Die vakbond Solidariteit het namens hul lid, Dané Hertz, ʼn oorwinning behaal toe die hof beveel het dat sy binne 30 dae in ʼn gemeenskapsdiensposisie geplaas moet word.
“Dit volg nadat die departement en die minister van gesondheid sedert Januarie 2017 hul wetlike plig versuim het om Dané in ʼn gemeenskapsdiensposisie te plaas,” volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke.
Solidariteit het op 15 Junie die minister van gesondheid en die departement in ʼn skrywe versoek om Dané binne sewe dae te plaas. Hulle het in gebreke gebly om gehoor te gee aan die versoek.
Volgens Van der Bijl skep die hofbevel ʼn belangrike presedent wat in soortgelyke omstandighede toegepas kan word. “Dit word duidelik dat die publiek se geduld met die staat se blatante nalatigheid om aan sy statutêre verpligtinge te voldoen, begin opraak. Ons beplan om binnekort nog soortgelyke aksies teen die departement van gesondheid te loods.”
Volgens Van der Bijl het die hof beveel dat Hertz geplaas moet word by die kliniek waar sy aanvanklik aansoek gedoen het. “Ons is baie verheug oor die uitspraak van vandag, maar dit is hartseer dat ons sover moes gaan net om die minister en departement van gesondheid te verplig om aan hul statutêre verpligtinge te voldoen,” het Van der Bijl gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
…mooi so Solidariteit…
Dankie solidaritet ons waardeer julle
Ek hoop die Dept moet die kostes dra.
Ek is so dankbaar mense as julle nog nie by solidariteit aangesluit het nie is dit miskien n goeie tyd om well aan the sluit hoe meer lede hulle het hoe sterker staan hulle Baie dankie vir mense soos julle uit my 36 maar wat ek aan julle behoort kan ek net met lof van julle praat Hou so aan met julle goeie werk
Pragtig. So bly ook hulle moet haar plaas op haar plek van keuse. Was bang hulle plaas haar op Gatserand.