Die konstitusionele hof lewer vandag uitspraak in die Nkandla-saak waartydens pres. Jacob Zuma ter elfder ure aangebied het om ʼn gedeelte van die staatsgeld terug te betaal wat aan sy privaat woning bestee is.
Die senior registrateursklerk by die konstitusionele hof het ʼn brief aan die partye in die saak gestuur, die Demokratiese Alliansie en die Ekonomiese Vryheidsvegters teen Zuma, om te sê dat die uitspraak om 10:00 gelewer word.
Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het bevind dat luukshede op staatsonkoste bygevoeg is tot die eiendom, soos ʼn swembad, hoenderhok, beeskraal en amfiteater, en dat dit nie as bykomende veiligheidskenmerke beskou kan word nie. Sy het Zuma aangesê om ʼn redelike gedeelte van die R216 miljoen terug te betaal.
Zuma het meer as ʼn jaar lank geweier om die geld terug te betaal, en die EFF en DA het hom en Baleka Mbete, speaker van die parlement, hof toe gesleep.
Lees alle vorige berigte oor Nkandla op Maroela Media.
Liewe hel, was die hoenderhok van goud of wat. Kan al daai goed so baie geld kos. Iewers het ‘n kontrakteur darem belaglike pryse gevra. Ook seker ma deel van een of ander soustrein!!!!
Ek hoop en vertrou die waarheid sal vandag seëvier. JZ het ons lank genoeg geteister en korrupsie het al aanvaarde praktyk geword.
JZ gee nie om wat uitspraak sal wees nie, want die Gupta,s sal seker betaal vir die deel waarvoor hy sal moet opdok. Hulle kry nie verniet hierdie staats kontrakte nie
Presies. JZ se skuld sal net deur die Guptas betaal word en verder gaan hy die kitaar slaan tot dat ons piesang republiek junk is.