Hof weier SAUK-appèl – ‘Hlaudi moet gaan’

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Skermskoot/eNuus-video

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Skermskoot/eNuus-video

Die appèlhof het Maandag die SAUK se aansoek om verlof tot appèl rakende Hlaudi Motsoeneng se aanstelling van die hand gewys.

“Die aansoek om verlof tot appèl word met koste van die hand gewys op grond daarvan dat daar geen redelike vooruitsig op sukses vir die appèl is nie en daar is geen oortuigende rede waarom dit aangehoor moet word nie,” het die appèlhof in sy uitspraak gesê.

Regter Dennis Davies het verlede jaar in die Wes-Kaapse hooggeregshof beveel dat gegewe die negatiewe bevindings in ʼn ondersoek deur Thuli Madonsela, die openbare beskermer, dit irrasioneel van Faith Muthambi, minister van kommunikasie, was om Motsoeneng permanent as bedryfshoof van die SAUK aan te stel.

Volgens Davies was Muthambi nie in die posisie om ʼn rasionele besluit te neem nie, aangesien die inligting voor haar “vaag en onduidelik” was. Madonsela het aanbeveel dat ʼn dissiplinêre proses teen Motsoeneng begin word nadat hy oor sy kwalifikasies gelieg het en onregmatig sy salaris verhoog het.

Die SAUK se eerste poging in Mei om die uitspraak teen te staan was onsuksesvol nadat Davies die uitsaaier se aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak geweier het. Die SAUK het daarna die appèlhof genader.

Volgens die DA, wat aanvanklik die aansoek gebring het, het die SAUK nou geen ander keuse as om Motsoeneng af te dank nie. “Mnr. Motsoeneng gaan geen vreugde in ons howe vind nie en moet die SAUK sonder verdere vertraging verlaat,” het die DA se James Selfe gesê.

“Motsoeneng en sy bende beskermers moet nou hierdie misbruik van die regstelsel en die belastingbetalers se geld waarvan miljoene rande al geplunder is, staak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

SPEEDGUARD ·

Kostes moet nou in sy persoonlike hoedanigheid van hom verhaal word, hy het dan blatant gelieg en weereens die bodemlose put van die belasting betaler misbruik om die proses doelbewus te vertraag om te skep solank hy kan !

Piet Snot ·

Ek het nogal gedink die 8 gaan een vd dae lekker glimlag.
As ek reg onthou, is dit ook die ou wat gesê het hy gaan RSG takel – ek vermoed om rassistiese redes.
Ek probeer simpatiek met hom wees, maar ek sukkel effe.

KarooKlong ·

Die swernoot het homself dan so rammetjie uitnek gehou. Laat hy die geld dan terugbetaal. Sommer sy bendelede ook. Verdomp!

andrea van vuren ·

Ek hoop nou al ons gunstelingprogramme gaan nou weer op hul normale tye aangebied word!

Emma ·

Sjoe kan nie glo dat nog ń hoë boom eindelik geval het nie!!! Zumpies die net begin al stywer trek. Die kaders begin braai in hul eie vet – letterlik en figuurlik.

Whao. Dankie ·

Dit is wat n mens van die regstel vetwag
Duisende dankies. Hoop sy bendelede en JZ gaan saam

Jakes ·

Met kostebevel? Dan vir sy persoonlike hoedanigheid, want ek as belastingbetaler befonds hom al te lank.

Lance ·

Wat n duur les en n gesukkel om van die skelm ontslae te raak . Die tiepe mense wat gekies word in SA as leiers is nie geskool, arrogant verby en klou soos luise. Kry hy ook n goue handdruk wonder ek nou … Anc dink bq voor julle mense kies wat niks weet nie …veral mense wat nie eers hulle EIE 9 punt plan kan onthou nie …goeie jimmel wat n damn skande !

Anoniem ·

Die wiel draai….. na die debakel met die 8 joernaliste, is die joernaliste terug by die werk, en Hlaudi is op pad uit.

humor ·

z gaan die volgende aanstelling doen sonder enige notulehouding. Dan gaan die die DA sy aanstelling in die parlement betwis en dan hofsaak en dan apel en dan bly die aanstelling van krag en dan weer n hofsaak en en en en eeeeeeeeeeeeeeeeeen?

Najsaab ·

Daar val nog een van zumpie se pilare raak nou lekker……arrogansie onkunde en skelmstreke hou net so lank

abba ·

Nog n “looser” .Sy oe gee hom weg sonder dat hy n woord hoef te se. koebaai

GES ·

Ek wonder waar hulle die leuenaar nou gaan ontplooi? Die knaap moes lankal sy ry gekry het. Hy was toe nie so onaantasbaar soos hy gedink het nie.

Willie van Heerden ·

Wat gaan gebeur as hy se hy gaan nie loop nie, wie gaan hom uit daai stoel haal

Rocklin Bell ·

Agh!!!!! Hoe lekker om van hierdie kader ontslae te raak. Rus sag Mabalel.

Jcwf ·

Maar, maar, maar … Gaan al die pragtige Kwaito en ander suiwere Suid-Afrikaanse musiek nou afgeskaf word?

abba ·

Sy korrupte droom het soos mis voor die son verdwyn.Mooi man.

CL ·

Punt vir persvryhheid. Hoop die personeel in daardie gebou kan gou sonder vrees werk.

Grotman ·

Blye nuus, wonder maar net hoe groot gaan sy goue handdruk wees!

koos ·

Hy sal seker maar Fransman se job in die kaap vat. Hy kan goed korrel waarheen hy hulle wil vat

neelsie ·

Dit gaan net oor homself!!
Daar is so baie dinge wat party net nie verstaan nie.

Jean ·

Dis vreeslik om in ‘n land te woon waar die hooggeplaaste amptenare GEEN ontsag vir die reg het nie. Alle hofbevele word verontagsaam en beveg, al verloor hulle, hou hulle steeds aan. Kan nie glo dat iemand so dikvellig kan wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.