Hof steek stokkie voor Amazon se Kaapstad-kantoor

Die Kaapstadse hooggeregshof het Sondag konstruksiewerk opgeskort vir Amazon Afrika se hoofkantoor. Inheemse groepe sê die grond is heilig.

Die hof het die eiendomsontwikkelaars beveel om “betekenisvolle gesprekke en konsultasie” te voer met ʼn Khoisan-groep wat dit as erfenisgrond beskou, die perseel van hul vroeë weerstand teen Europese setlaars in 1510.

Konstruksiewerk het reeds op die projek van R4 miljard begin, geleë op ʼn perseel wat vroeër ʼn gholfbaan was.

“Die fundamentele reg tot kultuur en erfenis van inheemse groepe, hoofsaaklik die Khoi en San Eerste Nasies, is onder bedreiging in die afwesigheid van behoorlike konsultasie,” het die hof in ʼn uitspraak gedateer 18 Maart, maar wat eers Sondag vrygestel is, gesê.

Die uitspraak erken dat verskeie Khoisan-groepe die projek ondersteun het nadat die ontwikkelaars ingestem het om ʼn erfenis-, kulturele- en mediasentrum te bou wat deur inheemse groepe bestuur sou word.

Die Goringhaicona Khoi Khoin- tradisionele raad en ʼn buurtvereniging het egter die Wes-Kaapse hooggeregshof versoek om konstruksiewerk te laat staak.

Amazon is nie self in die saak genoem nie.

Stadsowerhede het verlede jaar die oprigting van ʼn nege verdieping hoë sake- en residensiële kompleks goedgekeur. Die kantore sal vloerspasie van 70 000 m² verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

fs ·

ag regtig – Amazon skryf tog net ‘n groot genoeg tjek vir die ANC kader wat hieragter sit en choef chaf gaan al die voorvader geeste tevrede wees en rustig slaap onder jul konstruksie… regtig nou mense dit gaan net oor ‘n paar miljoen dollar in die regte sak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.