Hof sê oor Winnie se aansoek vir Qunu-huis

Winnie Madikizela-Mandela Foto: SAPA

Winnie Madikizela-Mandela Foto: SAPA

Die hooggeregshof in Mthatha het Donderdag uitspraak gelewer in die saak van Winnie Madikizela-Mandela wat die regte wil bekom tot oudpres. Nelson Mandela se huis in Qunu in die Oos-Kaap.

Die hof het Madikizela-Mandela se aansoek met koste van die hand gewys.

Mandela het in sy testament die Qunu-eiendom aan alle lede van die Mandela-familie bemaak as ʼn plek waar hulle verenig kan word.

Madikizela-Mandela is nie in sy testament, wat in Februarie 2014 bekend gemaak is, genoem nie. Mandela is dood op 5 Desember 2013.

Madikizela-Mandela se prokureurs het die saak in 2014 ingedien en het aangevoer die eiendom is aangeskaf terwyl sy en Mandela getroud was, en volgens abaThembu-gebruik behoort die huis dus aan haar.

Adv. George Bizos, een van die eksekuteurs vir Mandela se testament, het vroeër Madikizela-Mandela veroordeel toe sy die regte wou bekom vir die president se huis. Bizos het haar eis teengestaan, aangesien sy 17 jaar lank niks gedoen het nadat die eiendom in Mandela se naam geregistreer is nie.

Die koninklike familie van die abaThembu het ná die uitspraak ʼn verklaring uitgereik waarin hulle die uitspraak verwelkom.

Mvuzo Notyesi, Madikizela-Mandela se prokureur, het tevore aangedui dat hulle beplan om teen die uitspraak te appelleer sou dit nie in hul guns wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jordaan ·

Laaste paragraaf, ek aanvaar sy sou appelleer as dit NIE in haar guns was nie

Landi Slatter ·

Dagsê Jordaan

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Paul ·

Jy kan kies – of tradisionele reg of moderne reg. Jy kan nie altwee gelyktydig wil hê nie en jy kan definitief nie met ‘n tradisionele regsbeginsel na ‘n moderne hof toe hardloop en die tradisionele owerheid probeer omseil nie. Komaan.

Gideon ·

Sy kan bly wees, dit is nie ‘n boendoe hof nie, want dan sou hulle haar sekerlik iets gegee het wat sy baie graag self uitgedeel het in die sewentiger jare aan diegene wat van haar verskil het!!

alida ·

Asof enigeen van hulle, hulle aan ‘n Hofuitspraak steur. Die howe se tyd word gemors.

Stem saam ·

Stem saam Alida, buiten die tyd van die howe wat kriminele kan bêre, is daar ook geld betrokke wat liewer aan minder bevoorregte mense vir huise gebruik kan word. Al die komissies en hofsake oor hierdie mense en die Zuma’s sou darem al baie huise gebou het aan werklike arm Suid-Afrikaners, wens net die arm mense kon die punt insien en stem vir die regte mense wat vir hul die huise sal bou en nie self verrykend optree nie.

alida ·

Sy en Chris Hani se vrou kan regtig nou maar uit die kollig verdwyn. Ou Winnie wil nou net skep en nog ryker word terwyl Hani se vrou aandag en publisiteit soek. Walluz het ‘n regverdige verhoor gehad, hy het sy volle straf uitgedien. Dit Hof het beslis dat hy vrygelaat moet word. Mens wonder wat sy nog wil hê. Haar man gaan nie terugkom nie. Wie sou sy in elk geval gewees het sonder Chris? Tien teen een in een van SA se plakkershutte gesit en koud kry het sonder krag of water.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.