
Adv. Busisiwe Mkhwebane (Foto: ANA)
Die hooggeregshof in Pretoria het vanoggend die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se verslag oor die omstrede Estina-suiwelprojek by Vrede in die Vrystaat ter syde gestel.
Die hof het in sy uitspraak gesê die verslag is “hersien, ter syde gestel en onwettig, ongrondwetlik en ongeldig verklaar”.
ʼn Kostebevel oor die aansoek is onbepaald uitgestel.
Die DA en die Raad ter Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) het die aansoek oor die Vrede-suiwelplaas ingedien. Die DA het geglo Mkhwebane se ondersoekende verslag na die suiwelprojek was ʼn toesmeerdery, omdat politici wat daarby betrek is nooit uitgevra is oor hulle betrokkenheid nie en dus meer noukeurige ondersoek vrygespring het.
Minstens R200 miljoen se staatsgeld, wat geoormerk was vir die ontwikkeling van opkomende swart boere in die Vrede-omgewing, is na Estina gekanaliseer. Estina word verbind met die omstrede Gupta-familie. Van dié geld is glo selfs gebruik om in 2013 vir ʼn weelderige Gupta-troue by die Sun City-oord te betaal.
Die partye het vroeër aangevoer Mkhwebane het nie die ondersoek behoorlik gedoen nie en het versuim om senior politici, wat by die beweerde korrupsie en geldwassery wat uiteindelik die projek gekelder het betrokke was, te ondersoek. Mkhwebane het egter bewerings afgemaak dat sy sekere inkriminerende bewerings uit ʼn voorlopige verslag oor die Estina-projek verwyder het. Dié verslag is deur Mkhwebane se voorganger, adv. Thuli Madonsela, opgestel. Mkhwebane het die verslag glo aangepas om ANC-lede in die Vrystaat te beskerm.
Die hof het bevind Mkhwebane het, wat betref haar ondersoek en verslag oor die Vrede-suiwelprojek, haar plig versuim ingevolge die Wet op Openbare Beskerming, asook die Grondwet.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
30 Kommentare
Awesum! Net dalk kan geregtigheid begin seevier wat ‘n positiewe ketting reaksie(korreksies) kan begin!!!
Mooi, nou wag ons dat Zuma ook vervolging vryspring. Dan kan ons maar aanvaar dat hierdie lot korruptes stewig in die saal sit en SA n ware piesang republiek is en dat dit sal uitloop tot n diktatoriale staat
En watter straf gaan sy kry? Seker niks! Dalk n bevordering?
En watter straf gaan sy kry? Seker niks! Dalk bevordering kry?
Het hierdie vrou al enige korrekte verslag gelewer. Hierdie is nie toevallig nie, sy het ‘n agenda! En dit is ‘n Zuma gedrewe agenda.