Regter Ashley Binns-Ward het Woensdag in die guns van die stad Kaapstad beslis toe sy die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se projek tersyde gestel het. Die regter het ook die minister van vervoer se besluit in 2008 om dele van die N1 en N2 as tolroetes te verklaar, tersyde gestel.
Dit beteken indien Sanral met die tolprojek wil voortgaan, die hele proses van voor af moet begin.
Die voorgestelde tolpad op die N1 sou strek van die R300-wisselaar in die weste tot by Sandhills en op die N2 van die R300 tot by Botrivier. Volgens ʼn diagram op Sanral se webwerf, sou 106km van die N1 en 70km van die N2 deur die projek geraak word indien dit sou voortgaan.
Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het die uitspraak as ʼn oorwinning vir alle Suid-Afrikaners beskryf. Sy het gesê die stad Kaapstad het uit sy pad uit gegaan om al die bewyse aan die hof te verskaf, onder meer dat Kaapse tolgebruikers drie keer meer as motoriste in Gauteng sou moes betaal, teen 74 sent per kilometer.
Hulle dink hulle kan alles regkry.. Mooi so KAAPSTAD!!!!!!
Yes yes yes!!! Dki Patricia deLill. Kaapstad is gered van onheil!!!!
Mooi so Kaapstad
WHOOP WHOOP!!
Vat so jou katvis
Dis fanfabulous nuus!!! Whoop whooop
Ek was nogal `n ondersteunder van die anti-E-Toll inisiatief tot ek met Mnr Wayne Duvenhage van OUTA gesels het. Almal is baie bekommerd oor die koste maar toe ek Wayne nader om ook die koste van Bakwena aan te spreek was sy woorde ” It is our opinion that your community there needs to tackle the Bakwena toll plaza issue.” Intussen was motoriste wat geweldig hoë koste betaal vir die Bakwena stelsel goed genoeg om petisies en steun se verskaf aan sy doel maar toe dit nie sy sak raak nie toe is ons nie meer deel van sy “community” nie. Kaapstad huil oor 74c/km terwyl Bakwena tot R1.10 per kilometer hef. Aangesien ek Sanral baie selde gebruik sal ek voortaan geen steun aan OUTA en ander instansies gee nie aangesien niemand die “community” in die Noorde van Pretoria wil bystaan nie. (Terloops, Bakwena het ook geen maksimum bedrag per maand nie. Om studente by die universiteit te kry en by die kantoor te kom beloop soms tot R1,000 per maand)
Die tolhekke by Zambezi en Stormvoel afritte is rerig stupid gelee – dit is reg in die middel van baie besige residensiele areas. Mnr. Duvenhage kan nie al hierdie sake aanneem nie – kan ‘n mens nie raadslede of besigheidleiers of gemeenskapleiers in daardie omgewing nader om ‘n projek teen Bakwena te loots nie?
Waarom was dit so maklik deur gevoer hier by ons in Gauteng? Omdat die verdomde anc aan bewind is hier?? Geluk Patricia. Looi hulle!!
Great iemand wat SANRAL in die bek geruk het. Ek wens in GP dat daar ook iemand is wat op hulle agterpote kan staan en se genoeg is genoeg ons soek nie die scrap metal oor ons paaie nie. Maar weereens wys dit jou wie in GP bewind is.
Goed beter puik PUIK! GEE HULLE KOUE SKOUER. Nou soek hulle weer ander redes.
Ons betaal genoeg belastings wat word van die fondse ?? , vermors . Baie geluk aan almal wat deel was/ is van die sukses .
Ek voel bly saam met die mense van Kaapstad maar weet net dat die tydelike terugslag vir Sanral beteken dat ander loopholes en agterbaksheid vorentoe weer gaan kop uitsteek.Die drywers van die saak is meedoenloos dit is net die begin van n lang proses.
My hart bloei vir julle in Gauteng maar julle wil mos anc stem
Demokrasie is mos wanneer 2 wolwe en ‘n skaap stem wat hulle vir aandete gaan kry. Demokrasie is nie wanneer jy die reg het om te stem nie. Die wit bevolking het net 2% van die stemme.
Ons almal het nie anc gestem nie
Ja lekker vir die Kaap maar wat van ons Gautengers wat maar net moet betaal en betaal en betaal…
Anton ek stem vir seker nie ANC nie. Onregverdig van jou om so ‘n aanmerking te maak.
Baie interesant hoe Sanral aanhou, dink seker meskien val die Kaap se mense vir die truuk. Gauteng het bewys dat dit nie werk nie.
Baie geluk aan die Kaap nou moet ons hier in Gauteng by die Kapenaars gaan leer hoe om ook van ons e-tolstelsel ontslae te raak of dalk maar die EFF bietjie steun en aanmoedig om van die monsteagtige staalstrukture ontslae te raak
Baie geluk Kaapstad! Maar onthou, staan sterk, hulle gaan aanhou en aanhou probeer!!!! Miskien moet iemand in ou Julius se ore fluister dat wanneer hulle so toi toi, in plaas van skole en klinieke wat dienste verskaf, vernietig moet hulle eerder daai staalmonsters gaan vernietig!
Indien Sanral geld nodig het, hoekom verhoog hulle nie net nasionaal voertuig lisensie geld met byvoorbeeld ‘n 10℅ heffing nie. Dan is dit nie nodig om miljarde se geboue en strukture op te rig en miljoene aan ‘n buitelandse konsortium te betaal nie. Daar is ook nie addisionele personeel uitgawes nie. So sudsidieer almal oor die land die padfonds en nie net sekere gebruikers nie.