
Oudpres. Jacob Zuma se regspan vra toestemming om verlof tot appèl teen ‘n uitspraak wat hom beveel om die res van sy tronkstraf uit te dien. (Foto: Jerome Delay/AFP)
Die hof sal oudpres. Jacob Zuma se appèl teen die besluit om hom terug tronk toe te stuur, Dinsdag om 10:00 aanhoor.
Die Jacob Zuma-stigting het dié nuus Saterdagmiddag op Twitter bekendgemaak.
Luidens die verklaring wat deur die stigting uitgereik is, is daar egter ʼn “ernstige probleem met die beskikbaarheid van Zuma se regspan”.
“Nietemin, sy regspan besef dat dit in belang van die land is dat die saak so gou moontlik aangehoor word en hulle sal dus alles in hul vermoë doen om by dié datum te hou.”
Verskeie Twitter-verbruikers het hierop gereageer deur daarop te wys dat Zuma, as die applikant, geen sê in die datum van die verhoor het nie en hom moet beskikbaar stel vir enige datum wat die hof voorstel.
Ander het gereken dat dit dalk nóg ʼn uitsteltaktiek kan wees. Zuma bly uit die tronk solank as wat die appèlproses duur.
Die hof het Woensdag beslis dat Zuma se vrylating op mediese parool onreëlmatig was en dié besluit ter syde gestel. Die hof het voorts beveel dat Zuma moet teruggaan tronk toe om die res van sy tronkstraf uit te dien. Die tydperk wat hy op mediese parool vrygelaat was, mag boonop nie deel vorm van die 15 maande tronkstraf wat die Konstitusionele Hof hom vroeër vir minagting opgelê het nie.
Zuma het dieselfde dag nog aangedui dat hy teen dié besluit sal appelleer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
34 Kommentare
Hoe lank gaan dit nog sloer? Is die hof dan onkapabel om ‘n besluit te maak en om daarby te staan?
Wonder wie betaal die man se hofsake en spelle regtig dis net een op die ander en moenie sê sy regs mense werk verniet nie
Jakkals….
SA het geen regstelsel. PUNT!
Hoekom het die hof nie bepaal dat hy nie mag appelleer nie? Hulle moes geweet het dus wat hy gaan doen. En die hof kan hom nou maar tronk toe stuur sonder dat hy teenwoordig is. Wanneer wou dan nou weer hof toe gegaan het? Skelm ou….!