Hof sê oor verpleegster se plasing

Dané Hertz. Foto: Verskaf

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak gelewer rakende die departement van gesondheid se beweerde versuim om ʼn afgestudeerde verpleegster meer as ses maande nadat sy haar studie voltooi het, by ʼn hospitaal te plaas.

Die vakbond Solidariteit het namens hul lid, Dané Hertz, ʼn oorwinning behaal toe die hof beveel het dat sy binne 30 dae in ʼn gemeenskapsdiensposisie geplaas moet word.

“Dit volg nadat die departement en die minister van gesondheid sedert Januarie 2017 hul wetlike plig versuim het om Dané in ʼn gemeenskapsdiensposisie te plaas,” volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke.

Solidariteit het op 15 Junie die minister van gesondheid en die departement in ʼn skrywe versoek om Dané binne sewe dae te plaas. Hulle het in gebreke gebly om gehoor te gee aan die versoek.

Volgens Van der Bijl skep die hofbevel ʼn belangrike presedent wat in soortgelyke omstandighede toegepas kan word. “Dit word duidelik dat die publiek se geduld met die staat se blatante nalatigheid om aan sy statutêre verpligtinge te voldoen, begin opraak. Ons beplan om binnekort nog soortgelyke aksies teen die departement van gesondheid te loods.”

Volgens Van der Bijl het die hof beveel dat Hertz geplaas moet word by die kliniek waar sy aanvanklik aansoek gedoen het. “Ons is baie verheug oor die uitspraak van vandag, maar dit is hartseer dat ons sover moes gaan net om die minister en departement van gesondheid te verplig om aan hul statutêre verpligtinge te voldoen,” het Van der Bijl gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

stefanie ·

Ek is so dankbaar mense as julle nog nie by solidariteit aangesluit het nie is dit miskien n goeie tyd om well aan the sluit hoe meer lede hulle het hoe sterker staan hulle Baie dankie vir mense soos julle uit my 36 maar wat ek aan julle behoort kan ek net met lof van julle praat Hou so aan met julle goeie werk

Reti ·

Pragtig. So bly ook hulle moet haar plaas op haar plek van keuse. Was bang hulle plaas haar op Gatserand.

MCH ·

Voorwaar n ligpunt. ” Ons plaas haar waar sy die nodigste is.” , kan n skerp angel word.

B-man ·

Welgedaan! Is bly om deel te wees van hierdie vakbond en ek hoop dat, soos met Akademia, Solidariteit ook ‘n hospitaal sal begin en verder sal uitwyk in ander dele van die privaatsektor ook, waar SEB nie ter sprake is nie – slegs meriete.

Hanna ·

Aggenee man! En daar is n geweldige Internasionale tekort aan opgeleide verpleegsters. ……. Om nie eers te praat van toegewyde verpleegsters nie!!
Ek hoop sy gaan n verskillende maak!.

A ·

En nou gaan die arme vrou dit seker moet ontgeld by haar werksplek

stupit ·

Wat is die verskil tussen afriforum en solidariteit sleep hul vir dieselfe span

johnny_walker ·

Afriforum is die burger regte afdeling en deel met swak dienslewering , buurtwagte ens so voorts , als wat val onder jou menlike regte
Solidariteit is die werkers unie en beskerm jou regte in die werksplek
Altwee werk saam , afriforum was gebore uit solidariteit

MCH ·

Ek wonder of die staat se voetslepery met verskeie statutêre verpligtinge, die waarskuwing dat belastingterugbetalings langer gaan neem, algemene voetslepery met BTW terugbetalings ens. nie maar beteken die fiskus het kontantvloei probleme na die blijoene se korrupsie die afgelope 23 jaar nie.

Christine Osler ·

I hope that the department “remember ” to pay her and also that she is treated well in the workplace.

Cato ·

Moet ASB nie van AfriSake vergeet nie, hulle beskerm ons eiendom en besighede. Veral met die onteieningswet wat alle eiendomme kan nasionaliseer. Eiendom is nie dan beperk tot grond nie, dit sluit alle bates in.

Deon Koegelenberg ·

Trots op di mooi manier wat julle hierdie onregverdigheid aanspreek

Pieterlewismuts ·

Department van Gesondheid KRY JOU HUIS IN ORDE. Dan sal dit nie nodig wees om hof kostes aan te gaan nie.

Arrogansie en kwaadwilligheid GAAN julle in haal een of ander tyd.

Dafer ·

Die probleem van ‘nie plasing’ vind ELKE JAAR plaas en affekteer doters ook.

Carel ·

Hierdie is die punt van die ysberg en die groter gemors wat oppad is . Om te dink dat die sogenaamde NHI plan wil hê dat alles wat medies betref deur hulle(die staat) moet gaan. Dit is nou die geld sowel as dienste (www.nhisa.co.za). As ‘n eenvoudige plasing nie eers gedoen kan word nie (en dit is nie die enigste geval nie), hoe gaan hulle die hele mediese bedryf deur die onbeholpe staat laat bedryf? Dit is om soos om jou motor sleutels te gee vir ‘n 3 jarige. Klink my die NHI plan wil net hê dat mense moet net betaal, maar hulle neem nie die mediese personeel in ag nie. Onthou dokters kan omtrent enige ouderdom emigreer. Komaan Afriform vat hulle aan oor die NHI storie ook!! Moenie wag tot dit te laat is nie. Dit lyk my hulle het nie geluister na al die voorleggings wat gemaak is aan hulle nie (www.nhisa.co.za), hulle het net aangeploeter

Pippa ·

Dit laat my sidder as ek dink aan waar die gekwalifiseerde mediese personeel vandaan gaan kom as hierdie NHI fiasko wel gaan realiseer en wie wil nou in elk geval in daardie haglike omstandighede praktiseer? Wel gedaan Solidariteit…hou so aan!

Annelize ·

Ek het BTech Omgewings Gesondheid gestudeer by TUT. Voor ek my studies begin het was gemeenskapsdiens nie n verpligting. Half pad deur het die staat dit geimplementeer. Ek het hulle letterlik gesmeek om vir my n plasing te gee nadat ek my studies voltooi het en gese ek is bereid om enige plek in SA te gaan werk maar hulle het nie gese “sorry no jobs and no money”. Wat tot gevolg gehad het dat ek vir 4 jaar studeer en kon nie by die HPCSA registreer nie. Ek was geforseer om in privaat industrie te gaan werk. Wat n klug! !! Hulle doen net wat hulle wil en mors met mense se lewens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.