Die konstitusionele hof het Dinsdag uitspraak gelewer in die hofsaak teen Vodacom deur ʼn voormalige werknemer wat beweer die Please Call Me-diens was sy idee.
Die hof het bevind dat Vodacom Nkosana Makate, die voormalige werknemer, moet vergoed vir sy idee.
Makate het in hofdokumente aangevoer dat hy in 2000 die Please Call Me-diens uitgedink het. Hy beweer Philip Geissler, wat destyds sy bestuurder was, het in ʼn mondelinge ooreenkoms belowe hy sal met Vodacom reël dat Makate vergoeding vir dié idee ontvang.
Die Please Call Me-diens behels dat gebruikers ʼn gratis boodskap van hul selfoon na iemand anders se foon kan stuur waarin die ontvanger versoek word om die persoon wat dit gestuur het te skakel. Volgens berigte het Vodacom ʼn aansienlike inkomste verdien met die idee aangesien die Please Call Me-boodskap dikwels tot ʼn oproep lei en daar ook advertensies in die boodskappe is.
Vodacom bestudeer intussen die uitspraak en het 30 dae om tot ʼn vergelyk te kom met Makate en op vergoeding te besluit.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
AHA!!! Uiteindelik sien Vodacom sy gat op een vlak ten minste!! Nou gaan hulle weer soos laasjaar by die bestaande verbruikers steel en ‘n eensydige kontrak verhoging aankondig om die ou te betaal!
Lekker man. Makate, as jy daai geld kry, Please Call Me.
Pragtig Ek is bly mense word betaal vir hulle werk en uitvindsels! Dit var net so lank!! Baie Geluk!!
As iets te goed is om waar te wees…. is dit nie, ek al soveel van die gekry? ek steur my nie aan die belowende sms.. want ek weet ek sal die geld nooit sien, my geld sal verwdyn… ”’ Nice try Mr nice guy…
Enige oomblik waar ‘n selfoonmaatskappy aan die pen gery word, is ‘n BAIE goeie oomblik!!