Hof sê oor staking in plastiekbedryf

hof-hamer

Argieffoto

Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het vandag gehoor sy lede in die plastiekbedryf mag staak.

Maroela Media het vroeër berig die arbeidshof sou vandag gelas of dié hof ʼn dringende aansoek om ʼn staking in die plastiekbedryf te verhoed sal toestaan of nie. Die Plastic Convertors of South Africa (PCSA) het die aansoek gebring.

Die arbeidshof het die aansoek van die hand gewys.

Irvin Jim, Numsa se sekretaris, het gesê die unie verwelkom die besluit van die hof wat bevestig dat die staking wettig is en veroordeel weer eens die werkgewers se pogings om hul lede stil te maak en hulle te verhoed om hul reg om te staak uit te oefen.

“Ons wil die werkgewers adviseer dat die enigste manier om die staking te beëindig is om in te gee tot ons eise. Skakel betekenisvol met ons hieroor en hou op om ons tyd met ligsinnige regsgedinge te mors. Gee vandag vir ons lede wat hulle wil hê en ons kan die staking uitstryk. As julle dit nie doen nie, gaan jul aanhou om reuseverliese te ly,” het Jim gesê.

Jim het verder gesê dat die vakbond die staking sal verskerp en die volgende paar dae sal gebruik om alle werkers in die bedryf te mobiliseer. Numsa het alle werkers in die bedryf aangemoedig om aan die staking deel te neem.

“Die wet beskerm die werkers wat deelneem aan die staking – hulle kan jou nooit afdank omdat jy deelneem aan die staking nie. Ons het die werkgewers in dié bedryf baie ryk gemaak. Ons verdien ʼn lewensloon en ons verwerp enige poging om ons lone en voordele weg te neem.”

Jim het gesê dié uitspraak is die eerste oorwinning in die stryd, maar dat die unie nog nie die oorlog gewen het nie. “Ons kan net slaag as alle werkers in die bedryf, of hulle nou Numsa-lede is of nie, kragte saamsnoer agter die eise wat ons gestel het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

RM ·

Desember kom dan wil hul weer n bonus he maar hul snoeker produksie.

Thinus Erasmus ·

Dit klink meer na oorlogverklaring as bedinging. Jammer aan al die plastiek werkgewers – jul keuse van werkers haal jul nou in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.