Hofbevel ‘deurbraak’ vir vinnige toegang tot ivermektien

(Foto: Luis Robayo/AFP)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Dinsdag met die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) se instemming ’n hofbevel bekom wat dit vir dokters moontlik maak om met ivermektien as behandeling te begin sonder om te wag vir die goedkeuring van ’n artikel 21-aansoek.

AfriForum sê die hofaansoek is ’n grensverskuiwende deurbraak aangesien dokters reeds met behandeling kan begin sodra die artikel 21-aansoek ingedien is. “Dit is ook ’n groot oorwinning aangesien die besluit om met ivermektien-behandeling te begin aan mediese dokters se oordeel oorgelaat word,” lui ʼn verklaring wat AfriForum Dinsdag uitgestuur het.

’n Artikel 21-aansoek moet ingevolge die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Middels deur mediese praktisyns aan Sahpra gerig word om medisyne voor te skryf wat nie in Suid-Afrika geregistreer is vir menslike gebruik nie.

Die hofbevel bepaal voorts dat enige persoon in aanmerking kom vir toegang tot ivermektien en dat mediese dokters daarop geregtig is om aansoek te doen vir toegang tot ivermektien.

Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum, sê in die verklaring dit is verblydend dat ’n mediese dokter nou kan begin om ʼn Covid-19-pasiënt met ivermektien te behandel sonder om te wag vir die goedkeuring van ’n ingediende artikel 21-aansoek. “Dié vinnige toegang tot ivermektien is ’n deurbraak vir vryheid in mediese sorg en ons stryd teen Covid-19, aangesien die hindernis van voorafgoedkeuring nou uit die weg geruim is.”

Hy beskryf die hofbevel as ’n belangrike eerste stap in AfriForum se poging om toegang tot ivermektien te verseker.

Dr. George Coetzee, die eerste applikant in die hofaansoek, sê op sy beurt hy is verheug oor die sekerheid wat die hofbevel gee dat dokters hul kliniese oordeel aan die dag kan lê om met ivermektien-behandeling te begin wanneer toegang dringend nodig is.

Die bepalings wat ingevolge die hofbevel geld, kan boonop slegs gewysig word indien die hof weer genader word en ’n nuwe beslissing gemaak word. Sahpra kan dus nie die bepalings eensydig wysig nie.

Luidens die verklaring is die gedeelte van die oorspronklike aansoek wat handel oor die reg van mediese dokters en aptekers om volgens artikel 14(4) van die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Middels medisyne saam te stel, uitgestel. Dié deel van die saak sal op die normale hofrol geplaas word om op ’n toekomstige datum aangehoor te word.

“AfriForum gee graag erkenning aan ander rolspelers soos die ACDP en SAHARI wat ’n bydrae lewer om toegang tot ivermektien vir burgers te verseker en bewustheid daaroor te skep. Ons gaan voluit saam met dié en ander burgerlike instellings voort met ons poging om te verseker dat ivermektien optimaal aangewend kan word om mense gesond te maak en lewens te red,” sê Uys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Africangrey ·

Hoekom is dit dan nie toegelaat hier in (GATLAND) Holland nie? En by wie kan ek my bestellling plaats asseblief?

Baardman ·

Dankie vir AfriForum. Wens hulle kon die amptelike opposisie wees, dan sal daar werklik verandering plaasvind. Hulle voeg daad by woord en kry gevolglik positiewe resultate

Anti-Verkramp ·

Wel, versoek hulle om ‘n politieke party te stig. VF+ gaan nie daarvan hou nie maar watwou as hulle meer kan regkry hoekom nie.

Johann ·

Wat beteken dit PRAKTIES t.o.v die middel bekom en gebruik? Slegs via n dokter?

Anet ·

Die antwoord is seker dat as jy alreeds volstoom siek is mag jy gehelp word nadat jy vir ‘n toets betaal het EN R300 betaal het vir vorms invul.

Bushy ·

Daar is risikos aan die middel verbonde soos blindheid, breinskade ens.. Dokters weet hoe om die risikos te minimaliseer. Dis die regte roete om te volg en daar is te veel wat altyd dink hulle weet van beter.

J ·

Red jou EIE lewe want die ANC regime is jou vyand! Baie meer dodelik as COVID!

Maak jouself staatsbestand of gaan onder ….!

J ·

Die individue by SAPHRA wat verhoed het dat lewens gered word m.b.v. Ivermektien moet vervolg word en skadevergoeding betaal aan familie wat geliefdes onnodig verloor het aan COVID.

Anti-Verkramp ·

Daar’s geen bewyse dat dit lewens red nie, Help met matige simptome blykbaar soos Panados.

Johan ·

Korrek, dit is maar net nog ‘n middel wat saam met Panado, Vitamiene C en D en anti-inflamatoriese pille gebruik kan word. Dit is nie ‘n “magic bullet” nie.

Zombie ·

Ek is nie in die mediese wetenskappe soos Verkramp en Johan opgelei nie, maar dit is tog vir almal duidelik dat Ivermektien ń farmaseutiese middel met ń biologies-aktiewe bestandeel in sy eie klas van medikasies is. Hulle probeer redeneer dat vitamines, Panado en Ivermektien oor dieselfde biologies-aktiewe bestanddele beskik. Vreemd.

Kobus ·

Sterkte ek hoop die wat dit as die wonderlike oplossing beskou is reg, alhoewel dit nog nie klinies bewys is as effektiewe behandeling vir spesifiek die COVID virus nie. Die CDC se bevinding wys dat dit teen 200 meer as die aanbevole dosis gebruik moet word om die virus verspreiding in die longe teen te werk, wat die grootste probleem is. Ek Sal graag wil weet hoeveel dokters bereid Sal wees om dit voor te skryf sonder erkende mediese en kliniese studies. Miskien kan van die dokters kommentaar lewer, die dokters wat ek ken is dit eens dat hulle dit beslis nie Sal voorskryf nie.

Jaada ·

Waar gaan die doktor die pille kry?, sodra dit die land inkom word dit “gevat” deur Cele.

Anet ·

Daar is ‘n grap wat rondgaan, wanneer die regering toeslaan en korrupsie plaasvind, soos as die vacines verdwyn, dan moet jy weet dit werk die regering hou dit vir hulself. Snaaks genoeg gebeur dit met ivermiktien tot ‘n hospitaal is deursoek maar volgens die berig niks gevind nie???

Anti-Verkramp ·

Hoeveel gaan die besoek aan die dokter, aankoop van die veemiddel en toediening daarvan kos? Vir matige Covid kan jy maar net sowel Panados drink en gesond word by die huis vir goedkoper. Hierdie middel gaan geen lewens red in ernstige gevalle nie en ook nie voorkom dat jy Covid kry nie. Lyk vir my na ‘n rip-off. Dit klink egter of hier baie mense is wat vertroue in die middel het as ‘n lewensredder. Dis goed want ons het baie proefkonyne nodig om met sekerheid die effektiwiteit te kan bewys.

Kiewiet ·

Die werklikheid slaan n mens as jy 12 doodsertifikate op een naweek teken , en as die familie inbel en bly is om tehoor pa stap saam met die fisio en is more vir ontslag .More is hy dood!! Daar is geen voorspellings kriteria !!

Ek kan nie vir jou praat maar vir myself, so ek sal verseker my Ivermactin drink
Wat gaan dit kos ? minder as op die swartmark Het dit die potensiaal om n lewe te red ? Defenetief , Is dit veilig? dit is seker een vd middels wat die meeste in die wereld gebruik word , konvulsies of asemhaling onderdrukking op 20x normale doserings ,dit is waarskeinlik veiliger as jou statien wat jy drink , en defenitief veiliger as 20 panados !!

Kostes so R300 vir 100 probleem is regering wil R300 upfront he vir elke aansoek !!

Bottom line as dit deur medesie gaan , korekte doserings dus ,swartmark stop ,veilig ,kan net dalk n wenner wees ,as nie werk het net geld verloor ,baie erger as om nog onnodige lewens te verloor net oor ons die son nie oor n ander laat skyn !!

Anet ·

Gelukkig is daar wereld wyd baie mense wat reeds dit beproef het baie goeie resultate het. Solank mense hou by die voorskrifte oor hoe om dit te gebruik. Ek kies ivermiktien wanneer ek begin simptome toon bo ‘n inenting wat die virus vir jou inspuit. Buitendien daarvoor moet jy ook betaal.

houopkruip ·

Anti Verkramp, wil jy nie jou negatiewe kommentaar op News24 gaan deel nie ?

Anti-Verkramp ·

Ek het bietjie ge-google. Hierdie ding kan jou minstens R50 tot R70 per pil van 3mg uit die sak jaag (gemeet aan gemiddelde pryse in normale omstandighede in VSA en VK). Glad nie so goedkoop as wat voorgegee word nie. En natuurlik as dit hoog in aanvraag gaan word, gaan dit peperduur wees.

Kiewiet ·

Nog op bestelling , so as dit hier is gee ek jou n eerlike antwoord

Kiewiet ·

Dankie Afriforum . Ek het nog n probleem dat vir elke pt die powers to be R300 vat !! terwyl een pil minder as R3 kos !!!

Pieter J ·

Mense gebruik die ivermektien wat vir diere bedoel is. Dit is so gewild dat dit landwyd uitverkoop is.

Robert ·

Hoekom nog die artikel 21 rompslomp… het dit nie nodig vir disprin voorskrif nie. ;-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.