Hofaansoek om loonbeslagleggings te keer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Groep plaaswerkers wat almal diep in die skuld is gaan mikro-uitleners hof toe vat in ʼn poging om hulle te keer om op mense se salarisse beslag te lê, het Rapport Sondag berig.

Veertien plaas- en seisoenwerkers wil hê loonbeslagleggingsbevele moet ongrondwetlik verklaar word. ’n Loonbeslagleggingsbevel word deur ʼn landdroshof toegestaan en dwing werkgewers om ʼn gedeelte van werknemers se salaris direk aan die krediteur oor te betaal.

In hofdokumente word aangevoer dat die respondente, 13 mikro­uitleners en hul prokureursfirma Flemix & Associates, handtekeninge op dokumente vervals het en beslagleggingsbevele verkry het in landdroshowe honderde kilometers van waar die lening toegestaan is. Die respondente het tot 15 Desember tyd om beantwoordende-stukke in te dien.

Die aansoekers vra dat die hof wetgewing wat loonbeslagleggingsbevele reguleer moet wysig asook veranderinge aan die Nasionale Kredietwet moet aanbring. Hulle voer aan dat loonbeslaglegging indring op eiendomsreg aangesien salaris ʼn vorm van eiendom is.

In die hofdokumente word daar melding gemaak van een spesifieke geval waar Vusumuzi Xekethwana (38), ʼn tuinier van Stellenbosch, 60% rente per jaar op uitstaande skuld van R4 600 betaal. In nog ʼn geval word byna die helfte van Lisinda Bailey (39), ʼn skoonmaker, se salaris afgetrek om haar skuld van R13 000 te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.