Die Johannesburgse hooggeregshof gaan Vrydag uitspraak lewer nadat die ANC ʼn dringende aansoek voor die hof gebring het in ʼn poging om die DA te stop om ʼn teksboodskap oor pres. Jacob Zuma te versprei.
Die hof het Woensdag die twee partye se sake aangehoor en uitspraak is voorbehou. Klik hier om meer te lees.
Die ANC voer aan die SMS is in stryd met die Verkiesingswet en gedragskode. Die ANC wil hê die DA moet die SMS terugtrek, ophou om dit te stuur, en om verskoning vra aan die regerende party, of met R200 000 beboet word.
Die DA het gesê wat in die SMS staan is die waarheid.
Die SMS lui: “Die Nkandla-verslag bewys hoe Zuma jou geld gesteel het om sy huis van R246 miljoen te bou. Stem DA op 7 Mei om korrupsie te klop. Saam vir verandering.” – SAPA
Waarvoor moet dieDA. Betaal soek hulle geld vir kospakkies of om die skuld aftebetaal genade tog wat nog