Hof sê vandag of lede saam met Sasol-werkers mag staak

Solidariteit-lede en lede van die gemeenskap betoog teen Sasol se Khanyisa-aandeleskema in Secunda in Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

Die hooggeregshof in Johannesburg sal vandag uitspraak lewer oor of 180 000 Solidariteit-lede die reg het om in solidariteit met Sasol-werkers te staak.

Solidariteit het Donderdag die aansoek ingevolge artikel 77 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, wat werkers die reg gee om in sosio-ekonomiese belang wettig te betoog, gebring.

Dit volg nadat die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) ’n aansoek van Solidariteit om teen eksklusiewe personeelaandeelskemas te betoog, geweier het. Die vakbond vra dat die Nedlac-besluit hersien word.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se arbeidsregsdienste, het die vakbond die aansoek gebring om alle Solidariteit-lede in staat te stel om in solidariteit met die Sasol-stakers protes aan te teken.

“Hierdie saak gaan oor inklusiwiteit van werknemers ongeag hul ras. Werknemers moenie slegs op grond van hul ras beoordeel en daarvolgens verdeel word wanneer dit kom by aandeleskemas nie,” het Van der Bijl gesê.

“Hierdie kwessie het groter geword as net Sasol en dit affekteer sowat 180 000 Solidariteit-lede in verskeie groot bedrywe in Suid-Afrika,” het Van der Bijl gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

ZAR ·

Dis eintlik komies om te sien hoe wetsgehoorsaam ons is as jy dit vergelyk met die land se daaglikse betogings. Die mense word altyd met busse aangery of geforseer om te staak, lid of nie.
Ek is werklik trots op Solidariteit. Ons gehoorsaam die wet te alle tye, al is wetteloosheid in ons land die orde van die dag. Mooi so Solidariteit julle doen dit reg.

Daan ·

As pensionaris wat nog aan die Mynwerkers Unie behoort het voor dit Solidariteit geword het. Vra ek alle lede: Staak saam. Jy is volgende as jy nie saam staak nie. Die is nie die dun punt van die wig nie, dit is ‘n byl in jou skedel.

Potlood ·

Dink julle regtig die ouens wat staak, breek en brand werk almal vir die plek as hulle staak???? Hoekom vra julle…. Ek kan mos gaan waar ek wil saam wie ek wil…
Hulle sal hierdie graag in die hof wil stop want dan kan ons nie saam staan nie.

snotklap ·

Die hof behoort ook uitspraak te lewer oor of om net wit werknemers te weerhou van winsdeel rassisties is of nie.
Hulle behandel die simpome ipv die infeksie.

Liewe Heksie ·

Stem honderd persent saam met Bekommerd, julle mors julle tyd, môre oormôre verloor almal hulle werk omdat hulle gestaak het.

Ralph ·

Soos ek verstaan word die werkers wat staak nie betaal nie. Hoe kan diegene in hierdie duur lewe dit bekostig. Verstaan ook dat hul iets moet doen teen hierdie wit diskriminasie van Sasol.

bgj van der westhuizen ·

wit mense sal moet leer om saam te staan as swart mense staak dan staak al die ander saam dit is tyd dat ons op hou om elke een sy eie ding te doen ons moet nou een unie vorm vir wit mense en as ons staak en dit elp nie moet ons doen wat die swart mense doen breuk af maak die besighied toe dat niks kan gedoen word nie wand al wat besighied belang stel is hoeveel geld hulle maak hulle gee geen el om vir mense nie

Wonder Net ·

Die staking kom nou al hoe lank aan en wat het dit ons al gehelp. Niks. Sasol lag vir julle. Dalk tyd om van die geboue af te brand en vragmotors te brand. Almal weet tog dus hoe jy jou sin gaan behaal.

jaco ·

180 000 lede vir solidariteit en dieselfde of meer lede in Afriforum. dis 2 organisasies wat 99% dieselfde dink as die Vryheidsfront Plus. Kom dit egter by n verkiesing, dan kry die VF-Plus op die meeste 170 000 stemme. As almal wat nou so aktief staak ook net so aktief sal stem, sal dinge ook beter gaan vir ons mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.