Hofbesluit oor Unisa se studentegetalle ʼn ‘oorwinning’

Die Unisa-kampus in Pretoria. (Foto: Gauteng-toerisme)

Die hooggeregshof in Pretoria het ʼn besluit van Unisa om sy studentegetalle vir vanjaar met 20 000 te verminder ter syde gestel nadat die EFF hom daaroor hof toe gesleep het.

Pleks van die verwagte naastenby 58 000 eerstejaarstudente wat hy sou aanvaar, het Unisa in Januarie aangekondig dié getal word na 38 000 verminder. Die aankondiging is gedoen na aanleiding van ʼn raadsvergadering waartydens daar bespreek is hoe studente behoorlik ondersteun kan word om hul studies te voltooi. Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, het Unisa in ʼn brief opdrag gegee om sy getalle te sny.

Die raad het aangevoer die doel is om te verseker dat studente behoorlik ondersteun word en veral genoeg geld ontvang.

Unisa het in reaksie gesê hy neem kennis van die uitspraak.

“Daarna sal die nodige beraadslaging met die betrokke besluitnemingstrukture van die universiteit, asook met die minister as die eerste respondent volg om die beste weg vorentoe te vind.”

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Unisa het benadruk dat enige besluit in die beste belang van studente geneem sal word.

Die EFF het die besluit teen die “waansinnige” minister verwelkom: “Ons verwelkom ook die hof se besluit wat die dwase Blade Nzimande beveel om die koste van die aansoek te betaal.”

Die EFF sê hy is reg bewys dat Nzimande nie die vaagste benul het hoe om ʼn gesofistikeerde sektor te lei nie. Die party sê daar moet besef word dat onderwys gebruik word om ʼn samelewing te ontwikkel en op te hef.

“Ons moedig die 20 000 studente aan om hul plekke by Unisa te aanvaar en hul onderrig voort te sit omdat diegene wat in die pad van hul toekoms gestaan het, verslaan is.”

Die EFF sê die studente moet nou alle nodige toerusting en hulp ontvang om hul studies te begin.

Die Menseregtekommissie, as vriend van die hof, het die uitspraak as ʼn oorwinning vir die verwesenliking van die reg op verdere onderrig bestempel.

“Die uitwerking van die besluit is wyd en verreikend, maar die besluit is in die eerste plek ʼn belangrike stap in die hantering van die talle uitdagings en hekkies wat Suid-Afrikaanse studente in die gesig staar,” het Gushwell Brooks, woordvoerder van die MRK, gesê.

“Die kommissie is verheug oor die vooruitsig dat duisende Suid-Afrikaners toegang tot hoër onderwys sal geniet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jack ·

Dankie tog my dae van swot was nog voor 94. Nou moet UNISA agteroor buig vir die EFF wat alles gratis wil he.Al swot jy ook jou bene af gaan jy nie werk kry is SA nie so as jy geen plan het oorsee of om te emigreer nie gaan jy net jou tyd en geld mors.Se dit vir die klomp.

Wat op dees Aarde ·

Meeste UNISA grade word nie eers meer oorweeg vir emigrasie nie.

Anoniem ·

Die beste van alles is dat die EFF nie eers die verskil tussen gratis en verniet verstaan nie. “Eff student studeer gratis, maar dis alles verniet”

Andrew ·

En so sit SA met derduisende “political scientists” maar moet doktors en verpleegsters uit Kuba kry oor ons te min het. Is dit oor ons te min mense het wat doktors wil word, of is dit omdat te min mense met die potensiaal het, nie die geleentheid kry om medies te kan gaan studeer oor hulle ouers die verkeerde vel kleur is.

Alet ·

Dis is die regte antwoord. Kinders word toegelaat volgens velkleur en nie volgens bekwaamheid nie. So ‘n hele paar mediese studente pluk hulle eerste jaar omdat hulle nie die mas kan opkom nie en kinders van ander rasse wat wel dit kon doen word nie toelating gegee nie. Dis hoekom baie wit kinders wat enigsins iets in die mediese veld wil swot dit in die buiteland doen en dan kry hulle sommer daar werk as hulle klaar studeer het en bly in die land aan.

VaalDonkie ·

Ons het oorgenoeg dokters en verpleegsters. Hulle kan net nie geplaas word nie want die poste is “gevries”.

Snowball ·

Gee sommer die graad daar by die hekke voor hulle kan inkom om te plunder en verwoes. Gehalte onderrig is in sy peetjie in. Demand gou free education dat dit kan rondhang in designer jeans en dan kan dit nie eers die eerste semester baasraak nie – net nog geldjies in die donker put van Everything for Free.

Bosvelder ·

Ek sal net daarvan hou om te sien hoe lyk hulle uitslae.

minnie muis ·

99v persent val uit, maar jy sal sien teen einde van jaar bertoog hulle weer …… want hul gaan nie klas toe en doen werk nie …. dan brand die goed weer al af

VaalDonkie ·

Ek het in 5 jaar se swot by UNISA nie eenkeer nodig gehad om ondersteuning te kry nie. Ek het net met ‘n lektor gepraat wanneer ek vir ‘n verpligte lesing Parow toe moes gaan. die res van die goed het ek sommer self uit die handboeke en werkstukke geleer.

Heksie ·

Ek sal graag die statistieke wil sien van hoeveel van die 1ste jaars haal 2de jaar en verder en hoeveel kry graad aan die einde van die dag. Asook die persentasie relevante grade.
Hulle het die probleem geskep deur die toelatings vereistes laer te maak en moet nou die massas wat “kwalifiseer” plaas by instansies wat alreeds oorvol is Dit lyk al soos by die skole met oorvol klasse.

Frans ·

Suid Afrika se ekonomie is so swak dat daar eenvoudig nie werk vir almal is nie.Die huidige regering het ook geen benul van wat nodig is om dit weer aan die gang te kry nie en watter vaardighede benodig word nie. So bly die gesegde waar “if you dont know where you are going-dont worry any road will get you there’.”

AmY ·

Ag, laat hulle maar verniet swot.
As twee ge-gradueerders by mý kom aanklop vir werk, sal ek die een aanstel wat self vir sy studies betaal het. Soos ons ouers wat gewerk én studeer het.

VaalDonkie ·

dame, watter jongmens kan hul eie studies bekostig? As ek tussen R90 000 en R150 000 op een slag kan neergooi op ‘n tafel as 19-jarige, dan het ek nie nodig om te loop studeer nie. Ek is nou 39 jaar oud en ek is nou eers in ‘n posisie waar ek sou kon my eie studies betaal en nog ‘n dak oor my kop hou.

Dup ·

Baie van hierdie “voornemende studente” gaan varsity toe om hulle politieke doelwitte te bereik.Studies speel nie ñ groot rol nie en hulle is bloot daar om te betoog oor iets of om die kampusse te vandaliseer.

jzjz05 ·

kan die, EEF ook so braaf wees help betaal vir die studente,sit n bietjie geld by jul bekke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.