook die (steeds) Regter President van die Wes Kaap vir sy inmenging in `n hofsaak nie,het ek min hoop indien enige, dat Zuma ooit vervolg sal word.

Die “regstelsel” van Suid Afrika is nie meer so onpartydig as wat sommige mense nog steeds glo nie.

Loeis ·

Die FW de Klerk stigting (dis nou ouens wie die ANC aan bewind help plaas het) het selfs al grondwethof uitsprake uitgewys waar daardie hof nie in lyn met die grondwet opgetree het nie.

As ek reg onthou het Ramaphosa so paar jaar terug gese dat hulle hul nie deur die howe sal laat voorskryf nie.

Die punt is (weereens): Zuma is maar net een simptoom van die probleem.

lollie ·

Lyk asof sekere lesers nie die uitspraak mooi verstaan nie. Lees weer, dis teen Zuma en die NVG se beslissing dat Zuma nie vervolg moet word nie en dus eintlik positief. Die kanse is nou goed dat hy wel sal moet hof toe gaan.

Jannie ·

Die ANC was voor 1994 ‘n terroriste beweging het tydens die oorname omgeskakel na ‘n mafia beweging. Zuma beklee tans die posisie as die mafia baas. Die man sal altyd beskerm word deur sy mede mafia lede !!!

Mielie ·

Gee die duiwel wat hom toekom! Zuma het uitgeslapenheid bemeester. Ek glo nie hy sal ooit vervolg word nie. Hy het n plan met alles …..Alhoewel hy nie skoolopleinding het nie is hy flippen slim en uitgeslape. Daar wag nog baie skokke op ons. As hy so stil is soos nou moet jy weet iemand gaan binnekort bloedneus kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.