Hof sê oor Wonderboom-lughawe

Wonderboom-lughawe (Foto: Gauteng.net)

Die hof het die aanstelling van nuwe konsultante by die Wonderboom-lughawe opgeskort. Die lughawe het nou 15 dae om ʼn bevoegde lughawebestuurder aan te stel om algehele beheer te neem van die operasionele funksies van die lughawe.

Die Wonderboom Lughawe Belangegroep (WAIG), wat huurders en eienaars van vliegtuie en vliegskole op die lughawe verteenwoordig, het op 3 Februarie ʼn dringende aansoek in die Noord‑Gautengse hoërhof gebring om die Tshwane-munisipaliteit onder meer te verplig om kundiges aan te stel om die lughawe te bestuur. Hulle beweer die lughawe word ondoeltreffend bestuur en openbare fondse wanaangewend. Hulle vra ook dat alle werkers wat tans steeds in diens van Tshwane is, heraangestel word om die lughawebestuurder in sy taak by te staan.

Wonderboom behoort aan Tshwane en was sedert 2017 herhaaldelik in die nuus weens bewerings van tenderbedrog, korrupsie en die ongemagtigde aanstelling van eksterne kontrakteurs. Die metro het Ntiyiso Consulting verlede jaar aangestel as konsultante om die lughawe finansieel haalbaar te maak. Dié onderneming het egter geen ervaring van lugvaart of die bestuur van ʼn lughawe nie. In die laaste week van Januarie is die lughawe boonop op kort kennisgewing gesluit omdat die huidige lughawebestuurder, Ian Melamed, besluit het die lang gras hou ʼn veiligheidsrisiko in.

“Die besluit om die lughawe met 20 minute kennisgewing te sluit het vernietigende gevolge gehad vir die besighede wat op die lughawe bedryf word en dus op die lewensbestaan van honderde werknemers,” het die regter in sy uitspraak gesê, voordat hy die WAIG se aansoek toegestaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Magda ·

Sien hier is nog n wereld epedemie – SAVIRUS – Hulle is orals en in elke gaaitjie.

Nie Verbaas ·

Ai, die “slim” besluite wat sekere mense met hulle mooi suits en karre maak is bitter snaaks. 1 + 1 = 11.

Michael ·

Stel die mees bekwame persoon ongeag van sy velkleur en die lughawe kan weer n gesonde winsgewende besigheid word

Leon ·

Dit moet ongelukkig ‘n kader wees want SEB moet ge-implemnteer word. Die enigste is om ‘n oud swart vliënier te kry wat bestuurservaring het. Wors in ‘n hondehok of hoendertande. Die swart vlieënier met bestuurservaring werk vir ‘n groot maatskappy groep en ek dink nie hy sal Wonderboom wil bestuur nie.
Verkoop Wonderboom en laat hy soos Lanseria bedryf word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.