Hof sê oor Unisa-taalbeleid

Unisa (Foto: Gauteng-toerisme)

Die hooggeregshof het Donderdagoggend ten gunste van die eentalige Engelse taalbeleid van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) beslis nadat AfriForum dié beleid gedaag het.

Die burgerregtewaghond sê in ʼn verklaring hy neem met teleurstelling kennis van die uitspraak. Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is die uitspraak nie in pas met ontwikkelings op die gebied van taalregte wat tans nasionaal en internasionaal plaasvind nie.

“Wêreldwyd is daar ’n behoefte aan die beregtiging van meer moedertale en die ontwikkeling van veeltalige omgewings waarbinne groter maatskaplike samehorigheid en beter akademiese prestasie gedy. Suid-Afrikaanse staatsdepartemente en die meeste universiteite neem egter nie kennis hiervan nie, maar storm op ’n eentalige pad voort.”

Bailey meen dat die konseptaalbeleid vir Suid-Afrikaanse openbare tersiêre onderwysinstellings wat onlangs vir kommentaar gepubliseer is, begrip toon vir die kompleksiteit van die taalsituasie in Suid-Afrika en om meer tale vir onderrig- en administratiewe doeleindes by universiteite te gebruik.

Verder beklemtoon navorsing van onafhanklike Suid-Afrikaanse deskundiges op taalgebied, insluitend wyle prof. Neville Alexander, asook proff. Elirea Bornman, Theo du Plessis, Russell Kaschula, dr. Monwabisi Ralarala, me. Zakeera Docrat en internasionale deskundiges soos onder andere proff. Fernand de Varennes, Rosemary Salomone en László Marácz duidelik die maatskaplike en ekonomiese voordele van meertaligheid, voeg Bailey by. Daar is ook regsaksies wat plaasvind of beplan word in onder meer Nederland en Italië om ongebreidelde verengelsing van tersiêre onderriginstellings te stuit.

“Suid-Afrikaanse instellings moet verby ideologiese oorwegings begin kyk en die taalregte van alle studente, insluitend Afrikaanssprekendes, uitbou, in plaas daarvan om skyn gelykheid in eentalige instellings deur taalregteskendings te probeer skep,” het Bailey gesê.

AfriForum se regspan sal die uitspraak in fyn besonderhede bestudeer en dan oor ’n aansoek om appèl besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Linda van Mosselbaai ·

My hart sal baie seer wees as ons nou helemal wil oorskakel na ENGELS – daar is baie mense wat NET AFRIKAANS magtig is – om hulle nou uit te sluit om verder te studeer grens aan ontneming van mense se regte.

Francois le Cochon ·

Dit is onmoontlik dat iemand wat wil verder gaan studeer slegs Afrikaans magtig is. Hy/sy moes tog Engekls op skool gehad het. Ek was in ‘n Afrikaanse skool op die platteland. Is in 1977 na ‘n Engelse universiteit . Was geen problem. My dogter was in ‘n Afrikaanse Hoe”rskool en het Duits as vak gehad. Na matriek na Heidelberg Universiteit in Duitsland. Nogsteeds daar. Swot als in Duits. As ‘n Afrikaanssprekende nie Engels magtig is nie, is dit bloot ‘n geval van te lui om ‘n tweede taal te bemeester. Meeste swartes kan ten minste 3 tale praat.

Casper Labuschagne ·

Daar is groot dele van die Noordkaap waar Engels slegs gepraat word uit selfverdediging. En daar is baie swartmense in die Vrystaat wat ook onder mekaar Afrikaans praat, ek kom dit daagliks tee.

Casper Labuschagne ·

‘n Kombuistaal is ons toekoms, voorwaar.

@Francois le Cochon – Ek glo vandag dat dit ‘n fout was dat ek destyds in Engels gestudeer het.

‘n Kombuistaal kan nie oorleef nie:

* Afrikaners het na die Boereoorlog na Argentinië uitgewyk omdat hulle nie ‘n dag onder ‘n Britse vlag wou lewe nie. As bure het hulle in Patagonië gevestig, en na enkele geslagte was geen jongmens Afrikaans magtig nie.

* In Franssprekende Afrika het inheemse taalgebruik in stedelike gebiede verval en is in verskeie lande reeds algeheel deur Frans vervang.

Ander faktore:

* Afrikaans is ‘n bedrewe akademiese taal, en is ‘n uitmuntende taal om duidelik konsepte in uit te druk. Wanneer Afrikaans as akademiese taal verval sal die agterstand sal moeilik ingehaal kan word. Akademiese gebruik sal herskep moet word, iets wat dit bemoeilik om alternatiewe instellings te stig waar Afrikaans die voertaal is.

* Geen handboeke sal in Afrikaans gepubliseer word nie. Uitgewers se redaksionele vermoë in Afrikaans sal verdwyn en minder Afrikaanse boeke sal gepubliseer word. Skrywers liefs in Engels moet skryf omdat hul nie andersins kan publiseer nie.

* Afrikaanse akademici kan in Engels doseer, maar wil hulle in Engels te doseer by oorwegende swart universiteite? Wit akademici word deur regstellende aksie vervang. Wit leerkragte word reeds geïntimideer dat hulle nie daar hoort nie. Die akademiese veld sal nie ‘n loopbaan vir Afrikaanssprekendes wees nie. Uiteindelik sal daar nie akademiese Afrikaanse breinkrag bestaan nie want ons volk sal geen professore, doktorsgrade of kundiges oorhê nie.

CHRISTA ·

Ek weet nie wie NET Afrikaans magtig is nie, want ek is in 1967 laerskool toe en vanaf standerd 1 (graad 3) MOES ons Engels as 2de taal leer en as jy Afrikaans OF Engels gedruip het, het jy jou STANDERD gedruip en MOES jy die volgende jaar daardie standerd HERHAAL!!!

Ek gee nie om as Engels nog as 2de taal verpligtend vir ons Afrikaanssprekendes is nie, maar MOENIE ons Afrikaanse taal probeer wegneem soos wat die Engelse in die begin 1900’s probeer doen het nie. My ouma is in 1907 skool toe en as hulle gevang is Afrikaans praat in die klas of selfs op die skoolgronde, moes hulle die heeldag ‘n bordjie om hulle nek dra waarop daar geskryf was “I am a Donkey, I must not speak Dutch”!!!

Gaan voort om ALMAL wie se huistaal nie Engels is nie, Engels as 2de taal op skool te leer, maar MOENIE aan ons huistale karring nie!!!

Joshua ·

Dis deel van die ANC se kulturele genocide teen Afrikaans.

Swart Luiperd ·

Laat my toe om my siening te stel, en wil graag op Francois Le Cochon se kommentaar n regstelling maak. Ons wat tevore op universiteite was het die regte engelse taal gepraat en geskryf, dit was verstaanbaar. Vandag se lesings wat party dosente lewer moet jy mooi luister soos bv. ( palamint and ghuvmint, de vir the, shaw vir sure ). Ek breek niemand af nie , maar baie afrikaners verstaan nie so lekker die uitsprake nie. En skielik van nêrens af kom kamtige hoë onverstaanbare engelse woorde tevoorskyn. Ons afrikaners is ook geregtig op ons eie taal, maar skielik word alle afrikaners as rasis geteiken. ns. Ek was ook n Matie in die sestiger jare. Ons gaan aanhou veg vir AFRIKANER TAAL.

jaco ·

Baklei asseblief oor goed wat regtig saak maak: taal vermoor nie wit boere nie. Taal vat nie grond sonder vergoeding af nie.
Uiteindelik is al Afriforum se geld op hofsake oor geld gemors en dan is daar niks oor om te veg teen plaasmoorde en grondonteiening sonder vergoeding nie.

Sloet ·

Suid Afrika – 1
Afriforum – 0
Goeie beslissing vir ons land en die toekoms. Afrikaans kan nie apartheidsjare voorregte behou nie. Ook nie by skole nie.
Afriforum is uit voeling met wat SA se mense en wat nodig is vir die toekoms.
Hulle wen hier en daar ‘n saak, maar verloor die oorlog. Visieloos.

Gerhardt O ·

Ek is ‘n lid en ek is bly my geld word so gebruik. So jy kan maar gaan vlieg…

Nic ·

Wat jy dus sê is dat die oorspronklike apartheid skepper Lord Kitchener se taal goed is maar sy beleid nie? Gaan kyk bietjie na die werklike SA geskiedenis: dit was eintlik die Engelse wat julle almal so graag wil behaag, wat die ellende in Suid Afrika, trouens ‘n groot deel van Afrika gepleeg het!

Casper Labuschagne ·

Die stryd vir Afrikaans duur voort.

Dit is ‘n puik voorbeeld van die liberale Britse siening van Afrikaans. My voorvaders, aan verskeie kante van die familie het as Voortrekkers en ook as Kaapse Afrikaners teen presies die heer Sloet se argumente ten gunste van Britse imperialisme baklei. Ek is voel vandag geëerd om daardie stryd ten gunste van die Afrikanervolk en hul taal teen die agbare Sloet voort te sit.

Juan Olivier ·

As die ANC Afrikaanse mense as tweede klas burgers wil hanteer moet hulle laat Afrikaanse mense minder belasting geld ook betaal. Moet nie my belasting geld vat vir universiteite en dan vir my wil kom sê my taal is nie welkom daar nie. Universiteite moet 100% privaat gemaak word dat die mense wat net 100% Engels wil leer 100% vir die Universiteit betaal ook.

Akademi Buktu ·

Rhodes must fall – maar sy taal moet al groter word! Wys jou net hoe sinneloos die denke is.

Onderdiearm ·

Ek steun die uitspraak. Dit nie moontlik om elke taal te verteenwoordig nie. Die vraestelle sal n boekbundel word, die dosent sal nie by magte wees om die vertalings te waarborg nie. Jou merkers moet so aangepas word en die lek van vraestelle se kans word net verhoog. Die handboeke is in Engels. Die beleid maak meer sin.

$ ·

Ek sou geen ander uitspraak verwag nie. ‘EE employees’ kan (of eerder, wíl) nie Afrikaans praat of skryf nie. Afrikaans op universiteitsvlak (waarin die studiemateriaal, eksamens, kommunikasie met studente, administrasie dan aangebied moet word) is heeltemal bokant hul vuurmaakplek. Dit beteken dat, om plek te maak vir Afrikaans, moet plek gemaak word vir mense wat Afrikaans kan praat en verstaan in die Unisa-werksplek. Maar daardie mense is nie welkom in Suid-Afrika se werksplekke nie. Dus kan geen geleenthede geskep word om vir hul werk te skep nie; hulle mág nie nodig wees in die werksplek nie sodat hulle nie poste het om voor aansoek te doen nie. Dink groter prentjie: elke instelling/skool/maatskappy wat Afrikaans uitskop, skop werksgeleenthede vir mense wat Afrikaans as moedertaal besig óók uit.

Moedeloos ·

Unisa kan enige taal gebruik wat hul wil, ek sal ñ woordeboek kry indien nodig, solank hul net hul administrasie uitgesorteer kry. Geen e-posse word beantwoord nie, dis nou as jy so gelukkig is dat die e-pos adres wat jy kry ten minste nog bestaan. Telefone word nie geantwoord nie. En met navrae word jy van bakboord na stuurboord gestuur, die een minder ingelig as die ander. Verander dalk die taal na ñ Afrika taal, dan verstaan hulle mekaar miskien en kry dalk ñ dag se administrasie onder die knie. **FRUSTRASIE**

Gerrit ·

Dit is dan offisieel die howe is ook nou korrup ,ek sou voorstel hou op geld mors op hofsake en bou afrikaanse instelling ,vervang die anti afrikaanse instellings met eksklusiewe afrikaanse instellings.

Johan ·

Ons baklei so oor afrikaans in skole en op universiteit,maar wat van by banke of telkom waar ek as kliëent nie eers in my eie taal gehelp kan word nie.

Koeks ·

Ek kan die vraag oor Engelse taal beantwoord! Omdat hooggeplaastes weer gaan ” bedel” het by die Queen! En nogal genoeg gekry het!!! Verkoop toe Afrikaans!

Casper Labuschagne ·

Dit gaan die verstand te bowe hoekom die hof ‘n Engelstalige beleid aanvaar het. Die grondwet is veronderstel om minderheidsregte te beskerm. Unisa het al, sekerlik van die begin af, in beide Engels en Afrikaans grade aangebied. Geeneen van die argumente van vol klasse, beperkte hulpbronne, Afrikaans as versperring vir anderstalige studente geld in die geval van Unisa nie juis omdat Unisa deur middel van korrespondensie klasgee.

Ek sou bitter graag self hierdie hofuitspraak wou lees en sien wat die motivering daarvoor is.

En laastens, moet witmense eers op straat betoog, die polisie uitdaag en geboue afbrand voordat ons protes vir die beskerming van minderheidsregte ernstig opgeneem sal word?

Gerhard ·

Daar is werklik geen rede meer om in Suid-Afrika te bly nie. Die eie instelling teorie het toe gefaal. Emigreer eerder na ‘n ontwikkelde land waar jou kinders ‘n heenkome het. Jy moet dan in elk geval assimileer.

Casper Labuschagne ·

@Gerhard, ek stem algeheel met jou saam. Ek woon eerder in ‘n vry land as ‘n sosialistiese land. Ek woon eerder onder mense wat my regte respekteer as wat my regte vertrap en my forseer om by hulle gemeenskap in te skakel. Ek kies eerder beskawing as barbarisme.

Nogtans emigreer ek nie, daar is nog ‘n bietjie veggees oor in my. Juis gister lees ek raak waar Napoleon sê, “Die dood is niks nie, maar om in ‘n neerlaag te leef sonder glorie is om daagliks te sterf.”

Handaanhand ·

“Moedeloos” het my gedagte bevestig .
“Gerrit” het die oplossing gegee.
Geboue beteken niks het geen waarde
die mense hul LIEFDE vir MOEDERTAAL, PASSIE vir Onderrig is die geheim tot SUKES en OORWINNING.

Reguit ·

Getransformeerde regering. Getransformeerde staat. Getransformeerde onderrig, Getransformeerde regstelsel. Getransformeerde regters. Getransformeerde uitsprake. Hoe het die wittes dit dan anders verwag? Dinge gaan nét so aanhou. Beste opsie is om te emigreer.

CHRISTA ·

Hierdie klomp paloekas het selfs ons land se ekonomie getransformeer na “JUNK STATUS”!!! HAHAH!!! “All the Nations’ Criminals”!!!

CG ·

Nog ‘n bewys (een van baie dat daar vir ons geen plek is in Suid-Afrika nie. Dit is of emigreeren/of uitsterf of ‘n volkstaat. Die Solidaritet sprokie van selfbestuur binne Suid-Afrika waar ons dubbeld belasting betaal (aan die staat en selfbestuurinstellings) lê aan flarde. Afriforum se verlore hofsake ontplof in hul gesig, laat die Afrikaner telkens in ‘n swakker posisie en toon telke maal hul gebrek aan insig in die werklikhede van Suid-Afrika. Of ons verdwyn of ons bou ‘n volkstaat. Daar bestaan gee ander opsie nie- net sprokies waarin naïwes kan glo.

Alida ·

Die skole en universiteite moet engels wees. Wat gaan maak jy in n ander land sonder engels. Dit is n wereld taal. As Afr verban word moet al die tale verban word..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.