Hofbevel om elektrisiteit te herstel

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die burgerregte-organisasie AfriForum sowel as die burgerregte-waghond AfriSake het die Noord-Gautengse hooggeregshof Vrydag op ʼn dringende grondslag genader om ʼn bevel te bekom wat Eskom sal dwing om elektrisiteitstoevoer na onder meer Hopetown, Barkly-Wes en Strydenburg te herstel.

AfriSake het reeds vroeër vandeesmaand ʼn waarskuwing aan Eskom gerig dat dit onregmatig en onbillik van die nasionale elektrisiteitsvoorsiener sou wees indien enige verbruiker se elektrisiteit afgesny word weens munisipale skuld aan Eskom.

“Geen verbruiker kan verantwoordelik gehou word vir die swak bestuur van munisipale finansies, óf Eskom se invordering van agterstallige geld by munisipaliteite nie. Eskom skaad sy eie beeld verder met hierdie boelietaktiek en AfriForum sal nie toelaat dat die regering sy skuld na verbruikers verplaas nie,” het Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regeringsake, gesê.

Die hof het Eskom se instemming om krag te herstel tot ʼn hofbevel verklaar om die partye die nodige tyd te gun om die hof volgende week weer te nader.

AfriForum het die hof ook vir ʼn verklarende bevel gevra ten einde Eskom te verhoed om enige ander dorp se elektrisiteit af te sny as munisipaliteite enigsins in gebreke bly om uitstaande rekeninge aan Eskom te betaal.

AfriForum het reeds alternatiewe opsies vir Eskom voorgestel oor hoe om munisipale geld van die staat af in te vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kaspaas ·

En nog hoofnuus in ander media is dat R80 miljoen rand na Zuma vetrouelinge betaal is van PRASA se geld vir tender van nuwe lokomotiewe. Maroela sal die berig seker eers Woensdag dra alhoewel dit orals anders reeds berig word op.

Johnny ·

Ek lees Maroela Media elke oggend .Dankie vir jul nuus .Dis die eerste en laaste keer dat ek kommentaar sal lewer. aan al die negatiewe komentaar asb dis verniet. waardeer maroela nuus

Henk ·

Hoor hoor Johnny. Die nuus is verniet, dit is in Afrikaans en die joernalistiek is puik. Wat meer kan mens vra ?

Chris W ·

Ek is ook tevrede met Maroela Media.Ek wens net kommentaar lewerers wil by die betrokke nuusberig bly en ander snert vir hulle self hou!
Ek is erg bly oor die geveg wat Afriforum met eskom aangeknoop het en toe gewen het.Waar het jy gesien mense wat getroue krag betalers is word gepenaliseer omdat hul minusipaliteit weier om eskom vir sy krag te vergoed?Dit is verregaande en my g+t se deksel is die regering sit dood stil in sulke gevalle.Waarom roep die regering nie die Munisipale Bestuurder tot verantwoording nie want HY doen beslis nie sy werk nie!Sy munisipale motor en alle byvoordele moet ingetrek word tot tyd en wyl hy sy werk doen of hy moet ontslaan word.

CHRISTA ·

Ek sekondeer! Kom die munisipale bestuurslede se oorbodige salarise by en NIE die mense wat betaal nie! Hulle het nadat hulle aan bewind gekom het hulle salarisse met ten minste 300% verhoog soos saint Mandela ook met sy ministers se salarisse gedoen het na die 1994 verkiesing!!!

Marina ·

Sal dit nie beter werk as kragverbruikers Eskom direk betaal nie? Dan word die middelman (munisipaliteite) uitgesny en dalk is die krag dan nog goedkoper?!

At ·

Ai Kaspaas, Johnny, Henk en Chris W, dis lekker om positiewe komentaar te lees in stede van die alewige sleg seery, haat en nyd. Elke mens is geregtig op sy eie opinie maar doen dit op ‘n ordentlike en beskaafde manier.
Normaalweg lees ek nie die komentaar gedeelte nie want dit laat my bloed kook, maar so nou en dan as ek niks te doen het nie lees ek sommiges wel en is altyd later spyt dat ek dit wel gedoen het.

Sarie ·

Ek stem dat dit ongrondwetlik is om dorpe en stede se krag geheel af te sny wanneer die betrokke plaaslike owerheid nie die rekening aan Eskom vereffen nie, maar ek stem ook saam dat dinge nie langer so kan aangaan nie. Dorpe en stede, munisipaliteite of metro’s MOET eenvoudig almal ‘n beter skuldinvorderingsplan he waarvolgens die werklike skuldiges se krag afgesny word, dit is hier miljarde agterstallige skulde wat veroorsaak dat ons maar net elke jaar, jaar na jaar, hoer en hoer elektrisiteitspryse moet betaal. Stuur die weermag en polisie in die gebiede in waar die krag afgesny moet word om die meterlesers te beskerm want dit is hoekom die krag nooit daar gesny word nie, sodra daar met die sny van krag begin word, kom die spul geweldadig in opstand en almal onttrek maar net en die klomp gaan maar voort om verniet krag te gebruik, om onwettige aansluitings te maak en dit terwyl ons, soos myself, eers betaal vir my krag en dan gebruik, ek het ‘n voorafbetaalde kragmeter en dit werk vir my soos ‘n bom. Ek het my meter al meer as agt jaar.

Johannes Meintjes ·

Sou mens dus hieruit ook kon aflei dat voorstede of dorpe soos Mamelodi, Alexandra, Soweto, Natalspruit en ander ten volle opbetaal is m.b.t. hulle diensterekeninge?

Roy ·

Hoekom sit Eskom nie net die Munisipaliteite se krag af nie asook die Burgemeester en sy gevolg nie, dan sal jy sien hoe vinnig word geld oorbetaal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.