Hof sê oor Valke-hoof

Valke

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydagoggend uitspraak gelewer in ʼn aansoek om lt.genl. Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, se aanstelling ter syde te stel.

Die hof het beslis Nathi Nhleko, minister van polisie, moet Ntlemeza se aanstelling tersyde stel. Dit kom nadat die Helen Suzman-stigting (HSS) en Freedom Under Law (FUL), die aansoek gebring het.

Nhleko het Ntlemeza aangestel ten spyte daarvan dat regter Elias Matojane in Februarie 2015 bevind het Ntlemeza was “bevooroordeeld en oneerlik” en het nie oor “integriteit en eerbaarheid” beskik nie.

“Genl.maj. Ntlemeza is aangestel in die hoogste pos van die republiek se korrupsie- en misdaadbestrydingseenheid, ondanks verdoemende geregtelike bevindinge wat sy integriteit, eerlikheid en toepaslikheid om hierdie amp te beklee, bevraagteken.

“Sowel die HSS as FUL meen, gegrond op die redes wat die kantoor van die minister [Nhleko] verskaf het, dat die geregtelike bevindinge nie enigsins, of behoorlik oorweeg is nie,” het die organisasies aangevoer.

“Indien dit wel in aanmerking geneem is, sou Ntlemeza nooit aangestel gewees het nie.” Die organisasies het reeds verlede jaar die aansoek gebring, maar kon nie daarin slaag om ʼn hofbevel te bekom nie. Uitspraak is in Desember 2016 voorbehou.

Ntlemeza het nog altyd volgehou hy is vasbeslote om sy grondwetlike mandaat uit te voer om ernstige korrupsie, georganiseerde misdaad en ernstige handelsmisdaad uit te roei en dat hy nie deur enige persoon of organisasie gestuit sal word wat ten doel het om die integriteit van die Valke te diskrediteer nie.

Ntlemeza is in Desember 2014 deur Nhleko as waarnemende hoof van die Valke aangestel nadat Anwa Dramat as hoof van die Valke geskors is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

Ag asseblief. Nog tyd en geld gemors om die ZUMAIKIE CLAN aan te spreek en in lyn met die REG te bring. Hulle gaan nloot soos Zuma en Dlaminie n middelvinger vir die HOWE wys en/of apeleer en vir tyd en geld speel. KORRUP VAN BO TOT ONDER…en die ANC speel al te lekker saam in die Sirkus!

Annie ·

Zuma stel al hierdie onbevoegte en oneetlike klomp aan om homself te beskerm. Al wat julle doen is self verryking

Johanna Botha ·

Hulle gaan hulle nie steur aan die uitspraak nie …mos nou al baie gesien die wet het nie meer tande nie … volgens zuma is demokraties om te maak soos jy wil om dat dit volgens hom ook demokrasie is …red n volk !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.