Hof sê weer nee vir Maimane oor skole

Mmusi Maimane in die hof. (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency)

Mmusi Maimane, voormalige DA-leier, mag nie die hooggeregshof se beslissing oor die open van skole in die konstitusionele hof betwis nie. Dié hof het Maimane se aansoek om verlof tot appѐl Woensdag geweier. Maimane was ontevrede oor die hooggeregshof in Pretoria se beslissing in Julie dat sy aansoek om skole weer te sluit, van die hand gewys is.

Maimane en sy nuwe organisasie, One South Africa Movement, het die aansoek gebring omdat hy van mening is dat dit gevaarlik is vir kinders om tydens die Covid-19 skool toe te gaan. Skole is wel aan die einde van Julie vir vier weke gesluit nadat onderwysvakbonde by die regering hierop aangedring het.

In sy uitspraak sê die volbank regters dat dit nie in dié stadium in die belang van geregtigheid is dat die saak deur die konstitusionele hof aangehoor word nie. Geen bevel oor koste is gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bernard ·

Wil die ou has been nie maar tot ruste kom nie? Raak vervelig

Debbie ·

Soos Saul in Die Bybel het hy sy geleentheid gehad en dit verbrou. Tyd om dit te aanvaar en by die huis te gaan sit. Gee die geleentheid vir die mense wat werklik omgee vir ons land en sy mense.

Hennie ·

Hy Mmmmmusi sy neus in hierdie saak gesteek het nie. Hy probeer po*p vir politieke punte! Loser!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.