Hof sê oor top-seunskool wat swart seun ‘weier’

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die gelykheidshof in Stellenbosch het Donderdag bevind die skoolhoof van Paul Roos Gimnasium kan nie verantwoordelik gehou word vir die skool se toelatingsproses nie.

Dit kom nadat ʼn ma die hoof hof toe gesleep het nadat haar seun nie toelating tot die skool gekry het nie.

Vuyokazi Dyani het haar verlede jaar tot die gelykheidshof gewend nadat haar 15-jarige seun se aansoek om toelating tot die skool onsuksesvol was. Dyani het gesê haar seun is afgekeur op grond van sy ras. Sy het ook beweer dat Jannie van der Westhuizen, die skoolhoof, aan haar gesê het dat haar seun na ’n skool in die woonbuurt Kayamandi moet gaan “waar hy hoort”. Van der Westhuizen het die bewering ten sterkste ontken.

Dyani het vroeër die saak na die Wes-Kaapse minister van onderwys geneem om te versoek dat die skool se besluit omgekeer word. Ná ’n ondersoek deur die minister se kantoor is daar bevind dat die toelatingsproses korrek plaasgevind het en Dyani se appèl is van die hand gewys.

Dyani het ook die saak na die Menseregtekommissie (MRK) geneem, maar geen bevinding is nog in die verband gemaak nie.

In ʼn verklaring wat Donderdag deur die skool uitgereik is, het Van der Westhuizen gesê Dyani se seun was een van 504 aansoeke in 2014 waarvan 258 onsuksesvol was. “Paul Roos Gimnasium is ’n inklusiewe skool wat daartoe verbind is om alle Suid-Afrikaners te dien. Die skool kan dit egter net doen binne die raamwerk van wat prakties moontlik is,” het hy gesê.

“Die skool en beheerliggaam het begrip vir elke ouer se wens om hul kind die beste moontlike onderrig te gee. Die skool kan egter nie alle aansoekers akkommodeer nie en die skoolbeheerliggaam het, as een van sy funksies ingevolge die Skolewet, ’n toelatingsbeleid om die proses te bestuur.”

Die gelykheidshof het Donderdag wel beslis dat die meriete van die klag deur hierdie hof aangehoor sal word. Die voorverhoor-samesprekings vir die verhoor vind op 21 Januarie 2016 plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Deloris ·

hmm as ek nie my sin kry nie hardloop ek hof nie …… tipies sy lyk na ‘n spoiled brat!!

Rooijan ·

Nee jong as jy swart is en nie jou sin kry nie dan skreeu jy rassisme en siedaar. Bly dit het nie hierdie keer gewerk nie.

Mike de Beer ·

As jy “geweeg ” en “te lig” gevind is dan s dit tough – jy moet jou maar wend tot ‘n skool waar jy wel toegelaat word. Riglyne, vereistes en beleid is daar vir ‘n rede.

Ronell Wilken ·

Hierdie skool se integriteit is bo verdenking……. geen rassisme word toegelaat nie. Van die beste sportsmanne wat hulle oplewer is van kleur. Van my seun se beste maters. Sy speel die rasse kaart en dan plaas sy sommer woorde in die Rektor se mond ook.

Ronell Wilken ·

Hierdie skool se integriteit is bo verdenking……. geen rassisme word toegelaat nie. Van die beste sportsmanne wat hulle oplewer is van kleur. Van my seun se beste maters. Sy speel die rasse kaart en dan plaas sy sommer woorde in die Rektor se mond ook. Ek sien nooit my kommentaar nie… wil graag weet hoekom???

irene ·

Hul is altyd gepla met ras wanneer dit hulle nie toekom nie het gewerk vir a plek vir 31 jaar het al die poste gevul met ander rasse wit rasse kon nie meer daar werk nie maar wit rasse se unie gelde was goed genoeg waar tel ras nou

Charl Coetzee ·

As die skool standbeelde het is dit nou ‘n goeie tyd om dit weg te steek.

Paul ·

Selfs al het die hoof dalk gesê dat die seun “in Khayamandi se skool hoort” kon dit maar net bedoel gewees het om aan te dui dat aangesien hulle in Khayamandi woon, en aangesien hy ongelukkig nie soos talle ander swart seuns toelating tot Paul Roos kon kry nie, hy in die skooldistrik vir Khayamandi val en dus “daar hoort”.

Dis lyk na ‘n geval van “as die skoen pas, trek dit aan” indien die ma dit as ‘n belediging of rassistiese opmerking interpreteer.

anni ·

Oeeeee. Hierdie uitslag soos rooi doek. Soos die Engelsman … ‘watch this space!’

GES ·

Dit gee hoop. Wow! Die skool is toegelaat om leerders op meriete toe te laat. Dit gaan natuurlik in ‘n sirkus ontaard as die gelykheidshof en die mense regte kommissie verskillende uitsprake maak.
Wie het die hoogste gesag?

vermeende ·

Ek wonder net wanneer gaan ons mense so oe oop gaan en sien wat regtig aan die gang is. Het julle al ooit gewonder hoekom nog niemand dieselfde bohaai gemaak het omdat sy kind nie toegelaat word in ‘n Moslem of Joodse skool nie???
In die laaste 21jaar word net blanke skole geteiken.

Berhalet Beukes ·

Sodat hy en die volgende makkers wat toelating kry dieselfde roete as UCT volg?

Gail ·

Dis jammer al die kommentaar wat so eensydig is. Ek is seker die enigste swart persoon wat hier is. Sal maar sien of my kommentaar verwyder word.

Martin ·

Hoekom dink jy dit sal verwyder word? Die kommentaar is ook glad nie eensydig nie, dit is feite.

CB ·

Nou maak jy nes die res, kry nie jou sin nie nou is dit weer rassisme. hoekm hou jy jou dan nie net by jou eie nuus nie. Maar is omdat julle altyd wil in waar ons blankes is.

Vic ·

Gail, hoekom dink jy dat jy die enigste swart persoon is wat kommentaar lewer? Of oordeel jy so n bietjie oppervlakkig? Se vir my – hoekom neem die ander kinders wat nie gekeur is nie, se ouers nie ook die skool hof toe nie? Dink jy daar is meriete in n keuringsproses gebaseer op prestasie? Of dink jy kinders moet op velkleur toegelaat word? Ek weet nie van jou nie, maar my kinders weet as hulle iewers wil kom moet hulle hard werk. Hulle moet baie goed doen op skool en universiteit. Hulle moet bereid wees om te kompeteer met ander wat baie goed presteer. En as hulle nie beter doen as die ander nie, gaan hulle nie die beste werksgeleenthede kry nie. Hulle sit nie terug en dink hulle kan net inloop in goeie skole, universiteite of werksgeleenthede nie. Miskien is jy reg. ek het n eensydige uitkyk. My uitkyk is: werk hard, neem verantwoordelikheid vir jouself, as jy nie vandag n kans kry nie, werk harder en probeer more weer. Skep jou eie geleenthede. Ander is nie verantwoordelik vir jou lewe nie. Maar moenie worry nie. Een van hierdie dae is al die skole en al die universiteite in Suid Afrika van ewe swak gehalte. Dan kan enigeen inkom, graad vang en uitgaan in die lewe, of hulle nou kan tel of spel of nie. En dan val die brue ineen wat die ingenieurs bou, die treine werk nie, en die volgende keer wat jy na die dokter toe gaan, gee hy vir jou die verkeerde medisyne. Hoekom dink jy gaan so baie mense deesdae in hospitale dood aan siektes of beserings, wat vroeer jare nooit gebeur het nie? Baie eensydig, ja.

Anne ·

Gail, weet jy, as dit ‘n blanke kind was wat oor meriete nie gekeur was nie, was daar geen bohaai oor nie. Dit is slegs omdat dit ‘n swart kind is, wat die bomme nou bars! Duidelik het hy nie gekwalifiseer nie (wit of swart of bruin of geel of groen – makie sakie). Ons is SO moeg daarvan want dit maak nie saak WAT ons doen nie, dit is rassisites en sleg en verkeerd. Kan ons nie maar fokus op wat ‘reg’ is nie en voortbou op ons pragtige land met sy wonderlike mense – DIT is wat meeste van ons wil hê.

Ella ·

Ons almal weet van beter as om enige opmerking te maak wat teen ons gebruik kan word. Die skoolhoof praat die waarheid, die ma maak die opmerkings op. Ons moet maar maak soos die Amerikaners en alles op kamera kry, al die onderhoude moet opgeneem word, ook sommer sonder dat mense dit weet – net jammer mens sal nie kan sien of daar gebloos word nie.

elizabeth ·

kry nie jou sin nie, blameer dit op ou jan en rassisme. seker al woorde wat sy ken?

CF ·

Ek lees nou al die komentaar van die mense,het ek nou vir jou gelag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.