Die Rustenburg- plaaslike munisipaliteit in Noordwes het ʼn hofbevel bekom om persone te verhoed om grond in die gebied te beset.
“Ons het ʼn hofbevel bekom om persone te verhoed om grond in Ramochana te beset. Ons het ʼn toename in die aantal informele nedersettings in Sunrise Park beleef,” het Mpho Khunou, uitvoerende burgemeester, Dinsdag gesê. “Ons wil grond aanskaf waarheen ons die persone kan skuif en hulle van basiese dienste kan voorsien.”
Khunou het gesê toe die plaaslike administrasie in 2011 oorgeneem het, was daar ʼn aantal informele nedersettings waar die mense uitgesit is. “Ons het met grondeienaars onderhandel, dit gekoop en die mense verplaas,” het hy verduidelik.
Inwoners het verlede week ʼn stuk grond naby Rustenburg-gevangenis beset. Die munisipaliteit het ʼn hofbevel bekom om hulle te verhoed om die grond te beset.
Daar was ook berigte van grondgrype in Marikana en Monnakato.
Volgens Khunou is 60% van informele nedersettings in Noordwes, in Rustenburg geleë.
Hy het Dinsdag die munisipaliteit se R3,8 miljard-begroting vir die 2016/17 finansiële jaar voorgehou. Hy het tydens die begrotingstoespraak gesê die munisipaliteit gaan R43 miljoen spandeer aan ʼn aantal sleutelinisiatiewe soos die aanskaf van grond as deel van ʼn opgraderingsprogram vir informele nedersettings.
Die geld word ook gebruik vir die opgradering van kruisings in Beyers Naude-rylaan om verkeersopeenhoping te verhoed; die bou van voetgangersypaadjies; en die opgradering van die Rustenburg-skougronde.
Volgens die begroting verhoog eiendomsbelasting met 6,2%, elektrisiteit met 7,67% en vullisverwydering met 6%.
Die Rustenburgse munisipaliteit verdien ‘n kompliment! Orde word bo wanorde verkies. So word lantermyn chaos gekeer. Doen so voort!
John, jy werk seker vir hulle. Kry vir julle broer, kry vir julle.
Hahahahhahha..en nog hahahahahhaha. Dis ink op papier! Die papier wat nog oor is…