Hof sit nou eers Maandag oor haarkappers

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Shari Sirotnak/Unsplash)

Die DA sal nou eers volgende week sy saak in die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad kan stel oor die voortgesette verbod op persoonlike versorgingsdienste soos haarkappers en skoonheidsalonne tydens vlak 3 van afsondering.

Dít nadat Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, versuim het om opponerende hofstukke in te dien, het Dean Macpherson, DA-LP en skaduminister van handel en nywerheid, Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Volgens Macpherson het regter Mark Sher nou die saak tot Maandag uitgestel wanneer ʼn volbank regters die saak sal aanhoor.

“Die regering sal ook die geleentheid kry om die heropening van die sektor te heroorweeg, waaroor ʼn besluit eerskomende Woensdag geneem kan word wanneer die kabinet vergader,” het Macpherson gesê.

Maroela Media het vroeër berig die DA wil die verbod op persoonlike versorgingsdienste ongeldig en ongrondwetlik laat verklaar.

Die party voer in hofstukke saam met die haarsalongroep Palladium Hair aan dat die verbod op persoonlike versorgingsdienste tydens die afsonderingstydperk onaanvaarbaar, irrasioneel en wederregtelik is. Palladium Hair bedryf verskeie haarsalonne in die Wes-Kaap en Gauteng.

Luidens die DA-hofstukke is die verbod op persoonlike versorgingsdienste in stryd met artikel 22 van die Grondwet wat alle burgers die reg gee om vrylik handel te dryf of ʼn beroep te beoefen wat deur die wet gereguleer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michael 1 ·

En wanneer oor diskriminasie wetgewing teen minderhede gebaseer op velkleur.

Boortor ·

Ons het net twee howe. Die uitstel hof en die appelhof. Teen die tyd dat die sake voorkom is die virus lankal vrek!

JohanR ·

Versuim het om opponerende hofstukke in te dien! Wat maak die ou dier heeldag? Suig aan ‘n pyp, of tel haar geld uit skelm sigaret verkoope!

Maritha ·

Ag tog. Nog ń week van NIKS inkomste nie. Ons mag nie UIF kry nie want ons werk slegs vir kommissie. LW ons betaal UIF! Vat die tannie met die kopdoek se salaris weg vir 3 maande, ek bedoel AL haar geld, dan sal sy seker verstaan. Ons werk slegs met EEN klient op ń slag EN ek staan AGTER my klient. Nou moet ons NOG ń week wag vir die ou vrou wat LAAAAANKAL moes aftree. Sy weet niks en het tien teen een niks meer hare nie!

Jacobus ·

Dié spul in bevel stel nuwe laagtepunte met betrekking tot goeie besluitneming. Alles word uitgestel – ek glo – net om te wys wie is baas. ‘n Voorbeeld hiervan was ‘n sekere mr Mhlango wat gesě het dat honger mense moet 48 uur wag sodat permitte vir voedselverskaffing uitgereik kan word. Vir bedrywe soos haarkappers wat meesal eenmansake is, is dié vertragings krimineel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.