Hof staan interdik toe; vries SAPD-pos

polisie 2Die arbeidshof in Johannesburg het ten gunste van die vakbond Solidariteit en lt.kol. Adolf Arendt beslis en gelas dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ‘n pos wat Arendt nie gekry het nie omdat hy wit is, moet vries.

Die interdik is toegestaan hangende die beregting van ʼn onbillike diskriminasie-saak wat Solidariteit namens Arendt voer. Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het weereens sy teleurstelling oor die SAPD se vermorsing van belastinggeld in die navolging van sy ideologie van rasseverteenwoordigendheid uitgespreek.

Groenewald meen dit is duidelik dat Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, telkens die SAPD se foute herhaal. “Solidariteit het reeds verskeie ander soortgelyke sake teen die SAPD suksesvol aangepak. Ten spyte hiervan gaan die SAPD blindelings voort met sy gebrekkige rassetransformasie. Kommissaris Phiyega se optrede druis boonop lynreg in teen die beginsels wat reeds deur die hoogste hof van appèl in die Renate Barnard-hofsaak beslis is”, sê Groenewald.

Volgens Groenewald is lt.kol. Arendt, ten spyte daarvan dat hy deur ʼn indiensnemingspaneel vir drie vakante poste in die departement as die beste kandidaat geïdentifiseer is, weens sy ras afgekeur omdat wit mans glo in dié spesifieke departement van die polisie oorverteenwoordig is.

Die paneel wat lt.kol. Arendt vir die posisies geëvalueer het, het bevind dat, hoewel sy aanstelling nie diensbillikheid sou bevorder nie, dit beslis dienslewering in die departement sou bevorder. Die paneel het die nasionale kommissaris van die SAPD, Riah Phiyega, ingelig dat Arendt se aanstelling dienslewering sou bevorder aangesien hy ʼn volledige begrip van die spesifieke departement se werksaamhede het.

Kommissaris Phiyega het egter beslis dat lt.kol. Arendt se aanstelling nie diensbillikheid in die departement sal bevorder nie en het daarom versoek dat die poste weer geadverteer moes word.

“Solidariteit wil met die dringende interdik teen die polisie verhoed dat die enigste oorblywende vakante pos uit die drie waarvoor lt.kol. Arendt aansoek gedoen het, gevul word en dat daar verder onbillik teen lt. kol. Arendt gediskrimineer word,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wessel ·

Mense jul besef nie wat aangaan in die polisie nie daar is lede laer af op grondvlak soos hul sou se wat 14 tot 20 jaar al die selfde range het slegs oor hul kleur van vel sersante wat nie poste kan kry nie want daar is te veel adjudant offesiere maar tog word daar vir ander kleur vel poste geskep of net gegee so ook met kapteine hou my asb anoniem ek is self n dienende sersant van 20 jaar diens 14 daarvan in my huidige rang ek is n polisie man gebore, opgelei, nie in n pos aangestel as politieke plasing nie ons het Generale staf wat nie weet wat aangaan op die grond nie hoe stel jy iemand aan en gee hom of haar n rang n uniform waarop hy of sy moet trots wees om te dra maar hul verstaan nie hoekom nie of waaroor die jare se swoeg sweet en ondervinding gaan nie hoe ly jy n polisie diens as jy nooit n vinger geroer het om daar te kom nie jy weet nie wat dit is om n polisie lid te wees nie maar jy wil besluite maak oor die wat jare se ondervinding het ag aseblief dis hoekom die polisie is waar hy is selfs oud president Mandela het gese hou politiek uit die polisie n land kan net gemeet word aan die sterkte van sy sekuriteits magte. Hoekom doen niemand n navraag oor sersante wat die laaste 5 jaar van bevordering oorgesien is net omdat daar te min sersante is konstabels is bevorder na sersante adjudant offesiere na luitenante en of kaptein poste maar niks is aangebied vir die sersant na adjudant offesiere toe nie. Ja hasl erk blanke man se poging aan in jou koerant en dit maak opspraak soek en jy sal nog 20000 kry wat slegter af is as dai offisier wat n pos wil he. Solidariteit dis tyd dat jul wakker word en besef die groot vissies daar bo maak nie alleen die wielle draai nie. Dis die range onder wat die fondament is wat elke dag afgebreek word gaan kyk bietjie die statestiek oor hoeveel polisie lede bedank elke dag oor daar nie bevordering is nie elke jaar word daar net gese daar is nie geld nie geen bevordering of nuwe innames. Mense vee die slasp uit jul oogies nog 10 jaar van verloor van bekwame polisie onder op grond vlak en jy gaan net big chiefs oor he wat vir mekaar kyk en wonder hoe word dit gedoen. Hoe nou gemaak. Wat se die wette. Oe oe ek kanie my handjies vuil maak nie kom ons hou die selfde vergadering net onder n ander naam. Hopeloos genoeg teen wind baklei die manne is nie meer gemotifeerd nie hoekom nie vra jul waar voor werk ons o ja geen bevordering verhooging n gekerm van publiek n geneul van offesiere, maar as die werk gedoen moet word dan druk ons maar op hul knoppies hul weet hu en sal spring as ons vra. Offesiere kyk na jul fondamente swart of wit maak nie saak nie anders gasn jul huis van kaarte en glas baie vinnig val. Gebore Polisie lid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.