Hofaansoek oor ou SA vlag teengestaan

Die ou Suid-Afrikaanse vlag

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan die Nelson Mandela-stigting (NMS) se hofaansoek teenstaan wat poog om die ou Suid-Afrikaanse vlag tot haatspraak te laat verklaar en te verbied.

AfriForum het Woensdag in ʼn verklaring gesê dít volg nadat die NMS AfriForum as respondent tot hul aansoek gevoeg het. Die organisasie het gesê in sy teenkanting van hierdie saak sal AfriForum voorleggings maak om aan te dui dat dieselfde NMS-argumente net sowel aangevoer sou kon word om die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party- (SAKP) en die ANC-vlag te verbied.

Maroela Media het vroeër berig die NMS het die gelykheidshof versoek om die tentoonstelling van die ou Suid-Afrikaanse vlag as haatspraak, onregverdige diskriminasie en teistering te verklaar. Die stigting het gesê die vertoon van dié vlag “onderstreep die pyn van miljoene swart Suid-Afrikaners wat onder apartheid gely het, en steeds onder die nalatenskap daarvan swaarkry”.

Volgens die stigting is die ou vlag tydens die “Swart Maandag”-optogte in Oktober verlede vertoon. Dit het hulle finaal laat besluit om op te tree.

Die stigting het ook gesê dit het in openbare debatte met onder meer AfriForum duidelik geword dat sommige Suid-Afrikaners nie besef apartheid was ʼn misdaad teen die mensdom nie (soos verklaar deur die Verenigde Nasies in 1973), en dat die sinnelose tentoonstelling van die ou vlag ʼn viering van daardie misdaad en ʼn vernedering vir die slagoffers daarvan is.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat AfriForum nie die ou vlag gebruik nie en dat dié organisasie se teenkanting van hierdie aansoek bloot op gesonde regsbeginsels en ’n pleidooi vir konsekwentheid geskoei is. “Die NMS voer aan dat die vlag aanstootlik is en om daardie rede verbied moet word. Aanstootlikheid is egter nie voldoende rede om ’n simbool te verbied nie. Om die waarheid te sê, die wese van spraakvryheid is daarin gesetel dat mense soms aan aanstootlike standpunte blootgestel word,” het Roets gesê.

Met betrekking tot AfriForum se standpunt dat die NMS se argument ook tot die verbod opn die SAKP- en ANC-vlag sou kon lei, verduidelik Roets dat kommunistiese leiers soos Josef Stalin en Mao Zedong, wat deur ANC-gesinde organisasies as helde vereer word, moordveldtogte teen hul opponente gevoer het.

“Na beraming is 100 miljoen mense reg oor die wêreld in die naam van Kommunisme vermoor. Selfs in Suid-Afrika is aansienlik meer mense in die naam van Kommunisme en die ANC en SAKP se sogenaamde ‘people’s war’ teen mededingende swart organisasies doodgemaak, vergeleke die hoeveelheid wat in die naam van apartheid doodgemaak is. Vir elke persoon wat tydens apartheid deur die regering van die dag doodgemaak is, het rofweg 30 mense in die naam van die ‘people’s war’ gesterf,” sê hy.

“Presies dieselfde argumente wat deur die NMS aangevoer word waarom die ou vlag verbied moet word, sal dus gebruik kan word om die SAKP of selfs die ANC se vlag te verbied. Dit is egter nie die aangewese manier om op aanstootlikheid te reageer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Kwikkie ·

…as hulle iets teen die ou landsvlag het….moet ons nie dan ook een he teen die huidige een met als wat aangaan nie??

Donald ·

Iemand het n paar jaar terug gese dit gaan n misdaad raak om wit te wees. As die ou vlag herinner aan apartheid….. herinner ons wit velle blou oe, rooi bruin wit en swart hare nie ook aan apartheid nie.

Vlag ·

Ai, daar moet altyd iets gevind word om oor te baklei. Why can’t bygones be bygones? As die ou SA vlag verbied word, omdat dit ‘n herinnering is aan apartheid, dan moet die Union Jack ook mos verbied word, want dit herinner ‘n mens aan die Anglo-Boereoorlog en die tyd van konsentrasiekampe. Om elke keer hof toe te hardloop en tyd en geld te mors (waar dit vir verdienstelike sake gebruik kan word), is mos nie opbouend nie. Ek wens mense wil eerder na die toekoms kyk as om mekaar aan die foute van die verlede te herinner.

Kat ·

Die Oranje Blanje Blou sal in my huis bly hang.Die nuwe vlag het ek verbrand.

JC ·

Dankie Afriforum. Goeie werk. Moenie die polities korrekte ignoramusse se nonsens vat nie!
In elk geval sal ons die Unievlag aanhou vertoon, en niemand sal vir ons se dat ons nie ons erfenis mag vier nie.

Alias ·

Dit Oranje, Blanje en Blou vlag het niks met Apartheid te doen nie. Dit is in 1928 begin, nie saam met Apartheid in 1948 begin nie. Twintig (20) jaar is groot verskil.

Worsie ·

Ja kom ons druk toiletpapier wat dieselfde KLEURE As die NUWE vlag het en verkoop dit dan .. dink dit is ‘n briljante idee.

Belaglik ·

Die ou vlag is deel van ons geskiedenis. As jy so vlag wil gebruik, of in jou huis ten toonstel, is dit jou reg en ek sien niks daarmee verkeerd nie. Wat van die weermaglede en polisiemanne wat ook gesterf het op ons grense en tydens onluste? Dan moet ons dalk daardie kommunistiese vlae ook verbied, wat gebruik is voor 1994. Ek het vriende en familie verloor voor 1994, wat onder die ou regering hul lewens verloor het en was dit hulle keuse? Snaaks hoe alles in die land net sleg is vir sekere bevolkingsgroepe en die res moet maar tevrede wees!

Vermeende ·

Nee man, julle laat dit klink of apartheid n free for all moord bende was wat swartes vermoor het net waar hulle gekry is.
Ek wens ek het n ou vlag gehad, al hou ek nie van die Britse vlek op hom nie sal ek hom laat wapper het vir apmal om te sien wan dit is deel van die land se geskiedenis.
Nou kom my vraag, laat n bleek wit gesig hulle nie ook warm onder die kraag nie, wek die aanskouing van blankes nie ook dieselfse emosies nie, wanneer word daar dan n verbod op blank wees dan geplaas.
Dit is duidelik n aanval en uiwissing van n kultuur, die haat is groot.

Rabes ·

Ons Afrikaners lei onder die anc vanaf 1994 en kry ook swaar so verban ook hulle vlae

snoefie ·

tjank tjank tjank! hoeveel blanke gesinne was ook as gevolg van apartheid uitmekaar geskeer en verneder??? maar tipies afrika gryp hulle alweer die apartheidsploeg en span dit tot eie gewin in.

Rynhardt ·

Die Anc huil so oor ou landsvlag,maar die nuwe vlag verteenwoordig ook nie baie aangename dinge vir mense regoor SA nie.Onder die nuwe vlag met Anc-kleure(groen,swart en geel) is meer as 85000 blankes die afgelope 24 jaar vermoor.Onder die nuwe vlag in die naam van demokrasie word wit -en bruin mense 24 jaar ontneem van n toekoms met regstellende aksie en radikale transformasie!

Leonard van der Dussen ·

Iets wat in die vlagdebakel verlore gaan, is die simboliek van die oranje-blanje-blou: die oranje is die protestantse geloofswortels, die vertroue op God en belydenis dat alles aan Hom behoort, die wit van opregtheid, en die blou hemel wat ons oorspan, toonbeeld van God se genade en kenmerkend van die Suid-Afrikaanse landskapsprent, die land wat ons liefhet as deel van God se skepping. Die aanslag teen die republiekvlag is deel van die onderliggende poging om Christelik en Afrikaner te vernietig. Die hartseer vraag is egter hoeveel die Afrikaner nog van die hierdie drie bane van die vlag in homself besit?

Vlag ·

Mense sien wat hulle wil. Dit hang af van watter angle jy daarna kyk. Sommige sien dit as ‘n herinnering aan apartheid, andere sien dit as geskiedenis (die Nederlandse vlag, die Union Jack en die Vrystaatse vlae in die middel). Ek dink nie dit moet verbied word nie, maar dalk kan daar riglyne neergelê word van hoe dit gebruik mag word?

Jaco Burger ·

Die uitmoor van wit boere in SA is ook ‘n misdaad teen die mensdom. Word wakker NMS, julle leiers, Mandela ingesluit wat soos ‘n held wereldwyd op gehemel word, het baie onskuldige mense dood gemaak voor 1994, nie net wit nie maar ook swart.

Anoniem ·

Die ou SA vlag word gehaat omrede dit gestaan het vir: Dissipline, Reg en Geregtigheid, Wet en Orde, Goeie Bestuur sonder Korrupsie en Vooruitgang sonder om af te breek. Dit word gehaat omrede die huidige bestel dit nie kan navolg nie.

wraggies ·

Ek voel vere vir die ou vlag en nog minder vir die nuwe een, maar stem saam met die prinsiep waaroor Afriforum die hofaansoek teenstaan.

Nieko ·

Ek SAL my vlag in my huis vertoon !!!. Dit is my kultuud en erfenis

SjN ·

Daar is baie belangriker aspekte wat moet aandag geniet, los die vlag en doen wat jul veronderstel is om te doen maar bleik nie in staat is om te kan doen nie.

Pietman ·

Die ou vlag is ‘n simbool van wet en orde. Die nuwe vlag is ‘n simbool van korrupsie en wetteloosheid. Terloops nie alle lande het die dokument onderteken wat sê “apartheid was ‘n misdaad teen die mensdom” nie. Slegs die muishondlande.

Uvonka ·

‘N vlag kan nie praat nie, JM moet eerder op die bek geklap word vir die haatspraak wat hy blatant uiter!

Boshoed ·

Persoonlik dink ek ons kerm oor die verkeerde goed. Gaan dink so bietjie. Die Union Jack op die republiekvlag is daar gesit as n kompromie tussen boer en brit. Ek het ook baklei onder die Oranje, wit en blou, maar ek is vergeet en verraai deur n regering wie se vlag dit was. Ek word nog steeds ontken onder die nuwe vlag, so dit is ook nie ‘n opsie nie. Hou op kerm oor n vlag!!! Ons land en volk is stukkend. So voor jy duisende rande spandeer om te baklei vir n vlag, vat daai geld en voer honger mondjies in ‘n blanke plakkerskamp daarmee. Die tyd is hier dat ons, ons prioriteite moet reg kry!

M'Lady ·

Die nuwe vlag onderstreep die pyn van 4 miljoen wit Suid-Afrikaners wat sedert 1994 onder die ANC ly en swaarkry. Volgens my moet die nuwe vlag dan ook verbied word.

Johan ·

Waarom is hulle so bang vir die ou lands vlag?????? Het hulle nie iets beter om te doen as om die land se korrupsie en ondergang te red nie????

Gert Combrink ·

Ek stem volmondig saam.
Ons moet eerder ons prioriteite reg kry, maar ook nie toelaat dat ons vertrap word nie.

Louis ·

Beteken tentoonstel net in die openbaar bv. publike plekke, soos stadions en tydens optredes. Of sal dit dan ook gesien word as tentoonstel in my sitkamer vir arguments onthalwe.

Hanna ·

Die nuwe vlag met sy ANC kleure reg in die middel, verteenwoordig marteling en moord op my volk (wat niemand blykbaar slapelose nagte besorg nie…). Dit kan nooit my vlag wees nie. Klaar.

Lerato ·

Ag AfriForum, kom asseblief by. Daar is baie belanriker dinge om oor te baklei as n simpel ou vlag.

Bokka ·

Ek het een aand voor my Klein kinders op die nuwe SA vlag gespring want dit is wat ek van hom dink my mede blanke broers en susters het onder daardie vlag onskuldig hulle bloed vergiet so dit is n pyn in my hart om na die nuwe SA vlag selfs net te kyk.

Charl ·

Boshoed, sal dit nooit so goed kon stel nie. Presiese sentimente dankie.

Respek ·

Ek respekteer die ou vlag en voel vere vir die nuwe vlag
Die nuwe vlag is besmet met die bloed van die plaasmoorde
Besmet met korrupsie
Besmet met agteruitgang
Besmet met alles wat sleg is.

Koos ·

Ons sal dan maar die Ingelse vlag ook moet ban. Dis immers onder die Ingelse vlag wat die 1913 Land Act gepromulgeer is deur haar edele hoogheid die Queen. Dit was immers daardie Land Act wat die tuislande opsy gesit het vir onse mense en die bal aan die rol gesit het dat elke volk sy eie grondgebied kan kry en oor homself kan regeer. Ai hoe jammer dat Italie deur Italianers, Frankryk deur Franse, Switserland deur Switsers geregeer kan word, maar hier by ons was dit klaarklyblik sonde dat Zoeloes oor Zoeloes sou moes regeer of Xhosas oor Xhosas. Tragisme op sy beste.

anton ·

Wat my ook naar maak is die mense wat die nuwe vlag(wat ek nie een noem en erken nie) d.m.v n plakker op hulle voertuie aanbring.
Hoe kan mens jou voertuig so n oneer aandoen?
En selfs klere dra met die nuwe vlag op?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.