Hofaansoek teen vuurwapenamnestie laat vaar

Argieffoto ter illustrasie

Die nasionale jag-en-skietvereniging van Suid-Afrika (NHSA) het die dringende aansoek wat hy verlede jaar by die hooggeregshof in Pretoria ingedien het om die jongste vuurwapenamnestie ter syde te laat stel, teruggetrek.

Die vuurwapenamnestietydperk het op 1 Desember verlede jaar begin en duur tot einde Mei.

Die NHSA wou met die hofaansoek die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) dwing om met vuurwapenbelangegroepe in gesprek te tree ten einde ʼn sinvolle amnestieproses in werking te stel wat in belang van wetsgehoorsame burgers is.

Luidens ʼn verklaring deur Gun Free SA, ʼn organisasie wat hom toespits op ʼn vuurwapenvrye Suid-Afrika, is daar in die hofaansoek aangevoer dat die minister nie die korrekte proses gevolg het toe hy 2020 se vuurwapenamnestie aangekondig het nie, wat beteken dat die amnestie nie geldig is nie.

Die minister het egter in die dokumente aangedui dat die proses wel geldig is.

Die NHSA het verder aangevoer dat die vuurwapenamnestie die regte van vuurwapeneienaars skend wie se lisensies verval het en dus nou hul vuurwapens noodgedwonge moet inhandig totdat hulle weer oor ʼn geldige lisensie beskik.

Argieffoto: SAPD

Die minister dui in die dokumente aan dat lisensies wat reeds verval het, nie bloot hernu kan word nie en dat vuurwapeneienaars opnuut vir ʼn lisensie moet aansoek doen.

Luidens die dokumente verleen die amnestie in werklikheid regte aan vuurwapeneienaars aangesien die amnestie vrywillig is en vuurwapeneienaars van vervolging vrywaar indien hulle in besit van ʼn onwettige vuurwapen is.

Gun Free SA het die NHSA se besluit om die aansoek terug te trek, verwelkom.

Adèle Kirsten, direkteur van Gun Free SA, meen dit is duidelik uit vorige vuurwapenamnesties dat dit ʼn doeltreffende manier is om onwettige vuurwapens te herwin.

Volgens Kirsten is meer as 120 000 vuurwapens en 1,8 miljoen rondes ammunisie tydens die afgelope drie amnesties in Suid-Afrika herwin. Die amnesties is in 1994, 2005 en 2010 ingestel.

“Meer as een derde van die vuurwapens en ammunisie wat in die 2005- en 2010-amnestie herwin is, was onwettig. Die grootste bron van onwettige vuurwapens in Suid-Afrika is burgerlikes wie se wapens óf verloor óf gesteel is. Die minister se antwoorde wys daarop dat daar in 2018/19 altesaam 9 659 vuurwapens as verlore of gesteel aangemeld is, waarvan 607 (6,3%) deur die SA Polisiediens besit was. Die oorblywende 9 000 vuurwapens is deur Suid-Afrikaanse burgers verloor of gesteel,” sê Kirsten.

Dr. Herman Els, uitvoerende voorsitter van NHSA, het vroeër gesê die NHSA is daarvan oortuig dat die huidige amnestie niks goeds vir vuurwapeneienaars inhou nie. “Dit is duidelik dat die amnestie as instrument gebruik word om alle vuurwapeneienaars wie se vuurwapenlisensies verval het, onder onredelike druk te plaas om daardie vuurwapens by die polisie in te gee,” het Els gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Jaco ·

So kan enige iemand nou vir my meer duidelikheid gee op n vuurwapen handwapen) waarvan die lisensie verval het en wat hernu moet word wat die proses nou is en of dit ingehandig moet word hangende die aansoek of nie?

Cherokee ·

Wat van belang is, is hoe lank jy daardie wapen het. As jy dit in die vorige bestel gekoop het, en dit dus gelisensieer was voor die ‘staatsgreep’, (as jy oor ‘n groen lisensie daarvoor beskik) is dit wettig joune, en jy kan daarmee spog. As dit nie met groen gelisensieer is nie, behoort dit volgens wet in ‘n kluis toegesluit wees, waar dit nie van nut kan wees nie. En as jy met ‘n ‘ongelisensieerde’ vuurwapen mense red uit die kloue van boosdoeners, sou ek graag ‘n landdros se teenspraak wou hoor.

Johann Kriek ·

Maroela. Praat eerder met NHSA, wat die saak aanhangig gemaak het. Hoekom praat julle met GFSA wat bet mooi niks met die saak uit te waai het nie?

Volgens alles wat ek gesien het is die amnestie nie deur al die regte prosedures geneem voor dit aangekondig is nie.

Thinus ·

Moet nie julle vuurwapens inhandig nie, want dit beland net so in kriminele hande en julle ontwapen julself. Dink julle vir een oomblik die krimineel dien sy wapen in? Word wakker mense, julle word ‘n rat voor die oe gedraai en ek glo nie die minister se statistieke oor hoeveel vuurwapens SAPS lede verloor/verkoop het nie. Ek dink daardie persentasie is nie die volle waarheid nie.

Burger ·

Moenie wapens inhandig nie. As jy nog jou ou groen lisensie het is jy wettig in besit al het wit kaartjie verval.
As jy nie ‘n groen lisensie het nie en jou wit kaartjie verval het, is jy beskerm itv GOSA se interdik teen die polisie.

francois ·

Jaco, sou ek graag ook wil weet, wat moet nou gedoen word,die wapens ingee wat se lisensie verval het en weer aansoek doen ?

Spookstorie ·

Gaan Gun Free SA nou verantwoordelikheid aanvaar indien iemand sy wapen inhandig en dan in n gewapende roof, met n onwettige wapen, beroof of gedood word? Of gaan kriminele ook hul wapens inhandig, soos die wetsgehoorsame burgers? Wie wil nou vir wie beskerm?

Harry ·

Eienaars van ingehandigde wapens sal waarskynlik nooit weer slaag met nuwe aansoeke vir wapenlisensies nie.
In hierdie onseker tye sal menige families ‘n wapen benodig om aanvallers mee af te weer. ‘n Enkele handwapen waarvan die lisensie nou verval het, kan deur die eienaar as verlore aangegee word en op menige wyses van “ontslae” geraak word, maar dan ook later weer “opgespoor” word wanneer dit ‘n meer gelee tyd is om finaal daarvan afskeid te neem.

Jacob ·

Ek daag die mense van gun free SA uit om n bord soos die gewapende reaksie magte te maak en dit by hulle huise uit te stal waarop die volgende staan: PROUDLY UNARMED BY GUNFREE SA. kyk hoe lank gaan dit vat voor hulle beroof word

Nic ·

Ek stel voor ons kry ‘n lys van waar al die GFSA bly , dan sit ons sommer gratis vir hulle die borde op.

Andries Visagie ·

GFSA is ‘n spul liberale oningeligtes wat *geen* mediadekking verdien nie!

pan ·

Moet asb net nie n wapen inhandig nie ,kry n geweersmit om dit te geaktiveer maar om hemelsnaam moet nie n wapen by die sa polisie inhandig nie want daai einste wapen gaan in die hande van kriminele beland wat onskuldige mense gaan doodmaak

Gunner ·

GFSA is besig om vir die publiek te lieg. Alle wapens wat ingehandig word tydens die amnestie word ballisties getoets om te sien of dit gebruik is tydens misdaad. Daar is nie een so ‘n geval nie. GFSA moet die saak nommers verskaf waar mense vervolg is na ballistiese bewys het hulle wapen was gebruik in misdaad.

Duppie ·

Is daar nie dalk ‘n paar mooi anties tussen daai “Gunfree” mense nie. As daar is, waar kan ek hulle kry, want dan kan ek mos maklik hulle boksies vir my vat aangesien hulle niks het om hulle self mee te beskerm nie. Ek het mos soos die “ander rowers/moordenaars/verkragtes” ‘n wapen waarmee ek hulle kan dreig en doen wat ek wil. Wonder hoeveel van hulle is ook deel van die statistieke van die land se moord/verkragting en ander goed.

Sarie ·

Ek vermoed die minister word verkeerd aangehaal of dis ‘n tikfout “Vervalsde lisensies kan nie hernu word nie?” Moet seker wees wat “verval” het?

Megan Swart ·

Dagsê Sarie
Dit was inderdaad ‘n fout. Ons vra om verskoning daarvoor. Die artikel is reeds gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

AndrewL ·

Hoeveel midade word met jou wapen gepleeg terwyl dit in veilige bewaring is by die polisie? En wie gaan verantwoordelik wees daarvoor?

Duncan ·

Enige iets wat uit GFSA se mond kom is n leuen, volgens parlemente lede en SAPS self was geen onwettige wapens met die vorige amnestie ingehandig nie. Verder as mens gaan kyk na die voorwaardes van die amnestie gaan geen krimineel sy wapen inhandig nie want hy kan en sal nogsteeds vervolg word. Wat die dus nie n amnestie maak nie maar wel n ontwapening van eers gehoorsame burgers.

Ina ·

Nou die swerkater wat die toeris en sy vriende aangehou het met n geweer….is sy lisensie geldig? Hoe gaan ons fantastiese polisie sy geweer in die hande kry?

Johanna Botha ·

Die wapens wat jy ingee wind weer sy pad terug deur oneerlike sapd lede en word gebruik om misdaad te pleeg

aj ·

10 Jaar gelede, op ‘n 4×4 toer deur ‘rural’ Zimbabwe vra ek waarom die ongelukkige burgers nie opstaan teen Mugabe se onderdrukking nie.

Toe sê hulle dat Mugabe hulle in 1980 verseker het dat die oorlog verby is …. hulle kan nou die wapens neerlê (ingee!). Hulle het hom geglo!

Daarom is hulle nou MAGTELOOS teen onderdrukking en mishandeling!

Enige regering wat NIE sy wetsgehoorsame burgers vertrou met wapens nie …. kan sélf nie vertrou word nie.

Jan Koppeschaar ·

Baie antwoorde, wat is nou die regte ding om te doen, Wees onwettig in besit van ‘n vuurwapen of handig dit voorlopig in en doen heraansoek vir die lisensie. Gaan jy dit kry of verloor jy jou vuurwapen. Kan iemand met kennis antwoord asb. Ek het ‘n wit lisensie wat verval het, maar steeds die groen lisensie in ‘n ou ID document en ‘n groen kaart.

Cherokee ·

Jou groen lisensie is geldig en jy kan selfs ammunisie koop daarmee (by van die beter winkels).

Johan ·

Met die amnestie oor vuurwapens stem ek nie saam julle is besig om wetsgehoorsame burgers en belastingbetalers te ontwapen crime gaan met 44% toeneem wat die sap nie kan hanteer nie hulle kan dit nou eers doen begin eers om die kriminele te ontwapen hulle gaan nie hul wapens inhandig nie sela

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.