Hof sê oor Xander Bylsma se appѐlaansoek

Xander Bylsma gedurende vandag se hofverskyning. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die adjunk regter-president van die hooggeregshof in Noordwes het Xander Bylsma Donderdag verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis geweier.

Bylsma is in Augustus tot twee keer lewenslank gevonnis vir die moord op sy voormalige vriendin, Sharnelle Hough (17), en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16). Hy is in Februarie skuldig bevind op twee aanklagte van moord.

Hy het egter kort daarna aansoek gedoen om verlof tot appèl, op grond daarvan dat hy nie regverdig verhoor is nie en dat sy vonnis onvanpas sou wees. Bylsma se regspan het die hof versoek dat sy saak na die Appèlhof oorgeplaas word.

Regter Ronald Hendricks het egter Donderdag gesê ná gesprek met beide partye se regsverteenwoordigers en versigtige oorweging van die argumente en die oorspronklike uitspraak, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat geen ander hof tot ʼn ander besluit sal kom nie.

Maroela Media het vroeër berig dat Bylsma se regspan onder meer aangevoer het dat hul kliënt se regte geskend is toe hy destyds kort ná die moorde ’n bekentenis voor Chris Saunders, ’n private speurder, afgelê het. Dit is omdat Saunders hom nie ingelig het van sy reg om te swyg, sy reg op ’n regsverteenwoordiger en sy reg om homself nie te inkrimineer nie.

Bylsma het tydens die verhoor aangevoer dat hy destyds gedreig en aangesê is om die bekentenis te maak en dat hy onskuldig is.

Die staat se regspan het Bylsma se aansoek teengestaan en aangevoer dat die verdediging se redes nie die omstandighede rondom die saak verander nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Krista ·

Ja neh, dis makliker om twee weerlose meisies dood te maak as om jouself teen geharde misdadigers in die tronk te beskerm.
Vat jou straf soos n man….

Spyker ·

Wees rustig en wag geduldig vir Jacob, Ace en nog baie pêlle wat hopelik oppad is. Goeie geselskap!!!!

Francois Le Cochon ·

As hy ‘n pleitooreenkoms aanvaar het, sou hy 20 jaar gekry het met parool na 12 jaar. Nou eers parool na 25 jaar. Ook sou sy pa nie sy plaas moes verkoop vir regskostes.

Strandloper ·

Jy het twee kinders vermoor en hulle famielie duur hel gesit. Tronkstraf is goed om oor jou dade te besin. Hooplik kom jy tot bekeering.

AH ·

Wie ookal die “thumbs down” wys kan gerus sy of haar opinie met ons deel sodat ons kan weet waarvoor dit gaan…..

Cherokee ·

Somtyds is die duim-af ‘n beswaar teen swak taalgebruik.

Lee ·

Geen parool vir hom nie. Hy moet sy vonnis uitdien vir die dubbele moord. Hy het geen berou oor die lewens wat hy geneem het nie.

Frederik C ·

Ek is oor die algemeen redelik krities oor Regter Hendricks se vonnisse, maar stem hierdie keer saam.

katerinadiekat ·

Wel hy het sy bed gemaak, hy moet nou maar daarin slaap. Ek is seker daar is selmaats wat sal seker maak hy kry nie koud nie. Zero simpatie van my. Hy het 2 jong meisies vermoor. Ten minste kan sy ouers nog vir hul kind kuier by geleentheid. Sy slagoffers se ouers kan nie. Hulle kan net by grafte staan en huil en verlang.

AH ·

My kommentaar van gister het verdwyn. Wonder of ek my opinie te sterk uitgespreek het…..Die jong man verdien elke dag van twee lewenslange vonnisse! Hy het met voorbedagte rade twee jong meisies se lewens geneem en nou verwag hy versagting van die vonnis! Dis baie aanmatigend van hom om te verwag dat sy dade vergewe en vergete moet word omdat hy kwansuis onder dwang skuld beken het. Wonder wat hy verwag het toe hy die moorde beplan het….

Casper ·

Genade Xandertjie,jy was gedwing on die bekentenis af te lê.Wie het jou die raad gegee om Botswana toe te vlug en hoekom het jy nie.Jy was seker gedwing om die uitwysings op die moordtoneel te doen.Nee boet as jy nie die moorde gepleeg het nie sou jy nie geweet het hoe het die moordtoneel gelyk nie want die lyke was toe al verwyder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.