Hofaansoek teen Unisa-taalbeleid aangehoor

Argieffoto

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria sal Woensdag ʼn dringende aansoek deur AfriForum aanhoor teen die implementering van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se nuwe taalbeleid.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê Unisa se nuwe beleid bepaal dat Afrikaans vanaf 2017 nie meer as onderrigmedium aan die universiteit gebruik sal word nie en dat Engels die enigste taal van onderrig sal wees. Bailey het gesê AfriForum sal hierdie besluit met verdere regsaksie teenstaan omdat Unisa die enigste opsie vir talle Afrikaanssprekendes is om hul kwalifikasies te verbeter.

Met die dringende aansoek vandag wil AfriForum verhoed dat bogenoemde beleid geïmplementeer word, aangesien voornemende studente nóú reeds besluite oor inskrywings in 2017 moet neem en sekerheid oor die universiteit se taalaanbod moet hê.

AfriForum sal ook die besluite van die universiteitsenaat en -raad oor die taalbeleid self met verdere regsaksie probeer omkeer, soos wat in die geval van die Universiteit van die Vrystaat gebeur het.

Die aansoek sal om 10:00 aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JC ·

Wat was toe die uitkoms van die dringende saak Maroela, dit is al amper half drie.
Dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.