Hof verplig US om taalbeleid toe te pas

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Die Kaapse hooggeregshof het Donderdag die dringende tussentydse interdik wat AfriForum Jeug op 11 Maart teen die Universiteit van Stellenbosch (US) bekom het, bekragtig.

Regter Kate Savage se uitspraak verplig die US nou om sy taalbeleid en -plan sowel as die taalspesifikasies wat in die 2016-jaarboek gepubliseer is te implementeer.

Dit volg nadat AfriForum Jeug vroeër vanjaar ’n hofaansoek teen die US gebring het nadat dit aan die lig gekom het dat die US homself nie aan sy eie taalbeleid onderwerp nie. Dié beleid bepaal dat Afrikaans en Engels gelyke status as onderrigmediums moet geniet.

Bernard Pieters, AfriForum Jeug se Maties-kampuskoördineerder, het gesê die US het op 20 Februarie vanjaar ’n raadsbesluit geneem dat dié taalbeleid buigsaam toegepas kan word. Dit is ook in die aanvanklike hofaansoek betwis. Die universiteitsraad het die besluit egter op 9 Mei herroep in die lig van die organisasie se aansoek.

“Ons is baie tevrede met die uitspraak,” het Pieters gesê. “Ons sal nietemin steeds waaksaam wees en verseker dat die US die korrekte, regsgeldige prosedure volg. Ons sal met ons veldtog aanhou om te verseker dat Afrikaans nie as onderrigtaal aan die US afgeskaf word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Cobus ·

Baie geluk. Julle moet egter “uiters” waaksaam wees. Julle weet waarmee julle te doen het

Otter ·

Dankie Afriforum Jeug. Mag dit in die geskiedenisboeke aangeteken word as deel van die volgehoue stryd om die behoud van Afrikaans.

Kaspaas ·

Dit is hoekom ek by Afriforum aangesluit het – waarde vir geld.

wynand ·

Hoop die spulletjie by US het n les geleer.Kan nie glo die “geleerde” wim kon so “slim” wees om met sy eie kop voort te gaan nie.Dankie Afri en baie geluk.Dit is n blye dag!!

Elizabeth ·

Baie geluk Afri-jeug. Julle maak ons trots en meer Suid-Afrikaners hoort by julle aan te sluit en ‘n paar rand bydra maandeliks. Die gelde word baie goed aangewend.

jaco ·

Dis pragtig maar dit gaan nie lank hou nie. In Zimbabwe het wit boere ook eers hofsake gewen toe Mugabe se regering hulle plase wou afvat. Later het Mugabe eenvoudig ander regters aangestel wat sy beleid konsekwent uitgevoer het.
Hou op moan oor nonsens soos taal. Maak liewer hofsake teen affirmative action, steeds stygende petrol en kospryse, incompetent polisie ens ens.
En wees bly alles word met Engels vervang. WAT het al hierdie moaners oor die miskenning van Afrikaans gemaak as alles met Zulu of Tswana vervang is?

Rupert Ashford ·

Wat is nou die waarheid? Die ouens wat die nuus vir 24 uur verskaf in Ingels se dan Afriforum jeug het hulle klagte teruggetrek en Stellies gaan voort met hulle taalplan?

Ada ·

Wat gaan aan? Ek lees nou net op News 24 dat Afri die saak teruggetrek het en dat US kan voorgaan soos hulle wil met met die Taalbeleid? Wat is waar? Maroela sal julle asb vir ons dringend bevestig of julle berig waar is en of news 24 se berig waar is?
hoor graag van julle!
Dankie
Ada

Sarie ·

Dit is ‘n wonderlike hofuitspraak, iets wat defnitief moet gebeur, maar Afriforum en die Afrikaanse studentegemeenskap sal wakker moet wees want ons weet nou al hoeveel beteken hofuitsprake in hierdie land van ons. Dit is net my dinges se deksel aan die ander klomp word daar elke dag gese die Grondwet waarborg jou reg op onderwys in jou moedertaal maar die arme Afrikaanse student en skoliere se grondwetlike reg op onderrig in hul moedertaal beteken net mooi niks nie. Ek hoop Afriforum se wagte op die kampus gaan op hulle tone wees

Magriet ·

Dankie dat daar mense is wat nog ware Afrikaners is en vir ons taal veg.

verward ·

Geliefde lesers hierbomNews 24 se n ander storie.Hulle praat dat US kan voortgaan en dat Afriforum onttrek het.Verstaan ek reg? Se my ek verstaan verkeerd and make my day!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.