‘Hof skep verwarring oor vuurwapens’

Argieffoto

Die VF Plus het gesê hy is teleurgesteld in die konstitusionele hof se uitspraak oor die hernuwing van vuurwapenlisensies aangesien dit groot verwarring skep vir vuurwapeneienaars.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, is van mening dat die hof nie net oor die geldigheid van artikels 24 en 28 van die Vuurwapenbeheerwet moes beslis het nie, maar ook prosedures moes neerlê om die chaos by die sentrale vuurwapenregister te oorkom.

Die konstitusionele hof se uitspraak Donderdag beteken dat vuurwapeneienaars wat nie betyds aansoek gedoen het om hul wapenlisensies te hernu nie, hul vuurwapens by die polisie moet gaan inhandig en aansoek doen vir vergoeding. Indien dit nie gedoen word nie, kan hulle vervolg word vir die besit van ʼn onwettige vuurwapen en tot 15 jaar tronkstraf opgelê word.

“Die hof moes in belang van vuurwapeneienaars die polisie aangespreek het oor die chaos by die sentrale vuurwapenregister,” het Groenewald gesê.

“Om ʼn persoon sy vuurwapen te laat verbeur bloot omdat hy laat aansoek gedoen het vir die hernuwing van sy lisensie is onbillik en ontneem die persoon van sy eiendomsreg. Hierdie beginsel behoort getoets te word aangesien ʼn persoon se motor nie verbeur verklaar word aan die staat indien die eienaar nie betyds sy lisensie hernu nie.”

Groenewald het gesê die uitspraak skep die indruk dat daar teen vuurwapeneienaars gediskrimineer word en dat hulle ontwapen word bloot weens ʼn administratiewe of menslike fout. “Die hoë voorkoms van geweldsmisdade soos roof, kapings en roof by woonhuise in Suid-Afrika laat die publiek geen keuse nie as om hulself te bewapen vir beskerming.”

Groenewald meen die onsekerheid laat talle vrae ontstaan soos of die ou lisensies steeds geldig is; of mense in hegtenis geneem sal word as hulle hul vuurwapens gaan inhandig; en watter waarborg mense het dat hul vuurwapens in besit van die polisie nie gesteel en in misdaad gebruik gaan word nie.

Groenewald het gesê hy sal die aangeleentheid by die parlementêre portefeuljekomitee van polisie op die agenda plaas om ʼn uitweg te vind om die proses behoorlik te bestuur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Chris Ws ·

Dankie Dr.Groenewald.U is die enigste party leier wat enigsins reageer .Laat mens wonder oor die ander . . . . . VF+ BO!

HELP ASB ·

Asseblief gaan vra die vraag. Dit is ontsettend dat mense in hierdie tyd waarin daar elke dag aanvalle op onskuldige mense is iemand kan penaliseer vir ‘n fout wat hy gemaak het om nie sy wapen se lisensie te hernu nie. Dit bly steeds sy eiendom .. hoe kan jy dit net wegvat. Hy was ‘n gelisensieerde wapen, dit is nie asof dit op die swartmark gekoop is of onwettig was nie .. simpel wette het dit nou onwettig gemaak. GAAN slaan toe op die plekke waar onwettige wapens is. HOEKOM word daar nou weer jag gemaak op wittes?

Johnnie ·

Net nog n manier om ons as blanks te ontwapen en ons in die tronke te kry, of wag hulle nou tot almal ontwapen is en dan moor hulle ons op hope uit.

Kerneels ·

DA is te bang on iets te se wat sal klink of hulle ‘n wit party is.

Clem ·

Die idee wat ek uit hierdie uitspraak kry is dat die Konstitusionele Hof meer agting het vir die onwettige wapenhouer, lees skelm, en geensins na die bree publiek se belang omsien nie. Dr Groenewald, u word hoog aangeslaan omdat u ten minste na die publiek se belang ook omsien. Daar is nie meer ‘n huisbraak waar die betreder nie gewapen is nie en op die trant wat wetsgehoorsame mense nou vermoor word mense kan ‘n mens nie anders as om jouself te bewapen nie. Ek stem met die hof saam dat wanneer ‘n mens verantwoordelik is is dit jou plig om jou lisensie geldig te behou deur hernuwing maar agv verskillende tydperke wat lisensies geldig is het dit my ontgaan om my vuurwapenlisensie vir my selfverdedigingswapen te hernu en “whalla”. Nou is ek onwettig en word onder dieselfde kamp geskeer as ‘n blatante krimineel met ‘n vuurwapen wat nog nooit in sy/haar naam geregistreer was nie. Wat van ‘n moratorium om die wat nou graag wil hernu die geleentheid te gee?

Elde ·

Dank aan Dr. Groenewald. Wet maak ook geensins voorsiening vir grasie en ‘n boete vir laat indiening soos in geval by motorlisensies, bestuurslisensies met opsie van tydelike lisensie tot perm. lisensie beskikbaar is en tv lisensies. Soos gesê motors word nie verbeurt verklaar en geneem nie, so ook verbeur mens nie jou bestuurslisensie nie en vat SABC ook nie jou tv nie want dis blatante diefstal. Ook maak die vuurwapenstelsel nie voorsiening om hernuwingskennisgewings en aanmanings uit te stuur nie.

Louisa ·

Het 89 dae voor my lisensie verval, begin met my aansoek met hernuwing van my wit kaart lisensie. Toe skielik word ek ingelig ek moet nou n certificate of competancy kry wat resultate toon. Ek betaal R1200 le toetse weer af. By die tyd is my aansoek laat. Nou is ek n krimineel wat 15 jaar tronkstaf moet kry. Hoe werk dit?

Kinnie Jacobs ·

Gaan hul vir my geliefdes sê dis omdat hul my wapen gevat het as ek vermoor word? Net maar nog n bejaarde se bloed aan ons land se “bewaarders” se hande?

SEUN34 ·

Plaas hulle die lisensie gee sonder vervaal datum, soos die groen lisensie. Hoekom moet hy elke 5 of 10 jaar hernie word? Dis mos nie n voertuig wat ingeruil word nie.

danie * ·

Oh! Hulle wil seker eers die WIT MAN ontwapen voor hulle grond onteien sonder vergoeding?

Ver links ·

@Danie, you may have a valid point and that was already under discussion. Firearms should be banned completely. The firearm register office knows exactly who are in posession and they have now time and the opportunity to hand-in the firearms without any damages. If the time expires and they has not complied as per the Judges outcome then they are illegal in posession and should be criminally charged. Too many innocent peoples lives are destroyed through firearms. It has been proven on America.

Phillie ·

@verlinks.
So you are happy that law abiding citizens are without arms to protect themselves while criminals have free access. Do you really think criminals are going to abide by the laws
What a nearsighted argument

Waggies ·

Ek dink jy sit die pot vêr mis vêr links. Vuurwapens is nie die probleem nie. Die probleem lê by die persoon wat misdaad voor oë het. Hy sal enige iets gebruik om sy doel te bereik. En nou ontwapen die wet die potensiële slagoffer van misdaad. Dit is mos nou duidelike onsin man. En bygesê, elke persoon het tog die reg om self keuses en besluite te maak of hy of sy ń vuurwapen wil aanskaf.

Ver links ·

@ Phillie, no there will be criminals from all colors that will have illegal firearms, but they should be hunted down and dealt with. Only the military and Police should be equiped with firearms. The Police is there to protect the citizens.

Skepties ·

Police stations get robbed and fire arms/riffles get stolen – what do you think will happen to firearms that law abiding citizens surrender? We obviously live in a different country than you do

Nikita ·

“The police is there to protect the citizens”…Hehehehe….eish Ver links I cant remember when was the last time I had such a lekker laugh like I just have now. What a funny joke…..ai jai jai jai jai!! Some of the police are criminals themselves. You cant even trust the police…well I dont, I rather protect myself

Elsie ·

I am sorry to say but the defence force is not capable to defend South Africa or the South African citizens. The police service is also quite questionable seeing that cash in transit robberies are keeping them busy, whether they are catching the terrorists or partaking in terrorist activities.

Jane ·

You are joking. There are more than enught criminal activities where policemen are involved. Now you told us we have to play ” Sitting duck”.

Msp ·

Jip, nou moet ek wat in n uiters gevaarlike plek op n plot bly my vuurwapen gaan inhandig net omdat ek nie elkedag die datum dopgehou het nie. Toe ek sien die datum het verval was ek dadelik polisiestasie toe. Hulle kon my nie help nie en het net gese ek moet wag vir die amnestie tydperk, nou hoor ek ek moet my wapen gaan inhandig. Dit sal beteken dat ek nou alleen op die plot waar mense onlangs vermoor is en waar daar op iemand laasweek geskiet is sonder enige wapen moet bly en myself as n ou mens moet blootstel aan kriminele. Ai tog, wat is volgende…

Marius ·

Kan iemand vir ons meer duidelikheid gee rondom die amnestie? Indien ek reg verstaan is daar dan nog nog n moontlikheid om weer vir jou lisensie aansoek te doen indien dit goedgekeur word?
Wat is daan ook die verskil tussen om vir n nuwe wapenlisensie aansoek te doen (wat jy kan kry) vs aansoek doen vir n wapen wat jy reeds besit?

Bert ·

Dankie dr Groenewald, dis liggies maar akkuraat gestel. Ons word eintlik nou deur ons eie “beskermers” wat hulleself nie eers kan beskerm nie, ontwapen. Statistieke oral in die wêreld is die bewys daarvan dat misdaad hand oor hand toeneem nadat die publiek ontwapen is met die leuen dat dit misdaad sal voorkom.

Nikita ·

Ons buurtwagte en huisalarmsisteem se patrollies is meer bevoeg as die polisie. Dat afriforum se buurtwagte die polisie se werk al vir hulle moet doen. Dankie aan hulle. Die polisie is veels te stadig en onbevoeg.

Koos ·

Dok Groenewald is die enigste wakker partyleier. So bly hy het die leisels oorgeneem. Dok Mulder het my grensloos geïrriteer as hy eers sy koppie so skuins kantel en begin praat…

Du Plessis, Marius ·

Vuurwapen verlede jaar ingehandig. Koop nou nuwe. Nou het my bevoegdheid sert saam met my ingehandigte wapen verval. En ek moet weer van vooraf sert gaan verwef @ongeveer R2 000. HET EK EGTER TWEE BESIT EN EEN INGEHANDIG EN WEER EEN BYGEKOOP. HET EK SLEGS MY BEVOEGTHEIDSSERT. van een in my besit gewys en dis daarvolgens goedgekeur. Die sertifk geld dan vir persoon en nie vuurw. nie.Teenstrydig ???

Cherokee ·

re ‘Die sertifk geld dan vir die persoon en nie vuurw. nie.’
Natuurlik Marius, geld die bevoegdheidsertifikaat vir die persoon en nie die vuurwapen nie. Dit is mos logies dat die kommernis nie is of die vuurwapen bevoeg is nie maar of die hanteerder daarvan bevoeg is. Ek het ‘n pistool en ‘n rewolwer dmv een bevoegdheidsertifikaat. Nie sertifikaat per wapen maar sertifikaat per persoon.

Marius ·

Kan n kenner asseblif help.
Waarom kan my vrou nie vir my wapen aansoek doen nie? Lisensie het verval.
Waarom kan ek vir n nuwe wapen lisensie aansoek doen maar nie vir bestaande wapen waarvan die lisensoeaansoek laat is?
Moet jy nou jou wapen inhandig tsv amnestie wat moontlik kan volg?
Ek hoor graag van u.

Reguit (Straight-forward) ·

Hey there my wonderful friend called “Vêr Links”. Good man. Yes yes yes.

You know, I am huge fan of your genius writings. Your remarks are so predictably brilliant. I fully agree with you. The Azanian Police & Defense Force are the best in the world; and truly they should be the only ones holding a firearm (…or RGP, or the trigger of a 30mm anti-aircraft cannon, etc…) in their crafty capable trembling hands.

They also never sleep on duty; are never lazy; always fit; never overweight, always honest, never biased, never take part in criminal activities; and are always trustworthy and competent. All of us can vouch for that. wink, wink…;) ;)

And of course only “racists” don’t agree with the above. ;)

Furthermore, not only should all private firearms be banned in Azania, but also should all knives; because more people are killed with knives than with firearms. And also motor vehicles should be totally banned, because motor vehicles kill more people than firearms and knives combined. Now that is a brain twister. ;)

So, indeed, together with you, I plead for a safe and prosperous Azania. ;)

……..while I sit here safely overseas. :)

Antiestabliesment ·

@Reguit

Ek weet nie of sulke sarkasme enigsins iets aan Ver-Links sal doen nie. Die krimineel (Ver-Links) is daarop uit om mens die donder in te maak. Dit is ‘n troll wat ge-ignoreer moet word. Ek het self ‘n paar keer amper my vingers op die sleutelbord geplaas om hierdie irritasie iets te vertel.

Beste medisyne is om die drommel te ignoreer. As hy nie reaksie kry nie sal hy later ophou.

Aan die ander kant. Sy skrywes kan egter as uiterste sarkasme beskou word. Dit is waarskynlik ‘n boertjie wat sy breekpunt bereik het en nou op sarkastiese manier aan die ander lesers probeer wys wat eintlik aan die gebeur is.

Dus, aan almal. Lees Ver-Links se “briljante skrywes” as ‘n satire en weet dit is wat die magte in beheer eintlik beplan. Moet net nie reageer nie.

Cherokee ·

Ek het ‘n te lang brief geskryf wat ek nie kon pos en gaan my sê nou sê in enkele woorde. 4 Jaar gelede het ek my lisensie hernu sonder enige drama benewens die feit dat dit meer as ‘n jaar na vervalling was. Ek glo die vuurwapenbeampte by *sommige* polsiestasies neuk rond. Vuurwapenbeampte by ‘n polsiestasie mag nie lisensie afkeur. Dit is nie deel van hul bevoegdheid. Natuurlik kan hulle adviseer. En as dit hoër op afgekeur word, en geappèleer word, WORD DIT GEWOONLIK AANVAAR EN DIE AFKEURING WORD GEKORTWIEK! Ek moes dit wat ek in my laaste sin gesê het, vroeër vertel het. Ek hoop al die deelnemers lees steeds hier. Die vuurwapenbeampte (Indiër) het heel verbaas gesê “your licence expired more than a year ago!” en ek het geglimlag, saamgestem en ‘n geskrewe (oftewel getikte) rede vir nalating ook aan hom oorhandig. Enkele weke later het ek epos ontvang vanaf dieselfde beampte wat verskoning vra dat dit so lank geneem het (drukker buite werking gewees) en sê dat my hernude lisensie by die polisiestasie wag om gehaal te word. Ek het na sy kantoor gegaan en hom gekomplimenteer vir goeie, hoflike en vriendelike diens. ONTHOU>>> as jou lisensie afgekeur word, appèleer en die appèl sal waarskynlik in jòu guns besluit.

pieter ·

Hierdie is duidelik ‘n aksie om blankes te ontwapen. Die Grondwethof is soos die Menseregtekommissie deur die ANC gekaap. Geen geloofwaardigheid!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.