Hof sê Woensdag oor al-Basjir

Omar al-Basjir, president van Soedan

Omar al-Basjir, president van Soedan

Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Woensdag sê of die regering mag appelleer teen die hof se beslissing dat hul versuim om pres. Omar al-Basjir van Soedan in hegtenis te neem, ongrondwetlik was.

Al-Basjir het in Junie die Afrika-Unie se beraad in Johannesburg bygewoon toe die Suider Afrikaanse Litigasiesentrum (SALC) ʼn hofaansoek gebring het om al-Basjir in hegtenis te laat neem op grond van die Internasionale Strafhof se lasbrief vir sy arrestasie.

Die hof het beveel dat al-Basjir in hegtenis geneem moet word, maar Al-Basjir het egter reeds die land verlaat. Die hof het hierna bevind dat dit Suid-Afrika verplig was om al-Basjir in hegtenis te neem en dat die regering se versuim om dit te doen, ongrondwetlik was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pop ·

Daar gaan dedels van kom. Zuma se dan nou al klaar die skurk is weer oppad hierheen. En ek weet nou nie van watter grondwet word gepraat nie. Die parlement weet ook nie. Want daar is nie een nie.

Jax ·

Tot ons ‘n internasionale mag op ons deurdrumpel het om sy soort te kom uitsnuffel. Daardie dag is nie meer ver nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.