Hof weier nóg uitstel vir modelbaas

Dawie de Villiers in die hof Foto: ANA

Die Suid-Gautengse hooggeregshof het Maandag ʼn aansoek geweier om verdere uitstel vir die verhoor van Dawie de Villiers, die hoof van ʼn modelagentskap in Kempton Park wat skuldig bevind is op aanklagte van onder meer verkragting, seksuele aanranding en bedrog.

Regter Cassim Moosa het gesê daar is geen regverdiging vir die verdere uitstel van die hofsaak óf die verkryging van die transkripsies nie.

Moosa het gesê die hof het vroeër uitstel toegestaan omdat hy die beskuldigde toegelaat het om die transkripsies te verkry, maar dit is duidelik dat De Villiers net van vertragingstaktieke gebruik maak.

Riaan Greyling, De Villiers se verdediging, het gesê daar is steeds leemtes in die transkripsies en dat die beskuldigde voel hy het in dié stadium nie ʼn regverdige verhoor nie.

“Hy het die grondwetlike reg om te appelleer teen wat ook al die vonnis is,” het Greyling gesê.

Moosa het die staat en die verdediging beveel om enige getuies gereed te kry wat benodig word om in die hof te verskyn sodat die saak tydens die volgende hofverskyning voort kan gaan.

Dawie de Villiers is die hoof van Modelling South Africa in Kempton Park en is skuldig bevind op aanklagte van onder meer verkragting, seksuele aanranding, bedrog en dat hy kinders aan pornografie blootgestel het.

De Villiers se vonnisoplegging sloer al sedert 8 Maart nadat hy op 8 Februarie op 32 aanklagte skuldig bevind is vir dade wat hy sedert 2011 gepleeg het.

Sy laaste hofverskyning was op 27 Junie waarna sy vonnisoplegging vier keer uitgestel is. Dit volg nadat De Villiers ʼn nuwe regspan aangewys het en die transkripsies van vorige sake nie gereed was nie.

Regter Cassim Moosa het gelas die transkripsies moet by Maandag se hofverskyning gereed wees.

Die saak is uitgestel tot 12 September vir vooruitspraak-verrigtinge.

Lees alle vorige berigte oor Dawie de Villiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

karen ·

Amen Jones ! Dis reg kry die saak aan die gang 2011 ??? Belaglik ek hoop nie so iets tref die verdediging span want hy en geliefdes sal dalk nie 6 jaar met aanhoudende uitstel kan cope. Dis absoluut belaglik ek is so siek vir vertragings taktiek deur die patetiese verdediger …..

Landi ·

Ek was gestop langs di pad deud hom toe ek n kind was(model) om vir hom modelwerk te doen. My boyfriend op daai tyd was so kwaad vi hoe hy di girls laat aantrek dat hy my daar uitgeruk het en amper sy deur afgeslaan. Nou verstaan ek hkm hy daar sit!

karen ·

Wyl ek dink aan die onreg wat teenoor die slagoffers gepleeg word met die gedurige uitstel – dink ek waar kry die man geld vir sy ‘regspan” ? hy is werkloos sedert hy gearesteer is met ander woorde hy kry staatshulp ! ek betaal vir die saak deur belasting ! ek betaal vir soortgelyke pes wat my kleinkinders se onskuld gesteel het. en ek wonder of die “regshulp” nie tot in sy siel skaam kry om so iets te verdedig? Nee hy kry nie skaam dis sy “werk”want hy weet hoe langer hy die saak sloer – hoe langer is hy op die payroll ……shame on u

MJ ·

Ag Karen, kom by. Die man kry nie staatshulp nie, en enige iemand kan namens hom sy regskostes betaal. En vir wat dit werd is, ek hoop daai prokureur roer hom met regskostes vir dit wat hy aan die kinders gedoen het. Die Hof is bekwaam genoeg om te weet dat indien hulle onregmatig ‘n versoek om uitstel afwys, dan het die beskuldigde meer gronde vir appèl, so hulle laat dit toe om seker te maak dat die beskuldigde nie ‘n vinger na die hof kan wys en sê hy het nie genoeg tyd gehad om voor te berei nie. Mense kla altyd “hoekom sloer die sake so lank”, maar daar is prosedures wat gevolg moet word, en een fout van die hof se kant kan hierdie saak nog jare langer uitrek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.