Hof toe ná dogter sonder toestemming ingeënt word

Foto: Voisin/Phanie/Rex Features

Foto: Voisin/Phanie/Rex Features

ʼn Ma van Gauteng dagvaar die departemente van onderwys en gesondheid nadat haar dogter ʼn servikale kankerinenting sonder haar toestemming toegedien is, het die Sowetan Woensdag berig.

Die vrou se negejarige dogter is onlangs van die skool af huis toe gestuur nadat sy gebraak en diarree gekry het nadat sy teen die menslike papilloomvirus (HPV) ingeënt is.

Haar dogter moes ʼn week lank in die hospitaal behandel word.

Twantso Melato, die prokureur wat die ma en haar dogter verteenwoordig, het bevestig dat regstappe ingestel is.

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het die HPV nasionale inentingsveldtog in Maart vir graad 4-leerlinge in openbare skole van stapel gestuur. Hy het destyds gesê dit is ʼn poging om die negejariges te beskerm teen servikale kanker wat hulle moontlik oor 20 jaar kan opdoen.

Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê die departement het nog nie ʼn dagvaarding van die vrou se prokureurs ontvang nie.

Die departement van gesondheid het nie op die Sowetan se navrae reageer nie.

Lees vorige berigte oor die entstof hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Patat ·

Dagvaar hulle vir miljoene! Dit behoort móóntlik vir hulle ‘n les te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.