Hofbeslissing oor haatspraak ‘sal verreikende gevolge hê’

hof-hamer

Argieffoto

Die hoogste hof van appèl het art. 10 van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (Pepuda) ongrondwetlik verklaar.

Die hof het bevind dat dié artikel strydig is met die bepalings van art. 16 van die Grondwet. Die parlement is 18 maande kans gegee om dit reg te stel. Die uitspraak is na die Konstitusionele Hof verwys vir bekragtiging.

Dr. Llewellyn Curlewis, ʼn strafregkenner, meen die hof het moontlik tot die beslissing gekom dat die betrokke wetgewing hopeloos te wyd, vaag en verwarrend is. Hy meen die uitspraak kan verreikende gevolge hê.

“Hierdie uitspraak kan gebruik word om vorige uitsprake (ingevolge die Pepuda-wet) weer in oorweging te neem. Vir toekomstige sake kan dit rigtinggewend wees.”

Sake waar die wetgewing gebruik is sluit onder meer in die ou Suid-Afrikaanse vlag-saak. Die gelykheidshof het vroeër bevind die onnodige vertoon van die vlag is haatspraak. Daar word tans teen die uitspraak geappelleer. Die appèlhof se uitspraak kan ook ʼn invloed op die Menseregtekommissie se saak teen die Springbokslot Eben Etzebeth hê.

Art. 10 van Pepuda word al lank as omstrede bestempel weens die definisie van haatspraak. Dit bepaal dat niemand woorde mag gebruik wat redelikerwys vertolk kan word om ʼn duidelike doel te hê om kwetsend te wees; skadelik te wees of skade aan te stig; of haat te bevorder nie. ʼn Uitlating kon dus as haatspraak geklassifiseer word as dit net as kwetsend beskou is.

Dié appèlhof het egter die definisie van haatspraak nou aansienlik ingeperk. Die hof het gelas dat dié artikel tot en met die wysiging daarvan bepaal dat niemand haat mag verkondig op grond van ras, etnisiteit, geslag, geloof of seksuele oriëntasie en wat skade veroorsaak of aanhits nie. Volgens die nuwe definisie is ʼn stelling haatspraak indien dit haat verkondig én skade veroorsaak of aanhits.

Die uitspraak word as ʼn deurbraak vir vryheid van spraak beskou.

Jon Qwelane

Die appèlhof het uitspraak gelewer in die saak van Jon Qwelane, die voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Uganda.

Qwelane is in Augustus 2017 in die Johannesburgse hooggeregshof aan haatspraak skuldig bevind oor ʼn rubriek wat hy in 2008 as joernalis geskryf het.

Die rubriek, getiteld “Call me names, but gay is NOT ok”, is in Sunday Sun geplaas. In die uitleg is onder meer ʼn tekenprent gebruik van ’n man wat met ’n bok trou. Qwelane is wyd gekritiseer vir uitlatings wat hy in dié rubriek gemaak het en die saak is deur die Menseregtekommissie voor die hof gebring.

Dié appèlhof het egter nou bevind Qwelane het nie haatspraak gepleeg nie.

‘n Skermskoot van Qwelane se omstrede rubriek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Skande ·

As jy lees wat hy geskryf het oor homoseksuele persone is dit duidelik haarspraak. As jy die woord “gay” in die artikel vervang met “swart” belowe ek jou sou dit as haatspraak verklaar word.

koos ·

Ek hoop dat Malema se regspan die wet mooi vir hom gaan verduidelik.

bokka ·

“skade veroorsaak of aanhits”. Steeds vaag. Skade sal duidelik gedefinieer moet word in die opsig.

Liendempers ·

Mmm. Volgens dit wat ek lees lewer hy n standpunt. Opinie. Hy skryf oor dit wat hy ervaar en sien in die samelewing. Ek vind nie fout met sy stellings nie. Hoekom so fyngevoelig wees? As jy voel dat dit nie verkeerd is om gay te wees en dit loop en verkondig in die openbaar nie, hoekom ontstel dit jou as iemand van jou verskil? Ek weet wat ek glo en maak nie saak hoeveel mense ontsteld is /raak omdat dit nie in die liberales se prentjie pas jie, pla dit my nie. Ek weet wat ek weet. Hoekom pla dit die pay mense as almal nie met hulle saamstem nie? Is daar dalk maar nogsteeds n stemmetjie in die binneste wat vir hulle iets sê? As jy tog weet dit wat jy doen reg is, dan hoef jy jou mos nie te ontstel oor wat ander mense se gevoelens daaroor is nie?

Anon ·

Is daar nie ‘n stemmetjie in jou wat vir jou sê jy is veroordelend en dit is net so ‘n sonde nie? Of is jy spesiaal?

Swanna ·

Bokka jou regering moet versigtig die saak hanteer hanteer en mooi die saak gaan ondersoek oor wat hulle gaan besluit want dit kan dalk hulle self nog byt. Dit is delikate wet wat reg toegepas moet word. Net ‘n vloek woord kan as haat aangesien word.

bokka ·

Jou regering ook, of jy nou daarvan hou of nie. Daar is beslis gevalle van haatspraak, hoort op die Wetboeke.

HA. ·

Nee nee nee jou bokka jou regering alleenlik..Beteken nie om jou mense hul daai vrot korrupte lot daar geplaas het dat ek hul sal dien nie..Die voorreg bokka is alles joune..Jou regering jou mense = Suid Afrika die grap van die dekade…

Andre Stander ·

Ek het lank terug na n kenner se opinie geluister op “haatspraak, en vryheid van spraak” , en ek stem Heeltemal met hom saam.
Hy het gesê:

” There is no such thing as hate speach. Only sensitive people. Short of inciting others to violence, or falsely shouting “danger” in a crowded space – there should be limitation on speach”.

As ek verkondig “I hate purple people”, of “purple people are like animals” – is dit nie haatspraak nie – dit bly my opinie.

En hier is nog n skok — JY KIES OM BELEDIGD TE VOEL. Jammer as jy sensitief is, of seergemaak voel.

Twee dinge wat nie toegelaat mag word nie – die konsep van “inciting others to violence: -we should go out tonight and harm purple people-;
Of om “there is a fire!!” in n plek te skree waar mense bymekaar kom – bestaan daar nie iets soos Haatsraak nie, net oorsensitiewe mense.

Anon ·

Regtig? So die Afrikaners is oorsensitief wanneer Malema “Kill the boer, kill the farmer” sing? Is jy kortsigtig man?

Oom Willem ·

Maak nie saak wat enige wet bepaal nie. In hierdie land word slegs blankes aangekla vir haatspraak.

Hanna Hoekom ·

Oom Willem, jy is SO reg! Hierdie sogenaamde wet gaan maar net weer op blanke “oortreders” gemik wees. Feite.

HPV ·

Oom Willem jy is reg, Twee stelle wette waar net blankes vervolg mag word.

Clive ·

Solank, jy wit of ‘n Christen is, dan is haat regverdig. Verbasend hoe baie “wittes” deel is van hierdié haataanslag.

Oom Kalahari ·

Art 10 sal seker betudeer en gewysig word dat dit net betrekking sal dien op ‘n spesifieke ras wat uitsprake van die aard maak of iets vertoon en vervolg moet word.

Kobus ·

Wat van dit, elke ene sê wat hulle wil sê en kry klaar. So maklik soos dit.

Adam ·

Ek merk dat Bokka ‘n groot voorstander is van “haatspraak wat op die wetboek” moet wees. Bokka, ek kan jou verseker dat na vele studiejare in die regte, alles wat onder haatspraak gedek word binne die definisie van crimen injuria se bestek val. Haatspraak sake saai meer verdeeldheid as wat dit rassegelykheid in die hand werk.

JohanR ·

In stede van ‘gay’ kan ek nou se “hoog babelas”, soos in “ons gaan nou na die “hoog babelas” kroeg. Of hy/sy is “hoog babelas”. Hy het vir sy ouers gese dat hy “hoog babelas is”. Freddy Mercury het uit die kas uitgeklim as ‘n “hoog babelas” mens. Gaan jy volgende maand na die “hoog babelas” parade.

John ·

Sal dominees, nie dat hulle eintlik wil nie, die Woord nog kan verkondig; dit wat in die Bybel as sonde gereken word? Soos bv om tatoèerwerke op jou liggaam aan te bring wat in Exodes verbied word… en soveel ander sake waaroor dominees swyg… Broers ek wil nie vermoor word nie of my seun/dogter is ook… Uiteindelik gaan ons in ‘n lielielekkerlandjie die verkeerde eer want human right is belangriker as die Skepper se rights… Kom ons kyk wie gaan wen….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.