Hof sê oor US-taalbeleid

Argieffoto

Argieffoto

AfriForum Jeug se aansoek om ʼn dringende interdik teen die Universiteit van Stellenbosch (US) om die universiteit te dwing om sy taalbeleid en –plan te implementeer, is Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor.

Die hof het ʼn tussentydse interdik toegestaan waarin die universiteit beveel word om sy taalbeleid, wat breedweg vir gelykberegtiging tussen Afrikaans en Engels as onderrigtale voorsiening maak, van 29 Maart af te implementeer. Dié bevel volg nadat AfriForum Jeug ʼn hofaansoek gebring het waarin hulle beweer dat die US nóg sy taalbeleid en taalplan, nóg ʼn skriftelike onderneming wat die universiteit in Februarie aan AfriForum Jeug gegee het, uitvoer.

George Steyn, voorsitter van die US-raad, het erken die taal waarin sommige modules aangebied word, voldoen nie aan die taalspesifikasies wat in die 2016-jaarboek vervat is nie. Volgens hom wyk 268 modules van die taalspesifikasies in die onderskeie fakulteite af.

In ʼn beëdigde verklaring wat by die hof ingedien is, voer Steyn aan die uitvoerende komitee van die raad en die rektor se bestuurspan aanvaar die US tree onregmatig op deur af te wyk van die taalspesifikasies in die jaarboek.

AfriForum Jeug vra ook ʼn bevel aan om ʼn raadsbesluit van 20 Februarie, dat die taalbeleid buigsaam toegepas kan word, nietig verklaar en tersyde gestel word.

Volgens Steyn aanvaar die uitvoerende komitee van die raad en die rektor se bestuurspan ook hierdie besluit is regtens aanvegbaar omdat dit neerkom op ʼn wysiging van die taalplan sonder dat die voorgeskrewe regsproses gevolg is en sonder om AfriForum Jeug daaroor te raadpleeg, soos wat die US skriftelik onderneem het om te doen.

Prof. Arnold Schoonwinkel, viserektor van leer en onderrig, wat in AfriForum Jeug se aansoekstukke saam met prof. Wim de Villiers, die rektor, uitgesonder word as diegne wat die afwykings van die taalbeleid gedryf het, het in ʼn beëdigde verklaring Steyn se beëdigde verklaring bevestig in soverre dit op hom (Schoonwinkel) en die rektor se bestuurspan betrekking het.

“Hierdie is ʼn oorwinning vir die Afrikaanssprekende gemeenskap van Suid-Afrika. Dit is duidelik dat prof. de Villiers en sy bestuurspan nie die belange van die studente en universiteit op die hart dra nie,” het Hein Gonzales, woordvoerder vir AfriForum Jeug, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sarie ·

Baie geluk. Sterkte vir julle aksies by UP en Kovsies. Ons kan nie net omrol en vra dat ons geskop moet word soos die Seunse Weengroepie van Leon Wessels en kie wil hê nie.

Piet Snot ·

Wimpie Div steur hom nie aan reëls nie. Tog kla hy elders dat dit krimineel is om ‘n kantoor aan die brand te steek.
Hoe verwag hy dat protesteerders hulle aan reëls moet steur as hy dit self nie doen nie?

François ·

Baie geluk met die sukses sover, AfriForum. Alle voorspoed met dieselfde aksies by ander universiteite. Soos Sarie gesê het, ons kan nie net aanvaar om geskop te word omdat ander te skaam is vir hulle taal nie.

Wynand ·

Hi Piet Snot – niemand respekteer die man nie – hy kan nie eers by sy eie reels hou nie.
Wanneer gaan hy die skrif aan die muur lees en geepad? So ‘n lamsak hoort nie daar nie.

Piet Snot ·

Wynand, dié manne is eerlik van mening dat hulle fantastiese werk doen. Hulle sal nooit gaan sonder die regte aanmoediging (en baie daarvan) nie.
Dis ‘n wêreldwye verskynsel.

Mielie ·

Welgedaan, Afriforum, die verskil tussen julle en die res is dat julle binne die wet optree en nie vernietig nie. Julle stel n goeie voorbeeld vir die jeug en ek glo in baie kringe word daar swaar aangesluk dat hulle dit moeilik vind om vinger na julle te wys, daar om die onlangse valse beskuldigings. Sterkte voor en toe en dankie vir Wat julle doen en die manier Wat julle dit doen

jaco ·

dit gaan net werk totdat die regters wat nou so pro-Afrikaans is, met regters vervang word wat rewgeringbeleid konsekwent uitvoer. Moenie dink dit kan nie gebeur nie omdat die regbank sogenaamd onafhanklik is. al is dit hoe onafhanklik, werk al daardie regters ook maar net vir die dept van justisie en as affirmative adtion daar moet toegepas word, dan moet dit maar gebeur en dan is al die wit regters dadelik weg.

Wynand ·

Hi Maroela Media – wanneer gaan ons die nuus kry oor wat gister by die Woordfees gebeur het met wim en price? Wim het hom mos uit die voete gemaak? Dit het te warm in die kombuis geraak toe daar teen hom betoog was? Toe hardloop hy weg.

DPJ ·

Ek is met reg trots dat ek ‘n afriform lid is. Om die regering en sy meelopper so korrek aan te vat en te wen is ‘n groot oorwinning vir demokrasie in ons land. Geluk met die optreeëde ek staan bank vas agter hulle. Doen so voort.

jaco ·

In zimbabwe het wit boere ook aanvanklik hofsake gewen teen die plaasbesettings en afvat van plase. toe mugabe en sy regering besef die howe kies die wit boere se kant, is die nogal swart regters wat so kant gekies het vir die bore, eenvoudig afgedank en vervang met ander regters wat uit en uit regeringsbeleid napraat
So veels geluk Afriforum: you have won the battle but eventually you will lose the war. Hou op moan. adapt or die. beweeg saam met die spoor.
vir 20 jaar lank het die wit mense van zimbaewe gehou by mugabe se ooreenkoms met hulle: “you stay out of politics while i care for you”. toe hulle na 20 jaar die MDC begin finansier het, het Mugabe begin retaliate. DIESELFDE gaan in SA gebeur, tensy wit mense nou ophou moan en eenvoudig dinge aanvaar.
aanvaar dus dat:
-rassisme is net rassisme as wit mense lelik is met swartes
-engels is die enigste amptelike taal
-affirmative action is hier om vir ewig te bly

Dup du Plessis ·

……dink nie ons besef hoe belangrik dit is dat Afrikaans as taal veral by universiteite lewendig moet bly nie – dis hier waar dit steeds ontwikkel en by bly as akademiese en wetenskaplike taal met daaglikse veranderings………..anders sal dit verval en soos meeste van die afrika tale nooit genoegsaam ontwikkel om vir onderrig (veral na-skools) gebruik te kan word nie………….EN DIS HOEKOM DAAR AFRIKAANSE UNIVERSITEITE MOET WEES.

jaco ·

Vir 20 jaar lank het president Mugabe van zimbabwe ‘n ongeskrewe ooreenkoms met sy land se wit mense gehad: “you stay out of politics while I take care of you:. en vir 20 jaar lank het dit goed gegaan met die wit mense. Toe word die MDC gestig en Mugabe se spioene wat die MDC geinfiltreer het, vid toe uit die MDC se finansiering kom vanaf Zimbabwe se wit mense. Al hell broke loose. dis toe wat die plaasbesettings begin het.
die wit boere in zimbabwe het ook howe toe gehardloop tydens plaasbesettings en afvat van plase. keer op keer het hulle die sake gewen, totdat Mugabe en sy regering eenvoudig daardie pro-wit regters afgedank het en met regters vervang het wat regeringsbeleid konsekwent uitvoer. Dieselfde gaan nog in SA gebeur, tensy wit mense nou ophou met moan en ophou met regstappe ens.
So veels geluk Afriforum: you won the nattle but you are going to lose the war.
Dis tyd dat wit mense ophou moan en eenvoudig hulle lot aanvaar.
Aanvaar dinge soos:
-rassisme is net rassisme as wit mense lelik is met swart mense
-swart moorde op wit mense gaan ligter gestraf word of nie nie eens ondersoek word nie
-Engels gaan die enigste amptelike taal wees
-affirmative action teen wit mense is hier om vir altyd te bly
1

humor ·

Gaan sluit aan by die jellievisgeledere daar is almal sonder ruggraat

saarkie ·

Mooi so humor! Elke optrede wat weerstand bied teen hierdie slaprugbeleid, elke hofsaak wat Afriforum wen is n oorwinning!! Daar nog te veel murg in ons pype oor om snert te glo dat ons moet ophou “moan”. Oral waar nie weerstand gebied word nie gaan dinge 1000 maal erger. Ek skaar my dus eerder by almal wat nog moed het, opkyk en vorentoe beweeg en waar hul ookal is hul stem dikmaak en nie wegkruip nie! Vreesloos!
Die wat se ons moet die politieke breinspoelingspilletjie sluk van Wim de Villiers moet asb saam met hom teruggaan oorsee waar hy 20 jaar gebly het en volksvreemd geword het! !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.