Hof verduidelik Bobani-besluit

Retief Odendaal, Athol Trollip en Bobby Stevenson in die hof. Foto: ANA.

Mongameli Bobani van die United Democratic Movement (UDM) bly die burgemeester van Nelson Mandelabaai nadat die DA en sy koalisievennote, Cope en die ACDP, se aansoek Donderdag in die Port Elizabeth se hooggeregshof misluk het.

Die DA en sy koalisievennote het versoek die hof moet beslis dat die besluit wat op 27 Augustus geneem is tydens die raadsvergadering waartydens Athol Trollip uit sy pos as burgemeester verwyder is, moet ter syde gestel word. Die DA moet nou pa staan vir die koste van die aansoek.

Die hofgeding het gefokus op ʼn tegniese aspek rondom Victor Manyati, DA raadslid, se partylidmaatskap nadat hy in die openbaar gesê het hy gaan bedank. Die nuwe regering in die Baai [die UDM, ANC, UF en die ANC met die ondersteuning van die EFF] het daarop aangedring dat daar ʼn kworum van 61 raadslede was om voort te gaan.

Die DA het uitgeloop en aangevoer daar is nie ʼn kworum nie aangesien Manyati se lidmaatskap onmiddellik gestaak is toe hy sy publieke uitlatings gemaak het.

Die hof het verwys na “foute in die politieke besluitneming van die DA”. Regter Huisamen het in sy uitspraak gelas dat die DA, in terme van sy eie grondwet, die reg wat verseker dat elkeen van sy lede geregtig is op ʼn regverdige proses, oortree het.

“In soverre die DA volgehou het met sy stelling dat Manyati se lidmaatskap geëindig het met die verdaging van die raadsvergadering op 27 Augustus 2018, lyk dit my dat die beginsels van natuurlike geregtigheid skaars, indien enigsins, deur die DA waargeneem is,” het Huisamen gesê.

Volgens Huisamen het die DA voorts besef dat sy impromptu beëindiging van Manyati se lidmaatskap tydens die middagete-pouse van die raadsvergadering voortydig was. Hy het gesê die DA se interne dissiplinêre dokumente dui duidelik aan dat sover dit die DA betref Manyati se lidmaatskap as ʼn DA raadslid amptelik geëindig het een dag nadat die vergadering plaasgevind het.

“Die DA moet voorts, en in elk geval, ten volle bewus wees van die bepalings van sy eie grondwet wat op 27 Augustus 2018 ʼn beëindiging aan Manyati se lidmaatskap sou maak sonder enige voorafgaande kennisgewing aan hom en sonder om hom ʼn geleentheid te bied om sy saak voor te stel.”

Die hof het gelas dat daar op die dag waarop Trollip verwyder is, ʼn kworum was en dat Manyati aangebly het as die verkose raadslid van die DA.

Die hof het gelas dat die DA se beëindiging van Manyati se lidmaatskap onwettig was en nie strook met die Patricia de Lille-uitspraak nie. “Daar was daarom feitelik nie ʼn vakature op enige stadium tydens 27 Augustus 2018 nie en aangesien daar geen vakature was nie, was daar ʼn kworum van 61 raadslede.”

Oor die kwessie rondom Johan Mettler, die stadsbestuurder, het hy toegegee tot ʼn fout wat hy gemaak het deur ʼn vakature terug te trek wat hy vroeër verklaar het. Nog ʼn fout aan Mettler se kant was sy versuim om terug te keer na die vergadering nadat hy ingelig is dat die vergadering ten alle wesenlike tye ʼn kworum gehad het.  Die hof het gelas dat Mettler homself onbeskikbaar gestel het deur nie sy foon te beantwoord nie en te weier om terug te keer na die lokaal.

Huisamen het gesê LUR Fikile Xasa het reg opgetree deur ʼn senior beampte te stuur om die vergadering te lei. Buelwa Mafaya, speaker van die ANC is tydens die vergadering verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

willie ·

Ja nee wat donkies, osse, perde en meule kan nie as ñ span saam trek nie!

Jaco Alberts ·

Neem asb “before and after” fotos van NM BAAI en sy omgewing…die nabye toekoms in die hande van die onbevoegde, sal leer……

Mrs H ·

Aaijaaijaai…die eier op die gesig kan so onaangenaam wees. Sal graag by VF+ hou.

Johan ·

Het geweet dit sou so uitdraai. Die mense wat nog glo enige hof in Sa is regverdig moet die slaap uit hul oë gaan was.

vissie ·

Ja nee DA wat n blaps. Kan nie glo n party wat veronder stel is om ten minste hul eie reels te gehoorsaam sulke blapse kan maak nie…hoogmoedigheid? trotsheid?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.