Hofaansoek om Valke-baas te stuit

Argieffoto

Argieffoto

Die Helen Suzman-stigting (HSF) en die organisasie Freedom Under Law (FUL) gaan ʼn aansoek bring om ʼn hofinterdik te bekom om die hoof van die Valke te verhoed om sy pligte uit te voer.

Die twee organisasies het in ʼn gesamentlike persverklaring gesê hulle wil genl.maj. Berning Ntlemeza verhoed om sy mag as Valke-hoof op enige manier uit te oefen tot die besluit om hom aan te stel hersien kan word.

“Genl.maj. Ntlemeza is aangestel in die hoogste pos van die republiek se korrupsie- en misdaadbestrydingseenheid, ondanks verdoemende geregtelike bevindinge wat sy integriteit, eerlikheid en toepaslikheid om hierdie amp te beklee, bevraagteken. Sowel die HSF as FUL meen, gegrond op die redes wat die kantoor van die minister [Nkosinathi Nhleko] verskaf het, dat die geregtelike bevindinge nie enigsins, of behoorlik, in oorweging geneem is nie,” lui die verklaring.

“Indien dit wel in aanmerking geneem is, sou Ntlemeza nooit aangestel gewees het nie.”

Die verklaring het dit nie duidelik gemaak waar die hofaansoek ingedien sal word nie, maar aangesien Ntlemeza in Pretoria gesetel is, is dit waarskynlik dat dit by die stad se hooggeregshof ingedien sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Loon ·

Wonder nogal of die Guptas nie daar ook n hand in die pie het nie!

Ronnie ·

Daarom is dit interessant dat die van “Gupta” beten om te heers of te beskerm. Klink na ‘n slang in die valkehok.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.