Die vakbond Solidariteit het die hof verlede week met ʼn dringende aansoek genader om ʼn interdik teen Telkom se beplande herstrukturering en afleggings te bekom. Dit volg nadat Telkom ’n ooreenkoms oor herstruktureringsprosesse wat hy in 2008 met vakbonde aangegaan het, verontagsaam het.
Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, het gesê regter David Gush het in sy uitspraak beveel dat vakbonde binne vyf dae ʼn geskil na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) moet verwys om die interpretasie en toepassing van die ter sake kollektiewe ooreenkoms uit te klaar. ’n Kostebevel is ook teen Telkom gemaak.
“Die hofbevel stuur ʼn duidelike boodskap teen onbillike herstruktureringsprosesse uit,” het Kruger gesê. “Hierdie uitspraak is ʼn oorwinning vir Telkom-werkers wat gereeld aan herstruktureringsprosesse onderwerp word. Solidariteit sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat Telkom by die hofbevel hou en dus die regte prosedures volg.”
Volgens die ooreenkoms wat Telkom in 2008 met vakbonde aangegaan het, moes die maatskappy met vakbonde vergader en tot ʼn vergelyk kom alvorens die maatskappy met ʼn herstruktureringproses mag begin. Hoewel vakbonde op 19 Junie ʼn geskil met Telkom oor die beplande afleggings verklaar het, het Telkom voortgegaan om op 22 Junie ʼn art. 189-afleggingskennisgewing aan vakbonde uit te reik.
Volgens Telkom se huidige herstruktureringsproses kan tot soveel as 4 400 werknemers afgelê word, terwyl ʼn verdere 3 200 na ander maatskappye verplaas kan word.
Baie dankie aan Solidariteit wat Telkom personeel bygestaan het, en sterk standpunt inneem teen onregverdige praktyke.
Hoop telkom hoor die telefoon wat lui.
Dis ook hulle wat tel.rek’s uitstuur om jou te bereik nét voor- of ná die betaaldatum sodat daar elke maand rente is.
Dis goed om te hoor ,maar soos ek Telkom ken is hulle net tydelik gestop,Telkom se tyd is verby maar met beter bestuur kon ons nog lank besigheid gedoen het.Wie weet dalk maak ons dit nog.
Eish! Julle weet niks. Telkom moet profit wys. Ons maak soos al die anner guvment departments. Verkoop alles, even die Telkom Towers, dan wys ons mooi profit. As daar problems kom sal ons hulle fix met nuwe appointments en guvment loans.