Hofaansoek gebring om Pretoria-oord te sluit

Die ZambiBush-ontspanningsoord. Foto: Facebook

Die Tshwane-metroraad se aansoek om die bekende ZambiBush-ontspanningsoord in Sinoville, in die noorde van Pretoria, te laat sluit, sal in April vanjaar in die hooggeregshof in die stad aangehoor word.

Die metroraad het die aansoek gebring omdat die twee persele waarop ZambiBush bedryf word, nié gesoneer is om as ontspanningsoord gebruik te word nie. Dit is nét gesoneer vir landboudoeleindes.

Luidens hofstukke vra die metroraad dat daar binne 14 dae aan sy interdik voldoen moet word. Indien die respondente dit nié doen nie, vra die raad dat hulle aan minagting van die hof skuldig bevind word. Die metroraad voer aan die ZambiBush-ontspanningsoord word bedryf terwyl die eienaar deeglik bewus is dat die eiendom nié daarvoor gesoneer is nie en ook nie toestemming het om ʼn oord daar te bedryf nie.

ZambiBush het opslae gemaak ná die dood van twee kinders op die perseel.

Aiden du Toit is in November 2017 by die ZambiBush-oord dood. Foto: Verskaf

Die tienjarige Aiden du Toit is in November 2017 daar dood nadat hy sy kop op ʼn waterglybaan gestamp het. Die voorval was boonop ʼn skamele twee maande ná die dood van die sewejarige Bohlale Mokoena, wat by dieselfde oord vermis geraak het. Werkers van die oord en lede van die publiek het ure lank na Bohlale gesoek, maar sy lykie is eers die volgende dag in een van die swembaddens gekry.

Wyksraadslid Arnold van Niekerk het kort na Bohlale se dood ʼn klag ingedien oor die wettigheid van geboue wat daar opgerig is. In hofstukke voer die metroraad aan daar is in ʼn daaropvolgende ondersoek bevind die respondente is so lank gelede as 2013 al gewaarsku dat hulle bouregulasies op die perseel oortree. Hulle is in 2016 en in 2017 wéér beveel om die bedryf van die oord te staak.

Deon du Toit, Aiden se pa, sê dit is steeds moeilik om sy seun se dood en die omstandighede rondom die tragedie te verwerk. “Dis nooit maklik om ʼn kind te verloor nie. Daar is nie ʼn wen in vir ons nie, maar ons wil probeer keer dat dit [ʼn noodlottige ongeluk] met ʼn ander kind ook gebeur,” sê Du Toit.

Du Toit se regsverteenwoordiger, Latham Dixon, sê hy glo strafregtelike vervolging sal na alle waarskynlikheid binnekort voortgaan. Die dossier is reeds aan die direkteur van openbare vervolging voorgelê om daaroor te besluit. Hy sê ook as die oord in 2016 al gesluit is en daar destyds al aan die nakomingsbevele voldoen is, Aiden se dood bes moontlik voorkom kon gewees het.

Luidens hofstukke is ZambiBush se aansoek om as ontspanningsoord sake te doen in September verlede jaar afgekeur. Dít omdat nie al twee persele op Bruwer Nel, die eienaar van die oord, se naam is nie en hy dus nie kon aansoek doen vir die hersonering van een van die stukke grond nie.

Nel sê aan Maroela Media hy het reeds derduisende rand bestee om aan die vereistes vir hersonering te voldoen. Dit sluit in impakstudies oor onder meer geraas en verkeer. Hy sê die proses het so ver gevorder as die diensooreenkomste tussen hom en die metroraad.

Bohlale Mokoena se liggaam is in 2017 in ‘n swembad by die ZambiBush-oord aangetref. Foto: Best Care-ambulansdienste

Die oord beslaan twee kleinhoewes: Een wat Nel gekoop het by Adri Truter (een van die respondente) en nog ʼn kleinhoewe wat aan hom behoort. Truter is egter dood voordat die eiendom op Nel se naam oorgedra kon word en die afhandeling van haar boedel het gesloer.

Nel sê die metroraad was deurlopend bewus van dié omstandighede.

Hy sê die oord is nie aanvanklik as kommersiële onderneming beplan nie, maar dat hy dit eintlik as stokperdjie vir sy eie kinders begin het. Mense het egter toenemend gevra om óók die geriewe te gebruik en van daar het die oord vinnig gegroei. Hy probeer reeds báie lank om die hersonering uit te sorteer.

Hy sê veiligheid is uiters belangrik en dat hy net gerespekteerde verskaffers gebruik om die waterglybane op te rig. “My éie kinders gebruik dit,” sê hy oor veiligheid by die oord.

Nel gaan die aansoek in die hof teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Pvt ·

Daar is baie OORDE wat nie die regte Compliance dokumente het nie.
Gaan kyk in Limpopo…

Mariska kruger ·

Ek voel jammer vir die kinders wat gesterf het. Dit is egter nie die oord se skuld dat hulle gesterf het nie, dit kon by enige plek gebeur het. Dit is immers die ouers se verantwoordelikheid om na sy eie kind om te sien!

Jax ·

Ekstem saam!! Ouers moet vervolg wors, hoekom het hulle na hul kinders gekyk, maar blameshift is makliker. Ek sou die ouers aangekla het.

Iemand ·

Mariska, dit is die oord se skuld. Die een seun het sy kop 2 maal gestamp op ‘n glybaan, omdat die goybaan onveilig gebou is, heelwaarskynlik deur ‘n amateur. As die oord nie bestaan het nie, dan sou daai seun nie daar doodgegaan ht nie. Die ander kind wat dood is het verdrink in n swembad wat so vieslik vuil was dat dit polisieduikers meer as 2 dae geneem het om sy lykie in die groen water op te spoor. Die eienaar van daai oord gee om oor 1 ding, en dis geld. Hy wil geld maak, selfs al oortree hy regulasies. Hy was veronderstel om te wag vir al die wetlike prosesse om afgehandel te word.

lh ·

En meer as ‘n jaar later, baljaar daar veral naweke, hordes en hordes mense! Mnr Du Toit, my hart gaan uit na jou . . . . . maar deur hierdie oord toe te maak, gaan jou kind nie terugbring nie. Jou seuntjie het sy koppie gestamp, die oord self, kon dit nie voorsien nie. Ek praat nie ligtelik nie, ek kon 3 jaar gelede nie my seun se moord voorsien nie. . .

Stormrider ·

Ek is self ‘n eiendomsonwikkelaar.
Mens kry eers al jou sonering en eiendomskonsolidasie in plek voor jy gromd ontwikkel?

Blommie ·

PVT
Nie BAIE oorde wat kinders deur nalatigheid laat sterf nie.
Hoe vuil moes daai water wees om die kind eers die volgende dag te kry en word die glybane nie getoets om seker te maak dat dit veilig is nie.
Die plek moes na die 1ste kind se afsterwe gesluit en ondersoek geword het.

Realis ·

Ag nee dis absurd!
Ek het welliswaar nie die feite en agtergrond van die storie nie, maar uit hoofde van wat hier geplaas is m.b.t die insident, klink dit eerder vir my na moord.

Hoe soek die polisie en publiek DIE HELE DAG na die kind, maar NIEMAND sien NIKS nie – skielik, die volgende oggend, word die kind se lyk in die swembad aangetref?

SNERT!

Die kind is vermoor en die lyk êrens in die nag in die swembad gegooi.

Maar… dis maar my opinie.

Pine ·

Moes die ouers nie hul kinders beter oppas nie.Geen oord kan mos daarvoor aanspreeklik gehou word.Gaan kyk gerus na al die vrywaarings borde by die oorde.

MissDemeanor ·

Pine, jou kommebtaar is gevoeloos. Mnr DuToit se seun is dood na hy 2 keer sy kop gekap het op glybaan wat onveilig gebou is. Hoe moes hy seun beter opgepas het daar? Nou is daar 100de ander mense wat daar baljaar, onbewus van die risiko dat hul kind dalk volgende sy of haar kop gaan kap. En die eienaar van die oord, wel ja, sy geldgierigheid maak dat hy aanhou om die plek oop te maak vir die publiek.

Loret ·

En die verkeer is ‘n gemors, dis n smal plot pad, hul ingang is op n draai, busse en taxis staan die pad vol

Ronel Wheeler ·

Dit is hartseer oor die kinders. MAAR hoeveel plotte wat landbouhoewes is word deesdae daarvoor gebruik? Omtrent elke 2de plot het deesdae lapas en ontspannings terreine geword, met wooneenhede/chalets wat daarop gebou is, dit is mini-vakansie oorde. Dan praat ons nie eers oor riool wat in die strate gestort word nie. En ek glo nie daar is aansoek gedoen vir hersonering nie!

GM ·

Ek is so half in ‘two-minds’ oor die geval. Nog werksgeleenthede word weggeneem as gevolg van ‘n ongeluk. Ons almal weet hoe dit gaan as dit by papierwerk kom in ons land. Aan die anderkant het die eienaar geweet hy voldoen nie aan al die vereistes nie, maar dit klink nie of hy dit net geïgnoreer het nie, though.

Ek kan nie insien hoe Bohlale se dood hulle skuld was nie. Waar was die kind se ouers?
In Aiden se geval was hy toegelaat om weer by die glybaan af te gaan nadat hy die eerste keer sy kop hard gestamp het. Hy moes dus gemonitor geword het. Ouers bly verantwoordelik vir hul kinders se veiligheid, al is daar lewensredders en toesighouers by watse plekke ookal.
Om nou duisende kinders te ontneem van iets, gaan nie daardie kinders terugbring nie. Laat die eienaar eerder die veiligheid opskerp as daar dan wel ‘n probleem met die glybane is ens. En sit iewers iets ouliks ter nagedagtenis van die kinders, in plaas van om ‘revenge’ te wil vat.

leser ·

simpatie met die kinders se ouers wat in ongelukke omkom
waar was jy as ouer toe die ongeluk gebeur het, veral mokoena, terwyl julle daar baljaar het het dit julle nie gepla nie, toe was dit lekker
dit was lekker afkoeling, om die “oord” nou toe te laat maak gaan regtig nie help nie, enige plek, enige tyd kan ‘n ongeluk plaasvind, verwysing na hoerskool driehoek, gaan die ouers van daardie kinders ook ‘n hofaansoek indien dat die skool toegemaak word?

Stormrider ·

Landelike en stedelike ontwikkeling moet volgens voorgeskrewe riglyne en met die vereiste impakstudies en bydraes vir opgradering geskied. Ek moet bulk contributions maak vir die opgradering van die infrastruktuur waar ek ontwikkel. Hoe kon hierdie eienaar ‘n openbare plek oopmaak en bedryf sonder die nodige permitte? Gaan probeer jy ‘n nuwe besigheid op ‘n perseel begin sonder nakoming van die vereistes, ek wil sien hoe ver jy kom.

Ai ·

Ai Loret die ingang is nie op ‘n draai nie tensy ek skeel is, ek ry omtrent elke dag daar verby.

GM ·

Blommie, dis nie te sê die swembad was vuil nie. Iemand kon die kind iewers anders vermoor het, en sy liggaam agterna
in die swembad gaan gooi het.

Jax ·

Ekstem saam!! Ouers moet vervolg word, hoekom het hulle na hul kinders gekyk, maar blameshift is makliker. Ek sou die ouers aangekla het.

Pieter ·

Ek het so paar jaar gelede iemand ontmoet wat vir “town planning” gewerk het. Hy het homself geniet deur sy staaltjies te vertel van hoe hulle nuwe ontwikkelings vertraag en selfs stop , deur die planne te vertraag of ander verskonings uit te dink . Een van die ontwikkelings het totaal gaan staan tot die ontwikkelaar heeltemal uit geld uit geraak het. Hy is sedertdien bankrot verklaar en die ontwikkeling staan steeds half gebou.
Hoeveel werkskeppings geleenthede is daarmee heen, tesame met iemand se finansieele lewe heeltemal geruineer, net oor hulle kleinlikheid.
En ek vermoed dit is wat hier aan die gang is. Die eienaar probeer wat hy kan om alles in plek te kry maar word geblok om elke hoek en draai.
Gaan hulle die mense wat daar werk ander poste aanbied?

p ·

En more is die oord nog oop maar vir iemand wat dit net gaan kry sien n goud mein raak is mos klaar ontwikkel en goed ingerug so kom ons vat gryp dit

Mk ·

Vir my altyd snaaks hoe die ouers die geriewe geniet het en die oord besoek het sonder klagtes en nou blameer hulle die oord vir die kind(ers) se dood. Nee Meneer en Mevrou, dit sê :”enter at own risk”

L ·

Nadat hierdie kinders oorlede is, het ek nooit weer die oord besoek nie. Ek dink nie dat die glybane veilig is nie. Die water is vuil en daar het al groot mense bo op my kind in die swembad gestaan nadat hy op die glybaan af is. Al kyk ‘n ouer na sy kind op die glybaan hoe verhoed jy dat jou kind sy kop stamp?? Daar is iets fout met hoe hierdie glybane opgerig is, dit is nie op standaard nie.

Gert J ·

Is dit altyd n ongeluk of is dit ouers se nalatigheid om toesig te hou??

erwin ·

ongelukke gebeur maar die eienaar behooty alles te doen om sy kliente te beveilig . word durban se strande gesluit as daar n verdrinking is of iemand beseer word

Mm ·

Die plek is nie reg gelee nie,straat altyd vol dronk mense en karre en buste,ou plaas pad kan nie die Verkeer hanteer nie.dis n woongebied.sukkel altyd om daar te ry,ry eerder n om pad om dit te vermy

Jan klakous ·

Vir diegene wat die area ken, Wonder Waters wat in die poort was is afgeskryf en ontwikkel in die Junction kompleks. Daar is vir etlike kilometers nie nig so oord nie. Skielik is dit ‘n probleem want iemand het erg seer gekry, dood in die twee gevalle. Ek self het by wonder waters hospitaal kuier gehad en hoekom? Want ek was windgat en het lekker my hele ken oopgestamp. Letterlik twee weke late ander vriend moes van Warmbad af helikopter rit geniet oor sy hele voorkop oopgestamp het na ander seuns se streke. Mense dis wat kinders doen, speel lekker hard en nou moes duisende ander agv dit se ontspanning verwyder word, om nie eers van die eienaar se inkomste en die wat daar werk te pla nie, dis walglik om te sien hoe ons teen mekqar opgaan en nie die son oor hulle te laat skyn nie…..

Lola ·

Stem 100% saam Jan. My kind het van haar stoel af geval verlede week by die skool en haar kop hard gestamp. Volgens wat ek van haar hoor het die onderwyseres die heeltyd seker gemaak sy voel daarna nie siek of naar ens nie. Die juffie het ook vir haar gese na die periode as sy enigsins siek voel moet sy onmiddelik kantoor toe. Ongelukke kan enige plek gebeur.

Deloris ·

Ja ongelukke gebeur….
Dis net omdat n wit man is … nou spring almal om sy plek toe te maak.?

Iemand ·

Ek was 1 maal by die oord gewees, ek moet lieg as ek moet se dit was nie lekker nie. Wat ek wel nie verstaan nie is hoe kan dit wettig wees dat klein kinders en dronk tieners gemeng die selfde glybane kan gebruik? Dan kan kinders mos ook in ‘n kroeg toegelaat word? Ek voel waar daar drank betrokke is is daar gevaar. “Cater for your clients” Maak die oord famielie vriendelik of maak dit ‘n “no under 18’s” en maak ‘n area waar elk een eers induksie moet gaan bywoon voor hulle die glybane mag gebruik waar hul geleer kan word oor die reels en rugelasies asook die veiligheid wat daarby gepaard gaan. My hart bloei vir die 2 kinders se naasbestaandes.

Hansie ·

Ek lees almal se kommentaar oor hersonering. Dit is een van die grootste geld slaggate en die bribes kos baie. Ons het vir byna agt jaar gesukkel om boerdery grond na woongebied te hersoneer. Na jare se onderhandeling, en derduisende rande se “fees” toe word n ander persoon aangestel en begin die proses weer van voor af

Johanna Botha ·

Waar is die ouers ! ? ! Plaas Tshewane die straatligte wat deur die dag 24/7 brand iets aan doen is hulle gepla oor n soneering ! Die geld wat die stadsraad het om te mors verstom mens !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.