Hofbeampte, nog een vas vir veediefstal

Foto: SAPD/Facebook

Twee mans is in hegtenis geneem nadat die polisie op ʼn plaas buite Vryheid in KwaZulu-Natal op ʼn groep toegeslaan het terwyl hulle beeste geslag het.

Beamptes van die veediefstal-taakspan het vroeg Vrydagoggend op die toneel aangekom waar hulle vyf mans op heter daad betrap het. Drie van die mans kon egter daarin slaag om te ontsnap.

Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, is die ander twee mans, 40 en 44 jaar oud, in hegtenis geneem. Daar is ook op karkasse, toue, byle en messe beslag gelê.

Die verdagtes is na die Vryheid-polisiestasie geneem en sal van veediefstal, wreedheid teenoor diere, regsverydeling en die besit van ʼn gevaarlike wapen aangekla word. Hulle sal Maandag in die Vryheid-landdroshof verskyn.

“Daar is ook op die verdagtes se voertuig beslag gelê en later vasgestel dat een van die verdagtes ʼn senior hofbeampte in Pongola is en dat die voertuig aan hom behoort.”

Mbele het gesê daar word ondersoek ingestel oor of die verdagtes moontlik by soortgelyke voorvalle betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Verstaan nou nie so lekker nie? Oom Bheki sê die boere moenie moan as hulle seerkry as HULLE “the people” se diere skut nie MAAR dan laat hy hulle vang as hulle self dit doen? HUH?

Yvonne ·

So die beampte neem ek aan verskaf die vervoer etc..seker vir n gedeelte van die “wins”

Stefan ·

Dis maar ‘n lekker klomp mense waar ons mee moet saamleef.

Kokerboom ·

Maak asb dit vir my duidelik: Bestaan daar ‘n aparte regspleging wat ANC toepas vir Swartmense en vir Blankes? Dis hoe dit skynbaar in praktyk voorkom!!!Wat van konsekwensie?

My siening ·

I rest my case Cele, jy maak n kimberley gat van jou self!

Nico ·

Nou gaan hierdie saak weer uitgestel word tot verdere kennisgewing, sodat die dossiere kan wegraak.

Pieter ·

Laer as slang uitwerpsels is mense wat sekere soort dade van misdaad pleeg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.