Hof steek stokkie voor Air Chefs-werkers se beoogde staking

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Die arbeidshof het die maatskappy Air Chefs se dringende hofaansoek, dat lede van die metaalwerkersvakbond Numsa verbied word om te staak, toegestaan.

Die maatskappy verskaf onder meer die maaltye wat op vlugte bedien word, asook die verversings in lughawesitkamers en maaltye vir werkers.

Numsa-lede wou vanoggend begin staak om hul ontevredenheid te kenne te gee omdat die maatskappy sy herdenkingsbonusse aan werkers glo eensydig onttrek het. Numsa voer aan dit is deel van werkers se indiensnemingsvoordele.

Air Chefs het hom egter Sondag tot die hof gewend om werkers te verhoed om te staak. Sy aansoek was suksesvol. Sou Numsa dus voortgaan met die staking, sal dit onwettig wees.

“Die hof het gesê ons moet op 27 November terugkeer om aan te voer waarom die tussentydse bevel nie permanent gemaak moet word nie,” het Phakamile Majola-Hlubi, Numsa-woordvoerder, gesê.

“Ons bestudeer die uitspraak en hoop dat wanneer ons in November na die hof terugkeer, ons die besluit kan laat omkeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Air Pap&Runaways ·

Sal nou daardie vlugte vermy of my eie kosblik saam neem. Weet mos wat maak hulle wanneer hulle nie hul sin kry nie….. soos in: wanneer daai kossies “lekkerder” gemaak word weens spitefulgeit……. nes met Spur, KFC en McD……

koos ·

Maaltye vir werkers. Heerlik. Ek hoop my werkgewer neem kennis.

Dries ·

Jaag die goed weg en kry klaar die unies regeer mos die land ou cr was mos n groot kop by numsa hy het hulle die maniere geleer

sweis ·

Ek glo sou kfc werkers wou staak sal die hoogste hof in SA hulle onmiddelik stop en die uitspraak met die hulp van hulle polisie en weermag afdwing lol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.