Hof sê: Vergoed ‘Please Call Me’-uitvinder

'n Voorbeeld van 'n Please Call Me-boodskap.

‘n Voorbeeld van ‘n Please Call Me-boodskap.

Die konstitusionele hof het Dinsdag uitspraak gelewer in die hofsaak teen Vodacom deur ʼn voormalige werknemer wat beweer die Please Call Me-diens was sy idee.

Die hof het bevind dat Vodacom Nkosana Makate, die voormalige werknemer, moet vergoed vir sy idee.

Makate het in hofdokumente aangevoer dat hy in 2000 die Please Call Me-diens uitgedink het. Hy beweer Philip Geissler, wat destyds sy bestuurder was, het in ʼn mondelinge ooreenkoms belowe hy sal met Vodacom reël dat Makate vergoeding vir dié idee ontvang.

Die Please Call Me-diens behels dat gebruikers ʼn gratis boodskap van hul selfoon na iemand anders se foon kan stuur waarin die ontvanger versoek word om die persoon wat dit gestuur het te skakel. Volgens berigte het Vodacom ʼn aansienlike inkomste verdien met die idee aangesien die Please Call Me-boodskap dikwels tot ʼn oproep lei en daar ook advertensies in die boodskappe is.

Vodacom bestudeer intussen die uitspraak en het 30 dae om tot ʼn vergelyk te kom met Makate en op vergoeding te besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Henk Venter ·

AHA!!! Uiteindelik sien Vodacom sy gat op een vlak ten minste!! Nou gaan hulle weer soos laasjaar by die bestaande verbruikers steel en ‘n eensydige kontrak verhoging aankondig om die ou te betaal!

Kobus Swanepoel ·

Pragtig Ek is bly mense word betaal vir hulle werk en uitvindsels! Dit var net so lank!! Baie Geluk!!

Cobus ·

Die regte persoon wat die call me back uitgevind het was n Mr kahn wat dit vir mtn gegee het en n jaar voor vodacom dit reeds geimplementeer het.

Gesiggie ·

As iets te goed is om waar te wees…. is dit nie, ek al soveel van die gekry? ek steur my nie aan die belowende sms.. want ek weet ek sal die geld nooit sien, my geld sal verwdyn… ”’ Nice try Mr nice guy…

Jean ·

Enige oomblik waar ‘n selfoonmaatskappy aan die pen gery word, is ‘n BAIE goeie oomblik!!

Griki ·

Ek was onder die indruk dat wanneer ‘n werknemer van ‘n maatskappy met ‘n idee vorendag kom wat tot voordeel van die maatskappy is, daardie idee die maatskappy s’n is aangesien hy die werker ‘n salaris betaal om ‘n diens aan hom te lewer? Maar hulle kan hom ten minste ‘n bonus daarvoor gee.

Cherokee ·

Dit is wat met my gebeur het toe ek ‘n patent ontwikkel het wat Goldfields miljoene rande bespaar. Ek is vertel dat ek dit nie buite die maatskappy mag bemark nie en het ‘n bonus ontvang.

Jo ·

Vra die kinders, weet self nie hoe werk please call me nie net bly ek kan dan kontak maak. Bly vir jou.

Cobus ·

Ja…..ja moenie alles glo wat julle lees nie……the please call me back is n jaar voor mr makate te kenne gegee het hy dit ontwerp, uitgevind en in gebruik geneem deur MTN. Die persoon wat die brein agter dit was is n meneer Kahn. So makate was nie eerlik in sy optrede en in die hof nie. Viva nuwe. Suid afrika ……..

Liewe heksie ·

Ek haat’please call me’ Daar word links en regs na my foon gestuur en as ek terug bel dan soek hul werk of moet ek dit ok sien as n nood situasie Regtig

Anoniem ·

Liewe Heksie – Hoekom terug bel na vreemde nommers…Sorry maar jou eie skuld as jy dit doen……..

Joe ·

Cobus dink jy nie vodacom se regsspan sou dit dan in hulle verweer voor die hof gebring het dat ene mnr Khan die entlike uitvinder van die please call me is nie? Sekerlik weet hulle daarvan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.