Hof wag vir verslag oor ma wat kinders glo vergiftig

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die 37-jarige ma van Nigel aan die Oos-Rand wat na bewering haar sewejarige dogter en 16-jarige seun gif ingegee het, sal eers later vanjaar weer in die hof verskyn.

Die vrou het Donderdag weer vlugtig in die landdroshof op Nigel verskyn en word daarvan aangekla dat sy haar tienerseun met voorbedagte rade vermoor het. Sy word ook deur ʼn klag van poging tot moord op haar dogter in die gesig gestaar.

Volgens Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Gauteng, sal die vrou na verwagting weer op 26 Oktober in die hof verskyn.

“Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek en die hof wag nog vir die toksikologieverslag,” sê Mahanjana.

Die vrou het na bewering op 6 Junie haar kinders gif ingegee nadat sy glo uit ’n groot bedrag geld geswendel is. Sy kon glo nie meer vir hulle sorg nie.

Maroela Media het vroeër berig dat die vrou met die kinders na die Vrystaat is, nadat sy hulle gif ingegee het. Toe hulle in Frankfort aankom, het die kinders begin siek word en sy het hulle toe na die naaste hospitaal geneem.

Die seun het by hul aankoms by die hospitaal gesterf, terwyl die meisie in die intensiewesorgeenheid opgeneem is waar sy steeds behandel word.

Die vrou het glo op die toneel skuld beken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oosieoos ·

Hoekom nie self geneem nie maar nognie te laat nie. A oog vir a oog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.