Hofaansoek om Springbokke uit Wêreldbeker te hou teruggetrek

Argieffoto

Argieffoto

Die onbekende politieke party Agency for New Agenda (ANA) het Woensdag sy hofaansoek om die Suid-Afrikaanse rugbyspan te verhoed om aan die 2015-Wêreldbekerrugbytoernooi deel te neem, teruggetrek.

Die aansoek is teruggetrek in ruil vir breër samespreking oor die transformasie-kwessie met die regering en lede van die publiek. Hierdie voorwaarde is in ʼn konsepbevel vervat wat deur die onderskeie partye opgetrek is en Woensdag aan die regter in die hooggeregshof in Pretoria oorhandig is.

Die hofverrigtinge is vroeër Woensdag vertraag toe Mohlomola Mokhoanatse, die leier van ANA, by die hof opgedaag het sonder regsverteenwoordiging. Regter Ntendeya Mavundla het Mokhoanatse aangeraai om regsverteenwoordiging te kry om te vermy dat hy “deur die haaie verskeur word”. Dit het die regter ʼn rukkie geneem om Mokhoanatse te oortuig en het aan hom gesê die “water waarin hy spring mag dalk kalm lyk, maar dis onstuimig onder die oppervlak”.

Regter Mavundla het hom ook oor die kwessie van transformasie uitgespreek en gesê dit is ʼn sensitiewe aangeleentheid wat behoorlik “geventileer” moet word. “Die saak is beslis van nasionale belang en dit takel die kwessie van transformasie, ʼn aspek waarteenoor hierdie spesifieke hof baie sensitief is,” het hy gesê.

ANA, voorheen bekend as South Africa First, het die aansoek teen die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) en die minister van sport, Fikile Mabalula, gebring om te versoek dat die Springbokspelers hul paspoorte oorhandig om hulle te verhoed om aan die wêreldbekerrugbytoernooi in Engeland te gaan deelneem later hierdie maand. Die party het die hof ook versoek om die regering te beveel om ʼn kommissie van ondersoek aan te stel na die tekort aan transformasie in Suid-Afrikaanse rugby.

Agt van die 31 spelers wat gekies is, is swart. Die Wêreldbekerrugbytoernooi skop op 18 September af.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ghost ·

Pateties. Plaas hulle hulle besig hou met belangriker sake maar al wat hulle wil he is dat als swart moet wees, al kos dit die land om soos Zimbabwe te word.

carel ·

waarom sleep die outjies nie Bafana bafana hof toe nie hulle kwota is ook nie volgens ons demografie nie?????

julle is niks anders as rasiste nie….

Marnus Coetzee ·

Die regter skaar hom sommer openlik en partydig by die sogenaamde “transformasie”-beleid van sy ANC-regering. Nie alleen skel hy die respondente uit as “a bunch of sharks” nie, maar oorreed ook die applikant om eerder sy gebrekkige aansoek terug te trek, as om die risiko te loop om dit afgewys te kry? Is dit nou die stand van ons regspleging, waar regters reeds vooraf kant kies? Bevooroordeelde regspraak as lakeie van die regerende ANC-regime? Die term “transformasie” kom nie eers in die RSA Grondwet voor nie, dis bloot regeringsbeleid. Nie wet nie, bloot beleid. En hierdie regter skaar hom openlik en uitdagend by die beleid van sy politieke party? Dis mos nie regspleging nie, dis onreg!

Nic Grobler ·

Jy’s reg Marnus. ‘n Gruwelike misbruik van die regstelsel en die regter laat hom dit nie net welgeval nie, hy speel saam. Ek hoop iemand sleep die vent Regterlike Dienskommissie toe. Hoe lyk dit Afriforum?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.