Hof wettig dagga: Wat nou?

Argieffoto: thedailychronic.net

Kollegas wat dagga by die werk rook. Daggawalms in die rookarea van jou geliefkoosde braairestaurant. Oud en jonk wat lustig op straat aan zolle staan en teug.

Dit is van die werklikhede waaraan Suid-Afrikaners gewoond sal moet raak nadat die konstitusionele hof Dinsdag beslis het dat die wet gewysig moet word om die private besit van dagga wettig te maak.

Maar die regskenner dr. Llewelyn Curlewis wat in sy tyd as staatsklaer “honderde mense tronk toe gestuur het” vir daggabesit, maar omtrent ewe veel verdedig het, waarsku dis steeds onwettig om handel in dagga te dryf. En die hof se beslissing gee mense beslis nie ʼn vrypas vir die besit van ander dwelms nie.

Curlewis sê die wettiging van dagga sal veral tyd bespaar in laer howe, waar daggasake deur die jare baie energie in beslag geneem het, en ruimte op die hofrolle skep vir die vervolging van “harde misdade”. Dié howe sal wel steeds te doen kry met sake waarin mense vir daggahandel vervolg word.

Die hof het Dinsdag beslis mense mag dagga in hul besit hê vir hul eie private gebruik en dat dit nou wettig is om dagga op ʼn private plek vir eie gebruik te kweek.

Oor hoe die polisie veronderstel is om te weet of die dagga in iemand se besit vir private gebruik is of nie, het die hof gesê ʼn polisiebeampte sal al die omstandighede in ag moet neem, wat die hoeveelheid dagga in die persoon se besit insluit. Die polisie sal dan moet besluit of die persoon van plan was om daarmee handel te dryf.

Die ruimte wat die polisie vir interpretasie gegun word, is juis vir prof. James Grant, besoekende medeprofessor in die regte aan Wits, ʼn probleem. Hy meen vandag se uitspraak is so vaag, dis amper niksseggend. “Dis nie eens duidelik of private gebruik beteken mense mag dagga rook wanneer iemand anders saam met hulle in hul woonplek is nie, want is dit dan nog privaat?”

Argieffoto: Verskaf

Hy sê die uitspraak het klaaglik daarin misluk om duidelikheid te gee oor wanneer dagga in iemand se besit beskou sal word as synde vir privaat gebruik of vir die doel om daarin handel te dryf.

“Die konstitusionele hof gee die parlement 24 maande om die wetgewing oor daggabesit te wysig,” sê Grant, “maar hulle mag dit aan ʼn hof oorlaat om die toelaatbare hoeveelheid dagga in iemand se besit te bepaal. Dit bring ons presies terug waar ons was, want dit word steeds aan die polisie oorgelaat om te besluit wie hulle vir daggahandel wil aankeer en wie nie.”

Curlewis meen die rede vir die konstitusionele hof se besluit was tweërlei: “Eerstens word groot gewag gemaak van dagga se medisinale voordele. Veral hou dit beslis voordele vir kankerlyers in. Tweedens, uit ʼn praktiese oogpunt, is die waarheid dat in lande waar dagga gedekriminaliseer is, dit nie die einde van hul sosiale lewe beteken het nie.”

Iets wat vir hom “ietwat vreemd” is, is dat dagga ingevolge die hof se beslissing nou enige plek gebruik mag word wat as ʼn private ruimte beskou word. Dit sluit enige afgebakende gebied in.

Gevra of besoekers aan restaurante dus nou dagga in ʼn eetplek se rookarea sal mag rook, sê Curlewis regtens is dit wel toelaatbaar, maar elke restaurant sal sy eie reëls mag maak. “Sodra een restaurant dit toelaat, sal dit egter moeilik wees vir ander om dit te verbied omdat dit hulle klante kan kos.”

Ook werkgewers sal nou reëls moet maak om daggagebruik te bestuur. Curlewis sê dit staan werkgewers vry om aan werknemers voor te skryf wanneer hulle dagga mag gebruik, maar dit kan byvoorbeeld nie ʼn rede vir ontslag wees nie omdat die wet daggagebruik toelaat. As werknemers dagga mag rook, sal dieselfde reëls geld vir waar dit mag gebeur as vir gewone sigarette en e-sigarette.

Oor waar voornemende gebruikers dagga in die hande moet kry as hulle dit nie mag koop nie, sê Curlewis die daggaplant groei maklik genoeg in die natuur om pitte te bekom om dit tuis te kweek. “Meer as genoeg plante is beskikbaar in die hooglande van Suid-Afrika.”

Die slegte nuus vir mense wat reeds teregstaan op aanklagte van daggagebruik is dat die hof se beslissing nie terugwerkend is nie. Beskuldigdes wat dus teregstaan op aanklagte wat met die besit van dagga verband hou en wat nog nie gevonnis is nie, sal dus steeds verhoor word vir die misdaad wat hulle ingevolge bestaande wetgewing gepleeg het.

Maroela Media het vroeër berig die konstitusionele hof se uitspraak kom nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof in Maart verlede jaar beslis het dat gedeeltes van die Wet op Dwelms en Dwelmhandel en die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe ongeldig en ongrondwetlik is en dat dié gedeeltes gewysig moet word.

Die saak spruit uit ʼn aansoek wat deur Gareth Prince, ʼn prokureur, Rastafariër en kampvegter vir die dekriminalisering van dagga, en Jeremy Acton, voorsitter van die Daggaparty, ingedien is.

Lees die volledige uitspraak van die konstitusionele hof hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

138 Kommentare

Danie ·

Ek sou reken as jy ‘n hektaar dagga aangeplant het is dit beslis nie bedoel vir jou eie gebruik nie. Dieselfde geld vir ‘n trollie vol, bakkievrag of groter. Ek sou reken die goue reël is dat jy mag net by jou hê wat jy self in een dag kan op rook. Dit maak selfs ‘n banksakkie vol meer as wat die meeste sal kan baasraak.

Heinrich ·

Watch this space, die groen en geel party gaan nog een of ander manier vind om die krediet te vat vir die wettiging van dagga sodat hul meer stemme kan probeer kry, en hul ondersteuners gaan heel moontlik te hoog wees om andersins te dink.

Paul ·

Presies, wat ‘n onreg is alle rolspelers nou nie aangedoen nie, nou is dinge éérs duister.

Ons het ‘n Geknelde land, ‘n Offerland, ‘n Gelofteland en Bedoelde land in ‘n Dagga land verander.

Paul ·

Jip, ek sien in berigte elders sê hulle die weg is nou oopgemaak vir ‘n mulit-miljoendollar industrie. (Werkloosheidprobleem opelos.)

Paul ·

Jip, ek sien berigte elders die deure is nou oopgemaak vir ‘n multi-miljoen dollar industrie in Suid Afrika.

Antiestabliesment ·

ai toggie. Die boere van jou verlede wat die SA landskap getem het, het dagga gebruik as medisyne. Jou geknelde land gaan nie verder agteruitgaan agv dagga nie. Dagga is eers onwettig verklaar iewers in 1870 rond. Ek kan julle n brief gee dat julle jul woorde gaan sluk oor 2 jaar.

Welkom ·

Hier kom die groot vraag?

Hoe sien die wet op veiligheid dit nou binne die werksplek as iemand nou sy privaat dagga rook en op masjiene moet werk?

As jy as werkgewer hom die werkplek verhoed, is dit nou onwettig of nie?
Mag jy hom toets (weet nie watter toets nie) en hom dissiplinêr aankla?

Wie het antwoorde?

Ellisras ·

Elementêr my liewe Watson. Drank is wettig. Maar jy mag nie onder die invloed van drank by die werk wees nie. Daar word reeds by baie werkplekke getoets.

Christopher Barnard ·

it sal die maatskappy se eie beleid moet wees. As die employment Act nie verander nie sal dit staande bly dat jy nie”Onwettige” dwelms mag he nie. Maatskappye kan hulle verbied om dagga te gebreig omdat dit hulle en werkers om hulle in gevaar kan stel. As die werker so n oorkoms teken of in sy aanvanklike aanstelling, mag hy dit nie gebruik nie. Maar n ander artikel wat ek gelees het, het gese dat dit wettig is om dit te kweek en in EIE privaatheid te gebruik. So, jy mag nie dit in publiek rook nie.

Johan ·

Nou mag jy jou dom rook en bestuur en jou pille in jou rook slaai gooi. Maar jy mag nie drink en bestuur nie. Dagga is nou reg maar tik en mandrax en morfien is dwelms.

Casper Labuschagne ·

@Welkom, ek het gisteraand self daaroor gedink. Maar dagga en alkohol is nou albei wettig dus sal presies wat vir alkohol geld nou ook vir dagga geld. Dus sal elke werkgewer die maatskappy se geskrewe beleid moet onderteken dat hulle nie sal bestuur, of masjinerie gebruik of by die werk teenwoordig wees terwyl hulle op die invloed van dwelms, drank of dagga is nie. Maar as maatskappye nie so ‘n beleid het nie dan mag die werknemers sommer daar agter die muur by die werk ‘n groen dampie opsteek en niemand mag hulle keer nie want dit is wettig.

Werkgewer ·

Self my bekommernis. Alkohol is binne ‘n dag of wat uit iemand se bloedstroom, dagga neem weke. Die feit dat iemand verlede week dagga gerook het en dit wys nog in sy bloedstroom beteken nie hy is regtig meer ‘onder die invloed’ nie, maar waar gaan die streep getrek word? Of moet ek ook nou hierdie gevalle die Polisie betrek en dit aan hul diskresie oorlaat soos voorgestel word? Soos ek verstaan gaan die Polisie die situasie evalueer oor of die dagga in iemand se besit vir eie gebruik of handel is. Gaan die polisie dan ook besluit wanneer ‘n persoon te gerook is om te bestuur of nie?

Oom Jaco ·

As ek in enige plek instap en dagga ruik, dan stap ek uit (en verloor die plek my as klient ook). Kan nie daai reuk hanteer nie… En wat nou van al die huis gebruikers wat by die huis hoog raak en dan die strate invaar??

Devill ·

Ek rook al vir jare in my rekenaar kamer in my huis. Ek vra altyd vir mense wat die eerste keer ons huis besoek of die kamer na rook of iets stink, nog nie een persoon het vir my gesê die kamer ruik na rook of dagga nie.
Ek was net nou die dag by ‘n huis in waar die eienaars rook. Dit huis het GEVROT al het niemand gerook nie! Ek het ook ‘n vriend toegelaat om sy tabak in my kamer te rook, dit het vir dae na tabak rook gevrot, ek sal dit nie weer toelaat nie!
Tabak rook VROT en sit en klou aan alles vas. Dagga rook nie, of ten minste in my geval.
Nee wat Oom Jaco, jy moet net jou ruik sintuig aanpas en die soet reuk van brandende dagga geniet…dit maak my lewe!

Landi ·

Danie…hoe weet JY Nie hoe dit ruik nie? N mens hoef dit nie te rook om DIT te weet nie. Noem dit dan wysheid en ingelig wees. Waar was jy? Dis n soet-stink reuk. Walglik.

JSG ·

Die reuk gee my ‘n kits magraine. Blyk ek is in vir ‘n ding. ?

En nou? ·

@Jaco – Wat van al die manne wat dronk raak by die huis en dan die strate invaar? Daar is altyd ‘n bakleiery, mes gestekery ens as drank betrokke is. Ek kan nie heeltemal dieselfde se van dagga nie!

Dagga is ‘n plant soos n roos boom of pansy.
Tik, mandrax ens. is dwelms! Met alle dwelms moet iets bygevoeg word wat ongelooflik nadelig is bv petrol, gif ens.
Dagga is net die plant, ‘n plant wat deur die Liewe Vader gemaak is.
Hoekom wil mense nou ‘n eier le as ons dagga kan gebruik om siek mense beter te maak? Die Liewe Vader het alles met ‘n doel gemaak, insluitend die dagga boom. Dalk is dit bedoel om vir siektes gebruik te word of dalk moet ons dit vir iets gebruik wat ons nog nie uitgevind het nie…

Theresa ·

Vir mediese redes, kan mens mos net die olies aankoop en gebruik. Die verslawingselement is verwyder.

Inge ·

Ek stem glad nie saam dat mense dagga kan rook by die werk nie en ook nie by restaurante nie, dit is belaglik. Hoe werk jy as jy gerook is? Ek sal wel saam stem dat mens in jou eie woning, in privaatheid kan rook, maar nie in die openbaar nie.

Devill ·

Ek het al ‘n paar kere dagga gerook net voor ek begin werk, en ek kon alles net so goed doen as toe ek nie gerook het nie, niemand het eers agter gekom ek is stoned nie, deur vergaderings en voorleggins ens! Dit voel egter nie vir my reg om dit so te doen nie en verkies liewers om dagga te rook waar ek rustig kan wees.
Ek is kantoor gebonde so ek praat GLAD nie vir mense wat daagliks bestuur of masjienerie gebruik nie.

jakes ·

Ek sien alklaar n president wat hier geskep is deur die hof. Wie gaan bepaal of n person dagga met matigheid gebruik het en hoeveel meer ongelukke op ons paaie gaan deur dagga beskonke persone veroorsaak word. Dagga het n uiteenlopende effek op veskillende mense. Sommige mense raak erg agressief terwyl ander op n ander planet rondsweef. Pappegaaitwak is nie vir sussies nie.

DeVill ·

Ek rook al vir amper 15jaar dagga en het al saam met duisende verskillende mense dagga gerook. Nog nie een van daai mense het al OOIT aggresief geraak nie.
Ek het al saam met heelwat minder mense drank gebruik en dit is min dat iemand nie aggresief raak nie.
Dit is reeds die tipe valshede wat uitgewys is deur die pro-dagga ouens in die hof. Daar is nog honderde ander valshede, jakes het ongelukkig net kennis van dit. Die staat het egter verloor omdat hulle hierdie valse feite voorgehou het en die hof dit gesien het vir wat dit is!

koos ·

die word is presedent. President is iemand soos Trump of Ramaphoza. Alhoewel, met party van hulle uitsprake wonder ek soms: is dié [presidente dalk ook “hoog” op iets?

JSG ·

Julle het nog nie gesien wat maak ‘n kombinasie van dagga en drank aan ‘n persoon.

Mark ·

As jy net dagga rook en nie drink nie glo my is jy n ver beter mens punt stop. Help nie jy beledig iets wat jy geen kennis dra nie. Probleem is meng van dagga met ander dwelms of rook en drink saam dan het jy n probleem. Een ding kan ek jou se : anti depresante sal vol op rakke begin staan, sekerlik die beste anti depressie middel, en ek praat uit telke hoeveelheid dames (profesioneel) wat skelm dit moes doen.

Vra net ·

So dit beteken ‘n motorbestuurder mag nou ‘n dagga-zol rook terwyl hy/sy die kinders by die skool aflaai of oplaai? Skoolkinders mag nou dagga in hul tasse hou en net buite die skoolhek gou ‘n zol maak? Hierdie hele storie klink vir my “messed up”. Jy mag nie drink en bestuur nie, maar jy mag dagga rook terwyl jy bestuur?

Liewe Heksie ·

Hoeveel motorbestuurders sien jy wat hulle kinders by die skool oplaai of aflaai met ‘n sigaret in hulle hande. Skoolkinders wat dagga in hulle tasse hou en wat buite die skoolhek ‘n zol maak het nie opvoeding gekry nie, want hoeveel kinders loop met hulle skooldrag en rook, glo my baie. Jy kan mos nie dagga met drank vergelyk nie, hoeveel mense raak “high” van pille wat hulle oor die toonbank koop. Of jy nou sit en drink en rook by jou huis of dagga sit en rook, dit bly dieselfde, as jy weet wat goed is vir jou kuier by jou huis sonder om agter ‘n motor se stuurwiel in te skyf.

C ·

@Vra net – Ek glo die rook van dagga gaan onder dieselfde wetgewing as gewone rook val. Jy mag nie in ‘n motor rook waarin kinders vervoer word nie. Dit is onwetting. Kinders is nie veronderstel om sigarette saam te vat skool toe nie, alhoewel ons weet dit gebeur baie onder hoër skool kinders.

@VraNet ·

Lyk my jy’s reeds gerook, gaan lees dit weer. In jou woning, bly die ouers saam die kinders IN die kar? Klink my jy soek net n verskoning oor jou drink en bestuur.

Chris ·

Lyk vir my hier word baie gepraat oor wat noue, kan ek nou by die werk rook, kinders gaan aflaai, bestuur etc terwyl ek dagga rook. Lyk vir my daar is n groot probleem oor wat mense dink hoe mense dagga rook en wil gebruik.
Sal jy drank gebruik by die werk? Nee? Wel ek gaan ook nie dagga rook by die werk nie.
Gaan jy jou kinders dronk aflaai by die skool? Nee? Wel ek gaan ook nie kinders aflaai by die skool as ek gerook het nie.
Gaan jy bestuur terwyl jy gedrink het? Nee? (Wel dit gebeur in elke geval elke dag) Maar ek gaan nie bestuur terwyl ek gerook is nie.
Ek wil in my eie tuin my eie goed groei, en as daar n lekker movie op is in die aand, wil ek n behoorlik joint opsteek en die movie geniet. Die joint moet kom van my eie tuin want ons het gesien wat die polisie doen met hulle helikopters en dagga lande, so ek wil weet waar my goed vandaan kom.
Ek wil dit alles doen in my eie plek sonder om te worry oor die pote wat my deur wil afbreek omdat ek n plant het in my tuin.

MS ·

Wil ek ook weet, Welkom. Hoe kan iemand wat masjinerie wat miljoene rande kos, dagga rook en dan steeds sy werk in n veilige en ordentlike manier doen? Wie gaan aanspreeklik wees vir beserings en/of sterfdes van hierdie mense so hoog soos n kite is terwyl hulle werk op groot masjinery/robotte? En nie eers om te praar van die produksie afval van bestellings wat verkeerd vervaardig word omdat hierdie mense nie by hulle volle is nie. Daar is reeds hoe risiko’s by seker produksie “plants” vir mense wat NIGTER werk… Ons kan seker nie beheer wat mense in die privaatheid van hul HUISE maak nie, kweek of rook nie, maar sekerlik moet werkgewers die reg he om sulke dinge te verbied op die WERKPERSEEL? En wat as iemand nou ‘n zol in my huis aansteek? Skend ek daai persoon se menseregte wanneer ek hom daar weg jaag?

Emma ·

Mag dan nerens rook nie so hoekom hulle. Nou kan hul die rokery heeltemal verbied in die openbaar.

Casper Labuschagne ·

Ja, nogal ironies dat tabak gekriminaliseer word terwyl dagga ‘n burgerlike reg word.

jakes ·

Dagga in sy gewone vorm is n dwelm. Meeste daggarokers meng die twak met ander middels so moenie vir my kom vertel dagga doen niks aan jou nie. As dagga n antideprisant is dan bewys dit mos dat dit jou beneweld maak en op n ander stasie sit. Hierdie boytjies wat dit so prys is natuurlik voor in die koor wanneer dit by die misbruik van zol kom.

Snowball ·

Ek Stem Jakes. Skynbaar vergeet almal dit werk op die sentrale senuweestelsel en het ‘n fisiese uitwerking op hoe jy sintuiglik waarneem. Dit lei ook tot drogbeelde en sintuie kan ‘omruil’, klanke word bv geruik. Ek wil sien hoe jy swaar masjinerie in die werkplek veilig hanteer en hoog gerook bestuur, want dit sal sweerlik reaksietyd vertraag en diepteperspektief beinvloed. Privaat gebruik is een ding, hoog gezol rondhol is ‘n potensiële gevaar vir almal.

Aster ·

Wat gaan van ons kinders word? O nee aarde, dis ‘n vrot Suid-Afrika! Ek sidder om te dink wat nog in die toekoms die groen lig gegee sal word.

Casper Labuschagne ·

@Aster, daar is nou geen manier dat jou kinders nie al op ‘n baie vroeë ouderdom dagga gaan teëkom waar hulle maatjies dit skool toe bring en sommer agter die muur by die skool rook nie. Dit is net nog ‘n baie goeie rede vir tuisonderrig.

Stan ·

Goddeloosheid is aan die orde van die dag en dan wonder ons hoekom gaan dit so sleg.

devill ·

God het die daggaplant gemaak, presies soos die daggaplant is. Daar word niks by dagga gevoeg nie, dagga word ook nie verwerk nie. Jy rook letterlik ‘n plant se blom.

Hoe kan ons goddeloos wees as ons ‘n plant se blom rook en dan high word daarvan?
Is jy dan ook goddeloos as ky koffie, tee of suiker eet want jy raak ook high van dit, dan praat ek nie eers van ‘n hoofpyn pl nie…

Nee wat, God het vir ons die skepping gegee soos dit is en ek gaan nie skuldig voel deur ‘n God geskepte plant se blommetjie aan te steek en te rook en dan rustige muskie te luistrer nie!

Willem ·

Jislaaik Stan, God het dan self dagga gemaak vir ons om te geniet.

Landi ·

Ja Stan jy is so reg… Wonder hoekom die ouens dan nie ook hul vleis en knoffel brood in rook nie. Hulle klink of alles “gerook” moet word. God soek jou nigter as Hy jou soek ou maat… Pasop. Dank die Here ons almal klink nie soos hierdie gerookte deur die blare individue nie. Dom gerook? Verspot God om dagga te regverdig?

Casper Labuschagne ·

@Willem God het ook die Opium papawer gemaak asook die kokaïene plant. Maar tog word pasiënte nie met rou opium gedoseer nie en ontvang nie kokaïen as stimulus in plaas van sintetiese alternatiewe nie en waarvan die dosis noukeurig beheer word en waar die medisyne wetenskaplik beproef en getoets is. Vir elke enkele voordeel van die Cannabaceae familie plante is daar etlike beproefde alternatiewe middels in apteke.

Niel ·

my vraag natuurlik is: is ‘n woonstel wat jy huur jou privaat woning of mag jy in ‘n huur woonstel ‘n daggaplant aanhou en dan van die blare gebruik vir tee drink ens. Natuurlik het ek nog nie so iets probeer nie, maar tog wil ek begin met daggatee en net daarby bly. Natuurlik nou nie rook nie.

ZAR ·

Ek het nie woorde vir die absurditeit nie. Hoeveel Afrikaners praat dit nou goed hier? Nogal vir medisinale gebruik? As die medisinaal so goed is dan mag dit mos net per voorskrif verkry te word. Ek voel ek wil skree van die mense se onsin.

koos1 ·

ZAR, word wakker en ruik die koffie (dagga?). Jy sal op jou rug val as jy weet hoeveel Afrikaners gebruik reeds dagga in een of ander vorm.
Wat het Afrikaners hiermee te doen?
Dan nog bietjie duidelikheid soos ek dit sien. Die wet gaan gewysig moet word om ALLE partye te beskerm. Jy mag nie onder die invloeg van drank wees by die werk nie, nou hoekom gaan jy mag dagga rook by die werk, of in die kar of wat ook al.

Devill ·

Daar is volop bewyse dat die Voortrekkers ook dagga daagliks gebruik en gerook het…

Ann ·

Dis ‘n kwade dag vir ons land. Ons het nog nie eers naby die volle implikasies van hierdie besluit gekom nie!

Corne ·

Die probleem is nie net die rook van dit nie kan self ie daai reuk hanteer nie, Maar die groot vraag of die doel van hulle was seker om spasie te maak in vandag se tronk stelsel. Hoeveel sit daar as gevolg van net by hulle gedra het, hoeveel van daai gaan nou vrygelaat word, Want jy kan mos nie sit vir iets wat wettig verklaard is nie. Hoeveel duisende sake gaan dit nou in die hof stelsels in bring vir her oorweging

Herman Kruger ·

As jy reeds tereg staan of skuldig bevind is onder huidige wetgewing bly dit van krag. Wet word nie terugwerkend gewysig nie. dit staan in die berig.

Geen daggawalm ·

Die uitspraak van die Grondwethof moet deeglik deurgelees word. Die besit van dagga op ‘n ander plek as ‘n privaatperseel vir persoonlike gebruik, is steeds ‘n misdaad. Besit van dagga in die publiek (openbaar) is steeds ‘n misdaad. Die rook van dagga in die teenwoordigheid van ‘n kind, is steeds ‘n misdaad. Die bestuur van ‘n voertuig terwyl onder die invloed van dagga, is steeds ‘n misdaad.

Die grondwethof het ook ‘n opsomming op sy web blad van die uitspraak en dit sal iedereen loon om eers die uitspraak te lees. Die grondwetlike beginsel waaroor uitspraak gegee is, is “Die reg tot privaatheid”.

Die volgende aanhaling uit die opsomming van die GH se uitspraak, plaas die hele aangeleentheid in ‘n beter perspektief: The effect of the judgment is two-fold: (a) it decriminalises the use or possession of cannabis by an adult in private for that adult person’s personal consumption in private; and (b) it decriminalises the cultivation of cannabis by an adult in a private place for that adult’s personal consumption in private. However, the use or possession of cannabis by a child anywhere, or by an adult in public, is not decriminalised.”

koos1 ·

Dankie Geen Daggawalm.
Kennis is mag en oplees en navorsing doen beantwoord gewoonlik alle vrae en haal spekulasie uit die pad.
Ek glo jou moeite sal alle vrae hierbo beantwoord.

devill ·

Dan is ek “in the clear”!

Ek gaan vanaand daai joint terdeë geniet!

Nooit te laat... ·

Ek het nou pas besluit ek gaan ook daggarokers begin rook….. nooit te laat om te begin nie,,,, spandeer baie geld aan anti depressante en ASHD medisyne..

LVH ·

Waarom dan die bohaai oor sigarette? Wat is dagga anders as ‘n gewone sigaret?

JSG ·

Tabak kalmeer die brein en dagga verdoof die brein. Te veel dagga gebruik kan dus breinselle dood. Beide kan jou longe beskadig.

Mars ·

Uiteindelik! Nou kan die polisie en howe eerder fokus op baie belangriker kriminele dade as om ‘n vreedsame ou, wat op sy eie ‘n zol rook, te vervolg.

thelsa ·

Wil net weet – hoe gaan hierdie wetgewing beheer word ?
Dit is soos om water met ‘n sif te probeer opvang.

Theresa ·

100% reg. Malse besluit in ‘n land waar misdaad ‘n sport geword het. Dis ‘n patetiese besluit en ‘n skande dat 2 mense wat uit die aard van die saak daarvoor is, hierdie saak wen teenoor die reuse negatiewe implikasies wat BAIE swaarder as al die lekker ou pret, behoort te tel. Mense wat nooit tuingemaak het nie, sal seker nou onmiddellik belangstelling begin toon. Waarom sal mense dit nie verkoop nie? Dis ‘n patetiese besluit.

Peet ·

Die ONKENDE in SA is kommerwekkend, geen wonder SA sit waar hy sit nie.

Jassie ·

Alkohol gebruik is ook wettig, maar werkgewers laat nie toe dat ‘n werknemer by die werk drink of dronk by die werk opdaag nie. So ook behoort dagga gebruik, of “hoog” werk toe gaan ook gronde wees vir disiplinêre optrede.

Ons woon in Uruguay waar dit al vir ‘n geruime tyd wettig is. Dit het gehelp om dwelmsmokkelary te bekamp en het nie ‘n negatiewe effek gehad op produktiwiteit of die ekonomie nie, inteendeel, dit het deure oopgemaak vir wettige handelaar besighede wat gereguleer word. Verder word daar ook register gehou van diegene wat koop, en indien ‘n individue meer as die toelaatbare hoeveelheid in ‘n sekere tydperk koop, word daardie persoon se inligting oorgegee aan “intervension” organisasies.

marous ·

Ek was so gerook , ek kan nie onthou hoe het ek deur die drankwinkel se venster gekom nie u edeldierblare ….

Snowball ·

Laat my dink aan Afroman se liedjie…”But I got high”

Theresa ·

Skreeusnaaks, maar bitter bitter moontlik – die moontlikhede is legio. Daarom ‘n ondeurdagte, onnosel besluit.

Conrad ·

Nog van God se planne om Adam en Eva te straf:
Lekker appels en smaaklike steenvrugte soos perskes, pruime en appelkose is omtrent so deel van ons lewens soos die belastinggaarder, maar die dood is in die pit! Geweet dat gevaarlike vlakke van sianied in jou bloed kan opbou as jy te veel appelkoos-, pruim-, perske- en appelkoospitte inkry, of selfs ’n oormaat amandels eet? Dan moet jy teen sianiedvergiftiging behandel word.

Marietjie ·

Dit is agv foutiewe beriggewing soos hierdie wat maak dat mense op hol gaan…. die uitspraak meld spesifiek dat dit vir persoonlike gebruik, in eie huis of erf is, nou sien almal alweer hoe restaurante geraak gaan word…. Hou by die feite, en moenie valse stories verspreinie…

ontspan ·

Ai mense, ontspan. Doen bietjie navorsing oor dagga. Dis niks erger as sigarette en drank nie, inteendeel gesonder.

Dit beteken nie mense moet dagga rook en bestuur nie.

Ek gaan nie verder hieroor redeneer nie.
Ek reken bloot dis ‘n goeie besluit gewees

monika ·

ek ja so kyk ek toe ‘n dokumenter online oor ‘n nuwe boeing airbus en hoe dit gebou is in die fabriek, die mense wat daar werk is skelm afgeneem toe daar onderhoude met hulle gevoer was. die hele fabriek was op dagga!!!!! en nie lank daarna toe is een van my buitelandse vlugte juis op een van daardie modelle! ek het ampler in my broek gedinges, maar heelaas tik ek hierdie boodskap LOL

Dawid ·

Het in n bekende kar fabriek gewerk. Het fout gemaak om die badkamer te gebruik tydens tee tyd. Ek kon amper nie die deur voor my sien nie. Hulle het dit laat gaan want die mense het beter produksie gelewer.

Joos ·

Man dit is nou goeie nuus. Ek het so vier hektaar onder besproeing wat ek saam met my, 60 wettige en onwettige inwoners op my plaas, kan bewerk. Ek is seker ons sal n mark vind vir die “oorproduksie”

Aspirant Boer ·

Ek wonder of die winste beter as beesboerderye sal wees ? ‘n Mens sal seker heelwat op sekuriteit, tonnels en elektrisiteit moet spandeer om ‘n wêreldgehalte produk te lewer, maar kapitale uitleg op grond sal veel minder wees.
Op ‘n ernstiger noot sukkel ons al 28 jaar met ‘n broer wat stemme hoor en moeilikheid maak as hy die goed rook en elke psigiater en sielkundige het ‘n ander storie daaroor.
Aan die einde van die dag is die uitval seker maar net so groot met brandewyn drink en vrouslaan.
Ons moet maar leer om daarmee saam te leef.

alida ·

Geletterde mense sal dit vir medisyne gebruik maar tenminste 70% van ons bevolking is nie geskool nie en sal dit misbruik en as verskoning gebruik vir moord en ander misdade. Hulle gaan hierdie besluit nog berou.

Theresa ·

PRESIES. En, daar word gerieflikheidshalwe verby die feite van geestestoestande wat vir die ongelukkige 1 uit ‘n miljoen beskore is, heeltemal vermy.

rina ·

nou kna ons dit nie meer omkyk twak noem nie maar nog steeds aaptwak

TLC ·

Als goed en wel ek verstaan die medisyne kant
Nog nie op proef gestel nie alhoewel 24/ 7 in pyn rug en bene
Maar andersins is dit mos nou n duiwelse ding om los te laat in ons mal S.A.
Ek as roker wou nog altyd net proe maar ek is grootgemaak dat dagga n groot NEE is ja wel cigarette ook
Maar die ding kan mos backfire
As buurman wat dag en nag sy kinders verskree en vloek en sê nou hy gebruik nou dagga ook en maak die kindertjies bitter seer
Dan kan hy mos net sê hy het nie geweet wat hy doen nie
Ek weet nie so mooi van die kids wat by die skool gaan aankom en trots vertel Ons het dagga in ons yard want my pa en MA mag
Noem my nou maar old school maar die is n 50/50 vir my

Popeye & Olive Oyl ·

Lekker, man lekker!! Nou kan ons rustig in die aand ons daggadampie geniet!!

wonder ·

Gin wonder die ANC soek al die plase nie, hulle will dagga begin plant.

Rina ·

Die daggapakkie wat nou wettig is
As daar nou moord gepleeg word gaan dagga nou gesien word soos die persoon wat onder invloed van drank is Nie ten volle bewus wat hy of sy gedoen het want was dom gerook van dagga Dit is n duiwelse ding om los te laat in SA Ek kan verstaan as dit vir medisinale gebruik is maar nie in SA waar jy dag vir dag vrees vir jou lewe nie

Ou Uil ·

Ongelooflik hoe goed-en-wel meeste ingelig is oor `n eenvoudige plant met uitstekende mediese en algemene eienskappe. Met geen ondervinding of inligting wil meeste hul gedagtes deel, en dan weereens iets te verskuldig en af te kraak soos die norm is onder afrikaners. Ons almal kan besluit watter keuses ons maak waarby alles in balaans gehou kan word. Behou die goeie en los die slegte is jou eie keuse. Dit was inteendeel as mediese doepa gebruik deur die Voortrekkers en vorm deel van die skepping , geplaas hier vir `n doel.
Lees aandagtig , doen navorsing en dink goed deur met insig, voor komentaar net neer geplak word.

Kwagga ·

Die dag wanneer mense dalk begin sien dat dagga eintlik meer gesondheidswaardes het as baie ander goed. Hier in Ierland word CBD olie verkoop en dit is wettig en maak baie mense gesond.

OUTOPPIE ·

Gehoor van iemand wat Dagga olie vir rumatiek gebruik het met groot welslae.

Theresa ·

Dit sal dus medisinaal wees – die verslawingsfaktor is verwyder.

tamboti ·

Drank, dwelms, medikasie en gewone rook, kan en is in die meeste gevalle verslawend as dit MISBRUIK word. Almal behoort oor dieselfde kam geskeer te word.
Waar die verskil in kom is daar meer positiewe of negatiewe resultate – daar le die morele vraag.
En o ja, is jy ‘n lamsak wat verslaaf word en nie kan los nie, of is jy die baas?
Ek het nog nooit met dwelms “ge-eksperimenteer” nie, maar die res kry my nie onder!

Danie Basson ·

Mag ek my eie groei?
Baie goeie besluit, ek is verheug.

Staak ·

Uiteindelik kan die springbok nou vervang wotd met n dagga blaar en dan kan hulle gesponser word deur die zol.

Celtis Africana ·

72 kommentare. Meer as OSV!
Cannabis se wettiging verskaf oënskynlik groot plesier. Amper soos toe jy na die 94 verkiesing meer n NG kerk lidmaat hoef te gewees het om werk te kry nie!

Thys Muller ·

Die wettiging gaan geen verskil maak nie, dagga is in elkgeval vryelik beskikbaar. Dis net die smokkelaars wat die wet negatief gaan ervaar.

Johan ·

Ai tog. Dis tragies dat mense met geen clue van ‘n onderwep praat asof hulle alle wysheid in pag het. Ek skryf medisinale, ingevoerde produkte wat ek behoorlik laat toets, verkry uit ‘n spesefieke variteit, voor vir sestien verskillende toestande met uitstekende ressultate. Jammer dat baie Drs slegs verknog is aan dit wat hulle in hulle mediese studies geleer het. Ek hoop van harte die mense wat teen die gebruik van medisinale “dagga” is nooit lewensbedreigende siektes soos kanker sal kry nie. Dan sal hulle defnitief hulle besware verwerp. My pasiente vind verstommende baat hierby. Met dienverstande ‘n dat behoorlike produk gebruik word. Gelukkig is daar verskeie Onkoloë wat pasiënte na my verwys. Rook is ‘n ander saak. Met die regte medisinale komponente in die produk werk min/geen produk so effektief vir Emfiseem of longkanker as dit gerook word met elektroniese vapour “sigarette” nie.

Casper Labuschagne ·

Geen wonder die meerderheid wil die grond terugvat nie, sonder hul eie grond kan dagga vir eie gebruik nie geplant word nie.

Ja ·

Dit word nie verniet aaptwak genoem nie. Nee wat, hou verby! Sal nou die nie-rook bordjie in my huis n blaartjie by moet sit – net vir die absolute duidelikheid!
Daai reuk is aaklig!

Sinies ·

Hoewel ek almal sal afraai om dagga te rook/gebruik, is ons beste, getrouste en hardwerkende werkers, dagga gebruikers.

Dalk help dit om die produktiwiteit in die algemeen te verbeter.

LeonPit ·

Dagga of weed noem dit wat jy wil is n natuurlike kruie. Wend hom reg aan en jy geniet die voordele. Ek rook my DAGGA al vir 30 jr en ek was laas siek of in die hospitaal toe ek 17 jr oud was. Fiks en produktief soos kan kom. Nou hoef ek nie meer oor my skouer te kyk wie gaan my aankla nie. Lekker ou Zol.

Herman ·

Dagga maak jou kalm. Dit is blykbaar ‘n geneesmiddel van kanker. Mense wat harde moeilike werk verrig, doen dit makliker en hulle geniet dit meer. Dink aan die groot mediese kostebesparings tov kankerbehandling. Mense gaan hulle werk geniet en niemand gaan meer stresverwante siektes kry nie. Dink net, ‘n totale laggende, vrolike nasie…

Rob ·

Ek en my vrou is pensionarisse en gebruik “dagga” in die mediesinale vorm binne in “coconut oil” wat ons vervaardig met 50gram dagga-blom met 1kilogram “coconut olie”. Daar is twee chemikaliee in die blom van die plant, en dit hang af van wanneer die blom gepluk word watter chemikaliee teenwoordig is in die blom. Rokers pluk die blom “vroeg” en medisinale gebruikers pluk die blom “laat” om die twee chemikaliee te skei en in die “verwerking” te kry. Ons gebruik die CBD chemikalie teen pyn en kanker. Daar is videos op “utube” wat jou wys wat die uitwerking van die gekonsentreerde CBD op Parkinson leiers het. Moet om hemels-naam nie op die internet hierdie gekonsentreerde olie aankoop nie ! Die extrak(onttrekking) word deur sommige mense met hoogs kankervormde extrakte gedoen. DOEN BAIE NOUKEURIGE ONDERSOEK AS U WIL AANKOOP MET WATTER EXTRAK-VLOEISTOF GEBRUIK IS OM DIE OLIE TE ONTTREK EN TE KONSENTREER. (Ons gebruik die verhitting van olyf-olie wat dan die binding van die CBD met die olie bewerkstellig)VERVAARDIG SELF JOU PRODUK DAN WEET JY WAT DAARIN IS ! NS. ons rook nie.

linda2 ·

viva!!!! mense betaal amper ‘n R1000 vir 30ml ek’t dit nog nooit verkoop maar maak dit ook self al vir baie jare
ek’t ook nog nooit die begeerte gehad om dit te rook of om “hoog”te raak
maar dit is ‘n fantastiese middel teen baie baie siektes en pyn

Rob ·

Indien jy die konsentraat olie wil aankoop dmv die internet, maak seker om uit te vind watter vloeistof hulle gebruik het om die olie te onttrek(extract), sommige mense gebruik kankervormende vloeistof vir die onttrekking.

Elna ·

Ek is nie tengunste van hierdie wet nie want as hulle dagga kan wettig maak dan kan hulle ander dwelms soos bv : crystal myth LSD tik cat ens ook wettig maak en dit verwoes mense se lewens. Ja in sekerre gevalle help dagga vir n mediese doeleindes maar dit werk nie met almal nie soos met my man toe hy gangrene gehad het toe het hy ook die canibis olie probeer vir die pyn en hy het tot dagga gerook vir die pyn dit het hom net sieker gemaak so erg dat hulle die ledemaat moes amputeer het. Dagga word genoem cracker twak of rond kyk twak en pappagaai slaai?

Chris ·

Elna, ons verkoop dagga olie en dit gaan nie help vir elke ding onder die son nie, Gangrene? Wel tensy hy n bottel n dag gedrink het, sou daai dagga olie nie gehelp het vir hom nie. En om te rook is net 1 van die maniere om die THC in te kry, hy kan probeer vape ander kan jy ook n set pil gebruik. Soos ek verstaan van die mense wat dit wel gebruik, is die set pil die beste opsie vir die meeste mense vir pyn in elke geval.

JouMa ·

Die tipiese bemoeisieke verkramptes wil al ewig ‘moan’ en vir ander mense voorskryf hoe hulle moet lewe en wat hulle mag doen of nie mag doen nie. Hahaha! Sou iemand nou gras, blare, twak of gedroogte beesbollie wil rook – dan is dit sy se goeie reg om (in sy privaatheid) te rook wat hy wil. Solank hy net nie sy rook in my gesig blaas of sy stank walms op my afdwing nie. Verder is die relevante wette/regulasies duidelik – naamlik rakende die invloed van enige bedwelmde stof tydens die beheer van voertuie of swaar masjiene, ens, maak nie saak of jy nou deur kopseerpille, alkohol of dagga bedwelm word nie – die beginsel is dieselfde. Nikotien is reeds in elk geval op sigself ‘n uiters giftige en uiters verslawende alkaloid, en die stank daarvan is reeds erg. So, as iemand in die privaatheid van sy eie huis nou bollie, gras of gif wil rook – dan is dit sy saak. Bemoei jy jou met jou eie lewe. Ek self is ‘n nie-roker.

Linda ·

Cool! Nou gaan jy sien HOE speel ons rugby!! Vir ‘n slag kan ons nou regverdig met ander lande kompeteer !!

Manuel ·

Jy mag nogsteeds nie Handel dryf nie net vir uie gebruik aanhou Lee’s reg en gee kommentaar daaroor en hou op nonsense uit jul duim suig.

Stefaans ·

Ek sien ‘n groot meevaller vir korrupte polisiebeamptes – hulle sal moet besluit oor die hoeveelhede vir eie gebruik, die potensiaal om jou salaris te verdubbel is ‘n werklikheid.

Geronimo ·

En hier spring hulle nou agter die bosse uit. Hulle werk met gevaarlike toerusting, bestuur voertuie,
behandel siek mense, het stemreg en mag kinders kry, dit alles met benewelde breine. Puff the magic dragon……. in a land called Honah Lee. Hier moet ek bly, hier gaan dit nog lekker word

Danie Basson ·

Dis die beste nuus nog ooit. Die preutse mense is on ingelig en weet nie van die voordele van mariuana nie.

Casper Labuschagne ·

@Danie, hou aan zolle rook, jy sal net slimmer en slimmer word en daar sal geen breinskade wees nie. Hier in Kroonstad is ‘n inrigting waar nagenoeg 150 dwelmverslaafdes asook mense wat die vermoë verloor het om vir hulself te sorg en haweloos geword het, gerehabiliteer word. Ek glo dat met enkele uitsonderings hulle almal met jou sal saamstem oor die wonderlike voordele van daardie heel wonderlikste plant ooit. Alternatiewelik, gaan gesels met enige landros in die plaaslike hof en vra uit of daar dalk die gemene deler van die gebruik van dagga bestaan tussen diegene wat in die beskuldigde bank staan. Of gaan gesels met ‘n maatskaplike werker en vra uit oor Ma en Pa wat geld vir ‘n vuurhoutjieboks dagga asook ‘n papsak wyn het terwyl die kinders dae laas iets geëet het.

UIteindelik ·

Ek het nog nooit iemand teegekom wat dagga rook en aggresief optree nie , ek nog nooit gehoor van iemand wat ongelukke veroorsaak wanneer hul dagga gebruik her nie.. die wat so baie Te se het oor dagga en dat dit nie goed is nie , het dit 10 teen 1 nog nooit gerook en vergelyk met alkohol nie , Verban Alkohol is SA en baie van ons probleme sal Opgelos word . Dagga Maak jou rustig en drank Maak jou mal ., afgressief en Maak onskuldige mense op ons paaie dood. SA moes die al lankal gelegalized het. Dagga is natuurlik en dis bewys hoe kanker pasiente vorentoe gaan wat dit gebruik ..

chris ·

Danie, ek reken nie so nie. As jy kweek gaan dit jou tussen 3 tot 4 maande vat om n plant te groei, so as jy elke dag rook gaan n bankie jou nie ver bring nie. Vir my sal ek se om daai 4 maande deur te gaan, gaan jy verseker n cooler boks nodig ne. En dalk is dit n bietjie baie, maar jy weet nie of jou plante gaan op kom nie en dalk mis jy jou tweede greoisel ook uit, so Rather save than sorry

Chris ·

Oom het nog net strooi dagga dan geruik. Vandag se dagga het van die beste ruek en geur, van girld scout cookies, bubblegum, strawberry etc… Reuk nie soos dagga meer nie

Carl ·

@Chris, jy dink aan as jy dit deur vape rook. Ek geniet my skoon daggatjie, hoe suiwer hoe beter, maar net van my eie koppe af, niks n gekoopte koppe of bankies nie. Nou kan ek my plantjies in my tuin in sit en nie net meer op my vensterbank nie.

Nel ·

Nou moet hulle nog net die weeksdae ook dienooreenkomstig verander na; Maandagga, Dinsdagga, Woensdagga ens.

Blommie ·

AGGGG asseblief die is die groootste TWAK wat die hof nog goed gekeur het.
My familie rook dagga vandat ek kan onthou en dit het hulle almal my hele familie se lewens VERWOES……
Dit het nie dieselfde uitwerking op almal nie. ENIGE iets wat jou HOOOOG laat voel is n DWELM. DIT BLY N DWELM en dit sal nie verander nie.
DIT MAAK JOU MENSLIKE DENKE STADIGER en die BREUK jou DAAGLIKSE VERMOE…
DIS SOMMER NONSENS DIE MAN, MY MA EN ALLLLLLL MY BROERS EN SUSTER ROOK DIT en hulle het ALMAL ook al sterker goed gebruik SAAAAMMMM DAGGGA wat jy ingooi.
DIE mense wat se dis REG het BESLIS hulle logieka AL WEG GEROOOOOK, julle MIS DIE PUNT VAN DAT DIT N DWELM IS.

Eugene ·

Hey Blommie,

Net omdat jou familie nie hulself kan gedra nie, se nie die res van ons kan nie. Ek kan die selfde verhale oproep oor alkohol misbruik, maar jy hoor nie my kla dat bier onwettig gemaak moet word nie

Andrew ·

Ek sien nog ‘n paar nuwe belasting heffings om op te maak vir die sonde-belasting verliese van tabak. Wat ‘n grap.

Erich ·

Dink net hoe afgesaag parlement gaan wees in die toekoms. Al sluimerend

Lindtjies ·

Ek weet van ‘n paar gevalle waar mense dagga gerook het en toe kop verloor het. Daar was ‘n jong man wat dagga gerook het en toe sien hy allerhande monstertjies. Hy het toe met ‘n hammer onder onskuldige mense in die straat ingevaar. Twee mense gedood en ‘n paar verwond. Was so drie jaar terug voorblad nuus op die koerante.Nie almal gaan dit ewe goed vat nie

linda ·

Halleluja!
vir jare en jare moes ek gevaarlik by die outjie op die hoek koop
was amper toe gesluit
ek moes my pot olie so vebloem dat die bure of iemand nie iets agterkom
dankie tog!
ek maak vir gesondheids redes (onderandere) olie/botter al vir meer as 10 jaar !!!!
goeie nuus vir ‘n slag

Funksionele daggakop ·

Ek is self ‘n kantoor-werker in ‘n professionele beroep met ‘n baie goeie reputasie. Niemand sou ooit kon raai dat ek dagga rook nie, maar dis deel van my lewe. Ek rook soms voor werk as ek nie vroeg vergaderings het nie. Dit maak my rustiger en meer gefokus, maar as ek werk het wat baie breinkrag vereis of mense moet sien, dan rook ek nie die oggend nie. Ek en my vrou rook niks sigarette nie, maar rook ‘n daggatjie as ons by die huis kom en in die aande ‘n lekker daggazol. Altyd die beste wat ons kan kry met name soos Gorilla Glue, Ireland Lady, Wonder woman, Grapefruit, Blue dream ens.. Elkeen proe en ruik bietjie anders en elkeen het ‘n ander tipe uitwerking. Leafly.com sal jou mooi vertel wat jy kan verwag. Ek self rook nou al daagliks dagga vir die laaste 20 jaar of so of dit nou wettig was of nie. My brein is skerp, my geestes-toestand is stabiel en my gesondheid is goed. Ek kan verstaan dat mense nie daarvan hou nie, maar vir my is dit deel van my lewe en lewensstyl. As ons rook dan maak ek al die deure en vensters toe om die bure nie aanstoot te gee nie en ventileer die sitmaker weer daarna. Al die bure het anyway seker geweet dat ons rook maar niks gese nie omdat dit ‘n slagoffer-lose oortreding was wat niemand skade gedoen het nie.

E.K. die eerste ·

Ek begin dink dis die antwoord: net dalk maar dit die lewe in SA draagliker

AJ ·

This nation will do everything possible to alter the normal working of their minds … with chemicals …. ritalin, nicotine, alcohol, cannabis, nyaope and many more.

Self destruct!

Half the nation is already addicted, brain damaged, deaf and constantly ‘high’ … anything as long as it’s not NORMAL or HEALTHY!

?

Klaus Zwiegler ·

Please- klim uit die dinosaur era. Cannabis word verbied – nie omrede dit ‘n “drug” is nie- maar eenvoudig omrede die regime dit nie effektief kan belas nie. Verder is dit hoofsaaklik farmaseutiese and petroleum maatskappye wat erg teen Cannabis skop- omrede Cannabis vele kure het en baie meer effektief jou lewe en gesonheid ingrypend kan verander as die friggen chemiese junk wat julle by apteke koop- en so die groot korporasies ryk maak. Gaan Google self die fantastiese medisinale karakter eienskappe van Cannabis. Cannabis is nie NAASTENBY so gevaarlik soos drank en tabak nie- nie eers so gevaarlik soos ‘n blikkie Red Bull nie- maar tabak en drank is wettig.- alhoewel drank een van die mees verwoestende produkte op die mark is op finansiele, gesins , sosiale and verkeers ongeluk vlakke. – WORD VERVOLG…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.