Vinpro, wat meer as 2 500 Suid-Afrikaanse wynprodusente, kelders en belanghebbendes verteenwoordig, gaan ondanks die gedeeltelike opheffing van die alkoholverbod voort met sy dringende hofaansoek.
Volgens Vinpro gaan hy voort met die hofaansoek om die wyse waarop ʼn alkoholverbod ingestel word, te betwis. Vinpro wil ook enige toekomstige ontwrigting vir die wynbedryf en sy waardeketting weens ʼn toename in Covid-19-gevalle en -hospitalisering probeer vermy.
Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand aangekondig dat die algehele verbod op die verkoop van alkohol gedeeltelik opgehef word. Hiervolgens mag aksynsvrye winkels, geregistreerde wynmakerye, wynplase, klein brouerye en klein distilleerders alkohol verkoop vir verbruik weg van die perseel tydens hul gewone gelisensieerde bedryfsure.
“In die afwesigheid van kudde-immuniteit, wat moontlik teen einde 2021 in Suid-Afrika bereik kan word of nie, vrees ons dat die nasionale regering weer ʼn landwye verbod op die plaaslike verkoop van drank sal instel wanneer ʼn derde of vierde vlaag infeksies die land tref. Daarom sal Vinpro die manier waarop hierdie verbod opgelê word, betwis.”
Na aanleiding van die gedeeltelike opheffing van die drankverbod het Vinpro op aanbeveling van sy regspan besluit om nie met sy dringende aansoek om ʼn tussentydse interdik vir die opheffing van die drankverbod in die Wes-Kaap voort te gaan nie.
“Ons is ingelig dat die saak nie kan voortgaan nie, soos bevestig met die verteenwoordigers vir die regering, aangesien die hof dit nie meer as uiters dringend sal beskou nie weens die gedeeltelike opheffing van die drankverbod.”
Vinpro beskou die saak egter steeds as dringend en wag nou op ʼn nuwe en spoedige datum wanneer die hofaansoek met betrekking tot die manier waarop die drankverbod ingestel word, aangehoor sal word.
Die ANC kommuniste is baie slimmer as wat ons dink. Ou kop doek gaan weer se die hospitaal beddens word benodig vir covid. Dit is al veskoning wat die kubaanse dokter het.
Bevorder Misdaad deur Sjiberns en Tuis Stokery te bevoordeel
Die regering moet die werkers wat af gedank is en die wat moes sny op salaris ten volle vergoed. Jy kan nie ‘n industrie toe maak en hulle geen hulp gee nie. Dis nie demokrasie nie
Piet, die Wet op Beheer van Vuurwapens wat in werking getree het op 1 Julie
2004, het veroorsaak dat 95% wapenhandelaars hul deure moes toemaak. My vriend wat ‘n wapen winkel in die Groote Kerk gebou gehad het was een van die. Niemand het destyds hierdie eienaars en hul werknemers gehelp nie.
Ek het nog nerens gelees van Vinpro wat met voorstelle gekom het vir ‘n oplossing vir drankmisbruik. Dit is die rede waarom die verbode ingestel was.
Ek dink nie dis Vinpro se verantwoordelikheid nie. Drankmisbruik is die individu en wat in sy eie lewe aangaan se probleem. Op maatskaplike vlak ens. moet daarna gekyk word want ek dink ook nie die swak ekonomie en werkloosheid help mense wat reeds gebuk gaan onder drankmisbruik nie. Ek dink hordes mense gaan agv werkloosheid en armoede hul wend na drank, maar dit was so laaaaank voor die pandemie al. En die wat moedswillig net uithaak en suip soos ‘n vis en moeilikheid maak in die openbaar kan mos aangevat en gestraf word? Hoekom moet almal anders gestraf word omdat sekere individue hul wangedra?
Ja, hulle drink totdat hulle gaan le^, dan le^ hul en drink verder!
Jy mis die punt, kopdoek en haar trawante cr en mkhize moes die gesondheid stelsel reg gekry het soos wat hulle veronderstel was om te doen en belowe het in Maart 2020, dan was daar nie onnodige druk op die bestaande stelsel nie, daar is aanhoudend berigte van gegradueerde mediese personeel wat sonder werk sit omdat die slapgat regering nie hulle werk doenmet aanstellings nie maar eerder konsentreer om te kyk hou hulle nog fondse kan verkwis en korrupsie laat gedy. Dis mos makliker om die kubane R400 miljoen te betaal vir mediese sorg waar ek nie my lewe mee sal waag nie.
Wat het van die enorme bedrae geld waaroor cr so te kere gegaan het geword?, verdwyn soos mis voor die son in anc kaders se sakke in.
As ons verplig word om nie weer drankverkope te verbied nie, dan sal ons julle weer verbied om twak te koop. Ons is nie stupid nie. Ons wys wie’s baas.
Kop doek jy en jou makkers wat so aangaan om lewens te spaar, julle is n grap. Wat van al die plaas moorde, verkragtings, aanradings ens, maar nee julle kyk net heeltyd na die drank om mense wat ordentlik drink te spite. Die goed wat gebrou word en te duurste verkoop word maak mense eerder siek en maak die beddens vol. Jy sal nooit die drank kan stop nie jy dink jy is slim maar jy is nie. Julle almal wil altyd se oooo die beddens is vol oor covid-19, en die drank moet gestop word, asb kry n lewe, ons kan ons self beskerm, en nee nie met jul inspuiting nie, julle kan myne maar vir iemand anders gee. Jy moes al lankal op pension gegaan het,
Elke “Lockdown” gaan ‘n opvolgende golf laat gebeur.
Daar moet ge-eksperimenteer word in dele van die land of ‘n land. Verskillende aksies moet toegepas word bv, streng “Lockdown”, ander dele dalk net “Social distancing” ens. Daar is nie ‘n wenresep nie, maar as die hele wereld net aanploeter met dieselfde tipe reels, wat is die kans dat die regte plan opgespoor gaan word.